Mediese student vir twee bompakkies vrygelaat

Jemenitiese ondersoekers het ‘n mediese student Saterdag in hegtenis geneem, maar sy is intussen weer vrygelaat. Sy is eers daarvan verdink dat sy bompakkies op twee vliegtuie onderweg na Amerika wou geplant het. Die een bom sou waarskynlik die vliegtuig oor Britse gebied laat ontplof het.

“Veiligheidsmagte het ‘n vrou wat van die stuur van die twee pakketbomme verdink word, in hegtenis geneem,” het Jemen se ministerie van verdediging vroeër aangekondig.

Die vrou is ‘n mediese student aan ‘n universiteit in Sanaa, het ‘n Jemenitiese veiligheidsbeampte aan AFP gesê.

Volgens pres. Ali Abdullah Saleh het inligtingsdienste “wenke ontvang dat ‘n vrou die pakkies na twee vragmaatskappye gestuur het.” Die twee Amerikaanse vragdienste UPS en FedEx, het die pakkies glo hanteer.

Sy is egter vrygelaat. Die hoofverdagte is tans die bommaker van die onderbroekbom wat ‘n jaar gelede  onderskep is voordat dit ‘n vliegtuig oor Detroit sou laat ontplof het .

Amerikaanse owerhede sê die twee pakkies was vir sinagoges in Chicago bestem. Ses-en-twintig ander gekonfiskeerde pakkies word tans ook ontleed.

Pres. Barack Obama het gesê hy glo dit is die werk van Al-Kaïda wat in Jemen bedrywig is – en het onderneem om die organisasie te vernietig.

Amerikaanse intelligensiepersoneel het aan die Sunday Telegraph gesê hulle probeer Jemen oorreed om ‘n onbemande vliegtuigbasis van die CIA op te rig soortgelyk aan die een in Pakistan om terreur te bekamp.

Duitsland en Frankryk, het intussen aangedui dat hulle lugvrag uit Jemen sal wegwys en Australië het aangekondig dat alle lugvrag uit Doha en Doebai sorgvuldig deursoek sal word.

Een van die twee kragtige bomme het byna deurgeglip ten spyte van die inligting tot ondersoekers se beskikking. Britse owerhede het aanvanklik geen plofstof in hul soektog deur die lugvrag by die lughawe gevind nie, sê Amerikaanse ondersoekbamptes.

Nadat die owerhede in Doebai dáár ‘n bom ontdek het, het Britse ondersoekers die lughawe van voor af begin deursoek en die tweede bom betyds opgespoor.

 

автомойка автоматическая ценапрокурор Фильчаков

Blair se skoonsuster word Moslem

Tony Blair, die voormalige Britse premier, se skoonsuster is tot Islam bekeer nadat sy ‘n glo ‘n “heilige ondervinding” gedurende ‘n reis na Iran gehad het.

Die joernalis en aanbieder Lauren Booth (43), Cherie Blair se suster, dra nou ‘n hijab wanneer sy uit haar huis gaan, bid vyf keer per dag en besoek haar plaaslike moskee dikwels.

Sy het besluit om haarself te bekeer ses weke nadat sy die Fatima al-Masumeh-heiligdom in die Iranse stad Qum besoek het. “Dit was ‘n Dinsdagaand en ek het gaan sit en hierdie inspuiting van spirituele morfien gevoel, net absolute saligheid en vreugde,” het sy tydens ‘n onderhoud verlede week gesê.

Ná afloop van haar besoek het sy besluit om haarself dadelik tot Islam te bekeer.

Booth, wat vir Press TV, die Engelstalige Iranse nuuskanaal werk, het opgehou varkvleis eet en alkohol drink. Sy lees elke dag haar Koran en is nou by bladsy 60.

Voor haar spirituele ontwaking in Iran, was sy reeds “simpatiek” teenoor Islam en het sy ‘n aansienlike tyd in Palestina deurgebring.

Sy sê sy hoop haar bekering sal haar swaer, Tony Blair, help om van sy vooroordele teenoor Moslems ontslae te raak.

 

 

освещение в ландшафтном дизайне фотолобановский класс

Merkel erken multikulti het misluk

Die poging om van Duitsland ‘n multikulturele samelewing te maak, het misluk, sê die Duitse kanselier. Angela Merkel het Saterdag op ‘n byeenkoms in Potsdam met jongmense van haar Christendemocratische Party, die CDU, gepraat.

Merkel het gesê dat Duitsland onrealisties was, deur te dink dat die gasarbeiders wat in die sestigs na die land gekom het, weer weg sou gaan.

“Maar dit is nie die realiteit nie”, aldus Merkel. “Die poging om ‘n multikulturele samelewing op te bou en langs mekaar te lewe, het misluk, volkome misluk.”

Merkel sluit daarmee aan by vorige uitsprake van politici. Die afgelope week gesê Horst Seehofer, die leier van regeringspartij CSU, gesê dat die multikulturele samelewing misluk het: “Multiculti is dood!”, Aldus Seehofer.

Merkel het voorts gereageer op uitsprake van die politikus Christian Wulff, wat meen dat Islam ook by Duitsland hoort, net soos die Christendom en Judaïsme.

Merkel erken dit deels, maar beklemtoon dat immigrante meer moet doen om goed te integreer, waaronder die leer van die taal. “Enigiemand wat nie vlot Duits praat nie, is nie welkom nie.”

In Duitsland heers al geruime tyd ‘n hete debat oor die integrasie en die teenwoordigheid van Moslems.

Die debat het in Augustus losgebras toe Thilo Sarrazin, ‘n hoë medewerker van die Duitse sentrale bank,’ n boek gepubliseer het waarin hy onder meer skryf dat Moslems die Duitsers dommer maak. Sarrazin het sy werk verloor deur sy uitgesproke mening, maar in die samelewing is sy mening deur baie mense gedeel.

Volgens ‘n onlangse ondersoek van die dinktenk van die Friedrich Ebert Stigting glo meer as ‘n derde van die Duitsers dat die 16 miljoen immigrante net vir die maatskaplike voordele na Duitsland gekom het.

‘n Ongeveer ewe groot aantal mense vind dat Duitsland toegegooi word deur buitelanders. Die Stigting het laat blyk dat hulle bekommerd is oor die baie regse menings van die Duitse volk.
© ANP

no deposit free poker moneyлобановский александр

Nuwe vrese oor terreuraanvalle

Intelligensiepersoneel het ‘n sameswering om “Moembai-styl” terreuraanvalle op Brittanje, Frankryk en Duitsland uit te voer, uitgesnuffel.

Gelyktydige aanvalle sou op Londen en ander groot stede in Frankryk en Duitsland uitgevoer word en die plan was reeds in ‘n gevorderde stadium het intelligensiebronne gesê.

Militante uit Pakistan het die aanvalle beplan en word al vir ‘n geruime tyd deur spioenagentskappe dopgehou.

Pres. Obama is ingelig oor die bedreiging wat deur Amerikaanse en Europese wetstoepassers ontbloot is. Die inligting is bekom deur die inhegtenisname en ondervraging van ‘n Duitse terroris wat tans by die Bagram Airfield in Afghanistan aangehou word.

Die aanvalle was glo vir “sagte en ekonomiese” teikens bedoel.

Janet Napolitano, belas met binnelandse veiligheid in die VSA, het verlede week aan ‘n komitee oor die aangeleentheid verslag gedoen en gesê daar is ‘n toename in sulke aktiwiteite asook die reeks bedreigings.

Owerhede in Frankryk het die Eiffetoring vir ‘n tweede keer binne 2 weke gesluit nadat hulle bomdreigemente ontvang het. Geen ploftoestel is egter gevind nie, maar hulle wil geen kanse waag nie vanweë Al Kaida se Noord-Afrikabande.

Volgens die Duitse gevangene beskik die aanvallers almal oor Europese paspoorte en word die aanvalle vanuit Pakistan beplan. Amerikaanse owerhede sê aanvalle op Amerika sal waarskynlik uit Jemen beplan word.

компрессор для пескоструйкиФильчаков прокурор харькова

Statebondspele verder in chaos gedompel

Die statebondspele in Indië is in verdere chaos gedompel nadat die dak van die gewigoptel-arena ineengestort het, berig Sky News.

Nadat twee Taiwanse toeriste vroeër buite ‘n moskee in Delhi geskiet is, het vrees vir die atlete se veiligheid begin oplaai.

Ongeveer 30 mense is beseer toe ‘n voetbrug buite die Jawaharlal Nehru-stadion, waar die openingseremonie sal plaasvind, Dinsdag inmekaargeval het.

Skotland se atlete sal nie na Indië reis nie omdat atlete vir hul veiligheid vrees.

Wallis sal teen Donderdagaand laat weet of hulle die Spele ondersteun.

Mike Fennel, hoof van die Statebondspele, het aangekondig dat hy oppad is na Nieu-Delhi vir ‘n noodvergadering om die krisis te bespreek

Baie geboue is nog nie klaar nie, twee strukture het nou reeds ineengestort en die atleetdorp is steeds skokkend vuil en verwaarloos.

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese liggaam, Saskok, het intussen die hulp van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) ingeroep om die veiligheid van Suid-Afrikaanse atlete tydens aanstaande maand se Statebondspele in Nieu-Delhi te verseker.

Patience Shikwambana, die chef de mission van die Suid-Afrikaanse span, het gister gesê die span sal steeds Sondag na Indië reis.

Die Spele begin op 3 Oktober.

The Times of India berig dat slegs 18 van die 34 woonstelblokke in die atlete-dorp voltooi is.

Die hoof van die Statebondspele-federasie, Mike Hooper, het die atlete-dorp op ‘n nuuskonferensie as “vuil” en “onbewoonbaar” beskryf.

Meer as 7 000 atlete en beamptes word vir die Spele verwag.

сауны подАлександр Фильчаков прокурор

SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Die afgryslike omvang van renosterstropery in Suid-Afrika het nou ‘n ellelange artikel in die Nederlandse koerant, Trouw, opgelewer.

Volgens die artikel byt daar nou elke 32 uur ‘n renoster in Suid-Afrika in die stof. By die artikel is ‘n grusame foto geplaas van ‘n renoster wat doodgeskiet is, en waarvan die neushoring in die kas afgesaag is.

Die artikel vertel in detail hoe sindikate selfs met helikopters toeslaan. Die artikel is klaarblyklik geskryf voor die jongste deurbrake om ‘n vermeende sindikaat aan die pen te laat ry.

Volgens Trouw kan ‘n “neushoorn” tot 100 000 Euro’s in die ooste haal.

Die volledige artikel kan gelees word by:

http://www.trouw.nl/groen/nieuws/article3217549.ece/Neushoorns_slachtoffer_van_triades.html

игрушки my little ponyФильчаков прокурор харькова

Korrupte staatsamptenare dalk gebrandmerk

Die neem van omkoopgeld kan Russiese amptenare dalk binnekort gebrandmerk laat, letterlik. ‘n Voorstel om die linkerhande van skelm staatsamptenare te brandmerk is op die tafel om oorlog teen korrupsie te verklaar, het RIA Novosti Dinsdag berig.

Aanvoerders van die Liberaal-Demokratiese Party wil die letter K – ‘n simbool vir ‘n omkoopbare werknemer – permanent geëts op oortreders se vel sien.

Sergei Ivanov en Igor Lebedev het die ernstige maatreël voorgestel in ‘n nuwe wet-en-orde-wetsontwerp wat voor Rusland se parlement, die Doema, dien.

Hulle sê die merke sal skande vir korrupte amptenare bring en Russiese werkgewers waarsku sodat hulle kan weier om werk aan sulke amptenare te verskaf.

“Die skrywers van die wetsontwerp is van mening dat dié stap skuldiges met ‘n sigbare skandvlek sal laat om aan te dui dat hulle ‘n misdaad gepleeg het wat hulle toekomstige werkgewers in staat sal stel om indiensneming te weier,” het die sentrum party, wat tans 40 van die 450 setels in die Doema het, in ‘n verklaring gesê.

Ná hy in 2008 as leier verkies is, het Dmitri Medwedef korrupsie as die nommer een bedreiging vir die Russiese samelewing uitgewys en ‘n reeks wette ingestel om die bedreiging te bekamp.

Nie die regering of die Hooggeregshof sal waarskynlik die brandmerk-inisiatief ondersteun nie, het die staatsbeheerde nuusagentskap gesê.

Die Duitse korrupsiewaghond, Transparency International, lys Rusland as een van die mees korrupte lande in die wêreld.

трансформер праймФільчаков прокурор

Die Sweedse verkiesing – Steeds ‘n teken van opkomende regs?

Die Sweedse kiesers het hul keuses uitgeoefen, maar dit lyk of ‘n nuwe verkiesing dalk uitgeroep sal moet word omdat die vorming van ‘n regering nou onmoontlik lyk. Die ironie is dat die probleem nie soseer is hoeveel stemme die groot partye getrek het nie, maar oor die hoeveelheid stemme wat ‘n klein party getrek het.

In die proses is die Sosiaal-demokrate, wat die verkiesingstoneel lank in moderne Swede oorheers en gevorm het (wie in Suid-Afrika sal ooit Olaf palme vergeet), erg gekneus en het nou maar ongeveer 30 persent van die stemme. Saam met sy tradisionele linkse koalisievennote, wat die groenes insluit, kan dié groepering op 43,5 % van die stemme staatmaak. Die sentrum-regse koalisie het ‘n rapsie meer as 49 % – ‘n haarbreedte van die vereiste 50 % om ‘n regering te kan vorm.

Die “probleem” is dat die populistiese Sweedse Demokrate 5.5 % van die stemme getrek het. Hiermee het dié party met sy wortels in die neo-Nazisme, maar sedertdien baie aangepas, vir die eerste keer die 4 % drempel gehaal om tot die parlement te kan toetree. Dit maak dit so groot soos die bestaande kleinste partye in die parlement, die Christen-demokrate en ‘n klein sosialisteparty.

Die groter koalisie kan dus in beginsel maklik ‘n regering vorm deur die Sweedse Demokrate in die regerende koalisie op te neem, maar dit is waar die kinkel in die kabel lê. Nie die premier of van die ander bestaande koalisievennote sien kans om met die nuwe toetreder, wat van rassisme beskuldig word, geassosieer te word nie. Dit is so erg, dat een partyleier in die aanloop tot die verkiesing selfs geweier het om vir ‘n TV-onderhoud in dieselfde vertrek te wees as die leier van die Sweedse Demokrate, Jimmie Akesson.

Die Groenes is genader om mantel te swaai, maar tot dusver sonder sukses.

Die situasie herinner aan dié van die Nederlandse verkiesing waar Geert Wilders en sy regse party groot vordering gemaak het, en daar aanvanklik ook ‘n erge taaiheid was om te assosieer. Die gevolg is dat Nederland, maande later, nog nie ‘n nuwe regering kon saamstel nie.

Min of meer dieselfde gebeur in België, waar die opkoms van die party van Bart de Wever by tye dit laat lyk of die kanse groter is dat België as staat in die slag gaan bly, eerder as dat ‘n regeringsformule gevind gaan word. De Wever se party, gemeet teen die regse Vlaamse Belang, is egter nie werklik ‘n regse party in die dampkring van Wilders en Akesson se politieke oriëntasie nie.

In al drie lande speel die immigrasiekwessie ‘n rol om die opkoms van regse politiek feitlik te verseker. In die proses lyk dit die opkoms van die Christen-demokrate ten koste van die liberaliste wat eens in Wes-Europa so oorheersend was, bloot ‘n tussenspel was waar liberalisme en konserwatisme as pole teenoor mekaar opgestel word.

Die opkoms van die regse politiek maak dit ook vir die Sweedse politieke leiers wat Akesson wil stuit, riskant, want ‘n momentum na regs bestaan nou nie net in Swede nie, maar ook die hele omgewing. ‘n Nuwe algemene verkiesing met die doel om regs uit te hou, kan boemerang.

липецк прессыФільчаков Олександр Васильович

Swart barbiers volop in Amerika

Swart barbierDie Amerikaanse regering het statistieke vrygestel oor die persentasie swartes in bepaalde beroepe. Die beroep met die meeste swartes is dié van barbier. Nie minder nie as 35% van barbiers in Amerika is swartes. Die beroep met die minste swartes is dié van kunstenaars en verwante werkers waarvan slegs 0,8% swartes is.

Die tien beroepe met die hoogste persentasie swartes is die volgende:

1. Barbiers – 35,0 persent.
2. Verpleegkunde, psigiatrie en tuisgesondheidswerkers – 34,0 persent.
3. Huishoudelike adviseurs – 29,6 persent.
4. Veiligheidswagte en dobbelopsigters – 28,6 persent.
5. Poskantoorklerke – 28,3 persent.
6. Bagasieportiers, hoteljoggies en deurwagters 27,1 persent.
7. Possorteerders, verwerkers en verwerkingsmasjienoperateurs – 26,4 persent.
8. Taxibestuurders en chauffeurs – 25,7 persent.
9. Busbestuurders – 24,9 persent.
10. Parkeerruimtebeamptes – 24,4 persent.

Die tien beroepe in die VSA met die minste swartes is die volgende:

1. Kunstenaars en verwante werkers – 0,8 persent.
2. Omgewingswetenskaplikes en geowetenskaplikes – 1,0 persent.
3. Kosteberekenaars – 1,1 persent.
4. Boere en beesboere – 1,4 persent.
4. Tandartse – 1,4 persent.
4. Landmeters en kartograwe – 1,4 persent.
7. Plaas-, beesboerdery ander landboubestuurders – 1,5 persent.
8. Nuusontleders, verslaggewers en korrespondente – 1,8 persent.
9. Masjienmonteurs – 2,1 persent.

10. Diverse fisici en wetenskaplikes – 2,1 persent.

Waarskynlik sluit hierdie statistieke nie die aansienlike persentasie swartes in die Amerikaanse staatsdiens in nie waar regstellende aksie ook tot ‘n oorverteenwoordiging van swartes in regeringsposte gelei het.

Volgens eerwaarde Eugene Rivers III, ‘n “gemeenskapsaktivis” van Dorchester in die die VSA, behou die barbierswinkel ‘n spesiale plek in die swart kultuur en vervul die barbier ‘n spesifieke rol in sy gemeenskap en in die lewens van die mense wat hy dien.

“Histories was die swart barbierswinkel nog altyd ‘n plek waar nuus en inligting in die gemeenskap versprei word,” meen Rivers. Terwyl daar geen uitdruklike gesproke of geskrewe reël in dié verband bestaan nie, is die gedagte dat diebarbierswinkel ‘n klub slegs vir mans is ook algemeen.

“Dis ook ‘n toevlugsoord vir swart manlike kultuur, ‘n plek waar swart mans kan byeenkom sonder inmenging van vroue,” sê Rivers.

как понять что тебе врутАлександр Фильчаков

‘Idioties en gevaarlik’ om Koran te verbrand

Die top-wetstoepassingsbeampte in Amerika het ‘n kerk in Florida se planne om op die herdenking van die 11 September 2001-aanvalle kopieë van die Koran te verbrand, as “idioties en gevaarlik” bestempel.

Prokureur-generaal Eric Holder het Dinsdag dié woorde gesê nadat hy met geestelike leiers vergader het oor maniere om ‘n anti-Islamitiese golf in Amerika te konfronteer, te midde planne van ‘n evangeliese pastoor om Saterdag ‘n seremonie te hou waartydens kopieë van die Koran verbrand sou word.

Pastoor Terry Jones het gesê die verbranding van die Koran-kopieë is daarop gemik om “dié te onthou wat op 11 September brutaal vermoor is,” en om ‘n boodskap te stuur aan “die radikale element van Islam”.

насосы длялобановский александр досье