“Die partye moet dan verslag lewer oor hul pogings om die kwessie op te los,” het Afriforum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, gesê.
Die saak hou verband met Malema se sing van die liedjie “Skiet die boer”.
Spies het gesê die hof het in September verdaag om die partye kans te gee om die kwessie op te los.
Spies het ook kommentaar gelewer op Malema se opmerkings Saterdag toe hy die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, ‘n “kakkerlak” genoem het.
Malema het Saterdag aan ondersteuners van die ANC-jeugliga in die Wes-Kaap gesê Zille is ‘n “kakkerlak” en moet uitgestem word.
“Dit is welbekend dat die term ‘kakkerlak’ deur Hoetoes gebruik is om Toetsies te beskryf tydens die volksmoord in Rwanda in 1994,” het Spies gesê.
“So veel as ‘n miljoen mense is dood in dié slagting,” het hy bygevoeg.
