Tony Blair, die voormalige Britse premier, se skoonsuster is tot Islam bekeer nadat sy ‘n glo ‘n “heilige ondervinding” gedurende ‘n reis na Iran gehad het.
Die joernalis en aanbieder Lauren Booth (43), Cherie Blair se suster, dra nou ‘n hijab wanneer sy uit haar huis gaan, bid vyf keer per dag en besoek haar plaaslike moskee dikwels.
Sy het besluit om haarself te bekeer ses weke nadat sy die Fatima al-Masumeh-heiligdom in die Iranse stad Qum besoek het. “Dit was ‘n Dinsdagaand en ek het gaan sit en hierdie inspuiting van spirituele morfien gevoel, net absolute saligheid en vreugde,” het sy tydens ‘n onderhoud verlede week gesê.
Ná afloop van haar besoek het sy besluit om haarself dadelik tot Islam te bekeer.
Booth, wat vir Press TV, die Engelstalige Iranse nuuskanaal werk, het opgehou varkvleis eet en alkohol drink. Sy lees elke dag haar Koran en is nou by bladsy 60.
Voor haar spirituele ontwaking in Iran, was sy reeds “simpatiek” teenoor Islam en het sy ‘n aansienlike tyd in Palestina deurgebring.
Sy sê sy hoop haar bekering sal haar swaer, Tony Blair, help om van sy vooroordele teenoor Moslems ontslae te raak.
