Son- of kernkrag?

Suid-Afrika kan teen 2012 sy eerste sonkrag lewer. Die Departement van Energie en die Amerikaanse Clinton Klimaatsinisiatief het Upington in die Noord-Kaap as ‘n potensiële tuiste vir ‘n sonpark geïdentifiseer.

Die Departement sal op 28 Oktober ‘n beleggerskonferensie hou en sal beleggers nader om in te koop in die projek.

Die Minister van Energie, Dipuo Peters, sê die sonpark sal in fases gebou word wat sal afhang van die vraag na krag in die land, om uiteindelik vyfduisend Megawatt sonkrag te lewer.

Die regering is bekommerd dat beleggings in kragopwekking deur die privaatsektor nie plaasvind teen die tempo wat verwag is nie.

Peters, het op ‘n windenergie-seminaar in Johannesburg gesê die regering het hom in 2006 verbind tot ‘n teiken van ‘n minimum van 30 persent deelname deur die privaatsektor in die kragopwekkingsbedryf. Hy meen dit is van groot belang dat Onafhanklike Kragverskaffers elektrisiteit moet aanvul wat deur Eskom opgewek is, om energiesekerheid in die land te verwesenlik.

‘n Lid van die Nasionale Beplanningskommissie, Bobby Godsell, sê nietemin tot soveel as 50 persent van Suid-Afrika se nuwe elektrisiteitsproduksie kan uit kernkrag bestaan.

Hy het tydens ‘n openbare bespreking oor energie in Suid-Afrika in Johannesburg gesê tot 20-duisend Megawatt van die moontlike 40-duisend Megawatt wat die land in die toekoms nodig sal hê, kan van kernkrag afkomstig wees.

наборы детской косметикиФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae