Nuwe vrese oor terreuraanvalle

Intelligensiepersoneel het ‘n sameswering om “Moembai-styl” terreuraanvalle op Brittanje, Frankryk en Duitsland uit te voer, uitgesnuffel.

Gelyktydige aanvalle sou op Londen en ander groot stede in Frankryk en Duitsland uitgevoer word en die plan was reeds in ‘n gevorderde stadium het intelligensiebronne gesê.

Militante uit Pakistan het die aanvalle beplan en word al vir ‘n geruime tyd deur spioenagentskappe dopgehou.

Pres. Obama is ingelig oor die bedreiging wat deur Amerikaanse en Europese wetstoepassers ontbloot is. Die inligting is bekom deur die inhegtenisname en ondervraging van ‘n Duitse terroris wat tans by die Bagram Airfield in Afghanistan aangehou word.

Die aanvalle was glo vir “sagte en ekonomiese” teikens bedoel.

Janet Napolitano, belas met binnelandse veiligheid in die VSA, het verlede week aan ‘n komitee oor die aangeleentheid verslag gedoen en gesê daar is ‘n toename in sulke aktiwiteite asook die reeks bedreigings.

Owerhede in Frankryk het die Eiffetoring vir ‘n tweede keer binne 2 weke gesluit nadat hulle bomdreigemente ontvang het. Geen ploftoestel is egter gevind nie, maar hulle wil geen kanse waag nie vanweë Al Kaida se Noord-Afrikabande.

Volgens die Duitse gevangene beskik die aanvallers almal oor Europese paspoorte en word die aanvalle vanuit Pakistan beplan. Amerikaanse owerhede sê aanvalle op Amerika sal waarskynlik uit Jemen beplan word.

компрессор для пескоструйкиФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae