Twee bles omies wat baklei oor ‘n kam

Toe die Wêreldbeker gehou is, het die hoofstroommedia (HSM) en hul magdom linkse idiote hulself op die skouer geklop oor die kwansuis lae misdaad wat gemeld was. Volgens die beriggewing was daar slegs ‘n enkele geval bekend van verkragting van – as ek reg onthou – ‘n Franse toeris. Soos gewoonlik het hulle weer die ‘verkrampte regses’ uitgelag oor hul paranoia en verhulde rassisme oor hul opvatting dat swartes niks kan organiseer nie.

Was dit maar so. Om die waarheid te sê het die Wêreldbeker ons wel een ding geleer en dit is dat swartes wel deeglik goed kan organiseer. Ek praat nou van sowel plaasmoorde as aanvalle op wittes in die stedelike gebiede.

Op die webwerf van www.farmitracker.com word hierdie opvatting van die “misdaadvrye Wêreldbeker” geloënstraf, en word net soos baie positiewe dinge van Afrika verban na die wêreld van sprokies en mites.

Die webwerf gee aan dat die aanvalle op wittes juis gepiek het in hierdie periode. Op sommige dae het die aanvalle op blankes selfs drie tot vyfvoudig toegeneem as anders. Wat sake nog grimmiger maak, is dat volgens die grafiek het die aanvalle nie werklik gedaal sedertdien nie. Die plaasaanvalle het nog nie afgeneem nie, hoewel die aanvalle op wittes in die stede ‘n neerwaartse neiging toon, maar nog nie naastenby terug na die norm van voor die WB nie.

Hoe moet ons hierdie diskrepans regverdig tussen die algemene vertelling in die HSM en die statistieke wat op farmitracker gegee word? Ons weet wel een ding seker en dit is dat die HSM, veral met die moord op Eugene Terre’Blanche hul geloofwaardigheid ‘n ernstige knou toegedien het oor hul pertinente onwaarhede en ongegronde bewerings. Dit laat ‘n mens ook kopkrap na die nuutste ANC-gier om die media te muilkorf. Ek dink dit is mosterd na die maal. Die media is lyk my alreeds gemuilkorf, en maak die hele skynheilige “stryd” tussen die onafhanklike media en die ANC eintlik ‘n futiele, belaglike oefening. Dit laat my nogal dink aan die Argentynse skrywer Jorge Luis Borges se vergelyking van die Falklandoorlog as twee ou bles omies wat baklei oor ‘n kam.

Wie weet, dalk is hierdie “stryd” bloot ‘n afleidingsoefening. Rome brand af, maar die stryd woed of jy dit mag meld of nie. Gelukkig is daar voldoende alternatiewe media op die internet wat kan help om die masker af te ruk van die groot nuusbaronne. Ons sal maar hiervan moet gebruikmaak, want blykbaar is daar vanuit Obama se administrasie planne om teen 2012 die internet se vrye media ook te muilkorf.

Hoe waar dit is, sal die tyd leer.

slot gamesтопкарго отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae