Swart barbiers volop in Amerika

Swart barbier

Swart barbierDie Amerikaanse regering het statistieke vrygestel oor die persentasie swartes in bepaalde beroepe. Die beroep met die meeste swartes is dié van barbier. Nie minder nie as 35% van barbiers in Amerika is swartes. Die beroep met die minste swartes is dié van kunstenaars en verwante werkers waarvan slegs 0,8% swartes is.

Die tien beroepe met die hoogste persentasie swartes is die volgende:

1. Barbiers – 35,0 persent.
2. Verpleegkunde, psigiatrie en tuisgesondheidswerkers – 34,0 persent.
3. Huishoudelike adviseurs – 29,6 persent.
4. Veiligheidswagte en dobbelopsigters – 28,6 persent.
5. Poskantoorklerke – 28,3 persent.
6. Bagasieportiers, hoteljoggies en deurwagters 27,1 persent.
7. Possorteerders, verwerkers en verwerkingsmasjienoperateurs – 26,4 persent.
8. Taxibestuurders en chauffeurs – 25,7 persent.
9. Busbestuurders – 24,9 persent.
10. Parkeerruimtebeamptes – 24,4 persent.

Die tien beroepe in die VSA met die minste swartes is die volgende:

1. Kunstenaars en verwante werkers – 0,8 persent.
2. Omgewingswetenskaplikes en geowetenskaplikes – 1,0 persent.
3. Kosteberekenaars – 1,1 persent.
4. Boere en beesboere – 1,4 persent.
4. Tandartse – 1,4 persent.
4. Landmeters en kartograwe – 1,4 persent.
7. Plaas-, beesboerdery ander landboubestuurders – 1,5 persent.
8. Nuusontleders, verslaggewers en korrespondente – 1,8 persent.
9. Masjienmonteurs – 2,1 persent.

10. Diverse fisici en wetenskaplikes – 2,1 persent.

Waarskynlik sluit hierdie statistieke nie die aansienlike persentasie swartes in die Amerikaanse staatsdiens in nie waar regstellende aksie ook tot ‘n oorverteenwoordiging van swartes in regeringsposte gelei het.

Volgens eerwaarde Eugene Rivers III, ‘n “gemeenskapsaktivis” van Dorchester in die die VSA, behou die barbierswinkel ‘n spesiale plek in die swart kultuur en vervul die barbier ‘n spesifieke rol in sy gemeenskap en in die lewens van die mense wat hy dien.

“Histories was die swart barbierswinkel nog altyd ‘n plek waar nuus en inligting in die gemeenskap versprei word,” meen Rivers. Terwyl daar geen uitdruklike gesproke of geskrewe reël in dié verband bestaan nie, is die gedagte dat diebarbierswinkel ‘n klub slegs vir mans is ook algemeen.

“Dis ook ‘n toevlugsoord vir swart manlike kultuur, ‘n plek waar swart mans kan byeenkom sonder inmenging van vroue,” sê Rivers.

как понять что тебе врутАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae