Masels eis lewens van 70 kinders

‘n Uitbraak van masels het die afgelope twee weke die lewens van 70 kinders in Zimbabwe geëis, het owerhede gesê.

Die slagoffers is glo meestal deel van gesinne wat aan apostoliese geloofsordes behoort wat inentings en alle ander vorme van Westerse medikasie verwerp.

“Ons het verlede Dinsdag verslae ontvang kinders wat vermoedelik weens masels gesterf het. Sedertdien het die aantal sterftes toegeneem,” het , Portia Manangazira, hoof van die departement van gesondheid se siektebeheer gesê.

Martin Dinha, goewerneur van die Mashonaland-provinsie sê die regering se reaksie was stadig.

“Ek is nie gelukkig met die regering se reaksie tot die kwessie nie. Tot dusver het geen gesondheidsamptenare betrokke geraak nie ten spyte daarvan dat ons die departement in kennis gestel het van die uitbraak,” het Dinha gesê.

воронеж моечно-уборочноелобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae