Weste help Libiese rebelle

Gewapende westerlinge veg op die voorste linies saam met rebelle naby Misrata. Die beeldmateriaal wat deur al-Jazeera vrygestel is, is die eerste oënskynlike bevestiging dat buitelandse spesiale magte ‘n aktiewe rol in die Libiese konflik speel.

‘n Groep van ses het hulself dadelik uit die voete gemaak toe hulle deur die televisie-span opgemerk is.

Die beeldmateriaal is vrygestel voor die aankoms van Suid-Afrika se president, Jacob Zuma, in Tripoli in ‘n poging om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig.

Die westerlinge is laat verlede week deur al-Jazeera by rebellegroepe opgemerk, slegs dae voordat Britse en Franse aanvalshelikopters by die NAVO-veldtog aan sal sluit.

Daar is talle berigte in die Britse pers dat SAS-soldate optree as “spotters” in Libië om Navo se vegvliegtuie te help om regeringsteikens uit te wis. In Maart, is ses spesmag soldate en twee MI6-offisiere aangehou op ‘n mislukte missie om rebelleleiers te ontmoet in Benghazi, wat ‘n verleentheid vir die SAS was.

Gevra vir kommentaar Maandag, het ‘n woordvoerder van die Britse ministerie van verdediging gesê: “Ons het nie enige magte daar buite nie.”

Die onderwerp is sensitief want die Veiligheidsraadbesluit van Maart sluit die totstandkoming van ‘n buitelandse besettingsmag op enige deel van Libiese grondgebied spesifiek uit.

Ten spyte van meer as twee maande se bombardement deur NAVO, het rebelle nie werklik gevorder nie. Die hoofstad, Tripoli, bly steeds in die greep van Gaddafi.

Daar is onbevestigde verslae dat Brittanje van plan was om voormalige SAS-lede en ander ervare soldate onder die dekking van private sekuriteitsmaatskappye in te stuur in Libië, betaal deur Arabiese lande, om die anti-regeringstroepe op te lei.

скейт детский купить в харьковеФильчаков прокуратура харьков

Sarko vir misdade teen die mensdom aangekla

Twee Franse prokureurs het gesê hulle beplan om Nicolas Sarkozy, die Franse president, aan te kla vir misdade teen die mensdom as gevolg van die Navo-militêre veldtog in Libië.

Ibrahim Boukhzam, ‘n beampte van die Libiese departement van justisie, het gesê Jacques Verges en Roland Dumas het aangebied om gesinne te verteenwoordig wat slagoffers van die Navo-lugaanvalle in Libië was.

“Die twee prokureurs gaan ‘n klagte indien by Franse howe namens die Libiese families,” het Boukhzam gesê.

Van Verges se vorige kliënte was Klaus Barbie, ‘n Nazi-oorlogmisdadiger, en Carlos die Jakkals.

ручной инструмент википедияФильчаков прокуратура харьков

Zuma sê Libië is gereed vir wapenstilstand

Moeammar Gaddafi is gereed vir ‘n wapenstilstand om ‘n einde aan die opstand in sy land te bring, het President Jacob Zuma Maandag ná sy besoek aan die Libiese leier gesê. Hy het voorwaardes opgenoem wat dieselfde as Gadaffi se vroeëre eise is. Dié pogings het tot dusver nie vrede in die land bewerkstellig nie.

Groot gewag is van Zuma se besoek gemaak deur Gaddafi se regime. Navo het ook die vliegspergebied oor Libië tydelik opgeskort sodat Zuma die land kan besoek.

Zuma het gesê Gaddafi is gereed om ‘n inisiatief van die Afrika-Unie te aanvaar vir ‘n wapenstilstand wat alle vyandigheid in die land tot ‘n einde sal bring, insluitende Navo se lugaanvalle ter ondersteuning van die rebellemagte in die land.

“Hy is gereed om die padkaart te implementeer,” het Zuma gesê.

Zuma het gesê Gaddafi dring daarop aan dat “alle Libiërs ‘n kans gegun word om onder mekaar te praat” oor die land se toekoms.

Hy het nie gesê Gaddafi is gereed om uit te tree nie, hoewel dit die sentrale eis van die rebelle is.

Zuma het met verslaggewers van Suid-Afrikaanse en Libiese televisie gepraat. Sy opmerkings is laat Maandag uitgesaai.

Zuma het in April ‘n afvaardiging van die Afrika-Unie na Tripoli gelei met ‘n voorstel vir ‘n wapenstilstand. Gaddafi het gesê hy sal die wapenstilstand aanvaar, maar het dit vinnig geïgnoreer en sy aanvalle op die rebelle hervat. Die rebelle het op hul beurt ook die wapenstilstand verwerp, aangesien dié ooreenkoms nie Gaddafi se uittrede ingesluit het nie. Verskeie pogings om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig, het sedertdien om soortgelyke redes gefaal.

Gaddafi beskou Libië reeds dekades lank al as ‘n Afrika- sowel as Arabiese land. Hy het hulp in die vorm van miljoene dollars aan verskeie Afrikalande geskenk en homself as ‘n leier op die kontinent opgebou.

 

вино барбарескоАлександр Фильчаков Васильевич

Oostenrykers stem oorweldigend ‘verregs’

Oostenryk se sogenaamde “verregse” Vryheidsparty, die FPO, sal die meeste stemme trek as daar ‘n algemene verkiesing hierdie naweek gehou moes word, volgens die resultate van ‘n nuwe meningspeiling wat Vrydag vrygestel is.

Die FPO sal 29 persent van die stemme kry, die Sosiale Demokrate 28 persent en die konserwatiewe  Volksparty of OeVP 23 persent, volgens’ n meningspeiling deur die OGM-instituut namens van die daaglikse Kurier.

Die Groenparty en nog ‘n regse party, die BZO, sal elk 13 persent inhark.

Ontleders skryf tans die geweldige swaai na regs toe aan ‘n groter ontnugtering met die politiek, maar ook met die huidige koalisieregering in die besonder.

Die regses was reeds in die regering in Oostenryk: die FPO onder sy charismatiese leier, die oorlede Joerg Haider, was die junior koalisie-vennoot van die konserwatiewe OeVP tussen 2000 en 2006 onder kanselier Wolfgang Schuessel. Oostenryk, een van die lande met die slimste bevolking, was dus die eerste land in Europa wat regs geswenk het.

“Die vertonings is ongetwyfeld beïnvloed deur die huidige debat oor die verklarings van Andreas Treichl [reserwebankhoof], die eurokrisis en die Griekse skuldkrisis,” het ‘n ontleder aan die koerant gesê.

Treichl se uitspraak het hierdie week tot ‘n storm van omstredenheid gelei toe hy gesê het politici is “te dom” om die ekonomie te verstaan.

En FPO-leier Heinz-Christian Strache veg al vir maande Griekeland uit te skop uit die eurosone.

Die FPO het tweede gekom het in die plaaslike munisipale verkiesings in Wene verlede Oktober, met van 26 persent van die stemme. Die Sosiale Demokrate het egter uiteindelik gekies vir ‘n koalisie met Groen.

In ‘n meningspeiling aan die begin van Mei het 43 persent van die bevolking gesê die FPOe moet deel uitmaak van die volgende nasionale regering ná die volgende algemene verkiesing in 2013.

 

купить брюки для подростка мальчикаФильчаков Александр Васильевич

AU wil politieke oplossing in Libië sien

Die Afrika-unie het Woensdag ‘n oproep om ‘n politieke oplossing vir Libië se uitgerekte konflik gedoen. Voorstelle deur dié liggaam is tot dusver egter grootliks geïgnoreer.

Die pan-Afrikaanse blok het ‘n skietstilstand gevra en dat ‘n hoë-vlak bemiddelingspan die geskil probeer bylê, maar sy pogings het min effek op die grond met Westerse magte wat voortgaan met lugaanvalle teen Gaddafi se regime.

“Ek is daarvan oortuig dat slegs ‘n politieke oplossing tot blywende vrede kan lei asook voldoen aan die legitieme aspirasies van die Libiese mense,” sê Jean Ping, die hoof van die AU-Kommissie, die pan-Afrikaanse blok se uitvoerende liggaam.

“Die situasie in Libië bly ‘n ernstige kommer vir ons, vir die toekoms van Libië sowel as vir plaaslike lande,” het Ping op ‘n spesiale beraad Woensdag in Addis Abeba verklaar.

“Ongelukkig is die huidige situasie op die grond en die gebrek aan koördinering van internasionale pogings nie gunstig in die soektog na ‘n oplossing nie.”

Die AU is gekant teen die internasionale militêre optrede teen die Libiese regime en het verlede maand ‘n wapenstilstand voorgestel, wat deur die Libiese rebelle verwerp is. Gaddafi self het egter die plan aanvaar.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, het ook sy oproep vir ‘n wapenstilstand hernu.

строительство саун под ключФільчаков Олександр Васильович прокурор

VN waarsku Nigerië oor hoë geboortesyfer

‘n Spesiale adviseur van Ban Ki-moon, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, het Nigerië Maandag gewaarsku teen ‘n bevolkingsontploffing.

Hy meen die huidige bevolking van 158 miljoen kan teen die jaar 2100 groei tot 730 miljoen.

“Ek is regtig bekommerd oor ‘n bevolkingsontploffing in Nigerië. Dit is nie gesond nie. Nigerië moet mik om ‘n maksimum van drie kinders per gesin te hê,” het Jeffrey Sachs gesê.

Hy het gesê dat ‘n verhoogde jaarlikse ekonomiese groeikoers bo die huidige 7% en geïntegreerde ontwikkeling die land een van die belangrikste ekonomieë in die 21ste eeu kan maak.

President Goodluck Jonathan, wat Sondag met ‘n vierjaar-termyn afskop, het gesê hy gaan Nigerië se ekonomiese span lei.

“Na my inhuldiging Sondag sal ek die voorsitter van die ekonomiese bestuurspan wees wat saamgestel is uit belangrike regering- en sakesektorlede.”

сауна оборудованиеФильчаков прокурор отзывы

Soedannese skikking na die maan?

Groot kommer heers oor die toekoms van die Soedannese skikking nadat militêre magte uit die Arabiese noorde Sondag die stad Abyei en omstreke ingeneem het. Tot 20 000 mense het volgens die VN dieper in die suidelike deel ingevlug, wat bestem is om in Julie onafhanklik te word.

Die onafhanklikheid van die Christen-suide van die Moslem-noorde is bestem om burgeroorloë wat oor dekades duur, ten einde te bring, en volg op ‘n skikking en referendum.

Beide partye maak egter op Abyei aanspraak, en die feit dat dit ‘n olieryke gebied is, het stellig heelwat hiermee te make. Die meeste oliebronne is bestem om na die afskeiding in die suidelike gebied te val. Abyei geniet sedert die 2004-skikking spesiale status, maar is histories ook spesiaal hanteer om botsende aansprake tussen ‘n rits aanspraakmakers te hanteer.

Die algemene verwagting is dat die inwoners van Abyei ten gunste van insluiting by die suide sou stem in ‘n referendum waar reeds moes plaasvind.

Die regering in die suide het die oorname as ‘n daar van oorlogsverklaring beskryf, en die VN het inderhaas ‘n bemiddelaar na Khartoem gestuur.

липецк воротки,топкарго отзывы

Wit Amerikaners ervaar rassisme, sê studie

Beide wit Amerikaners en swart Amerikaners sien beduidende vordering in die stryd teen anti-swart vooroordeel, maar wit Amerikaners glo die vordering het gekom ten koste van wittes, het ‘n nuwe opname bevind.

Die navorsers het in ‘n ewekansige steekproef 209 blankes en 208 swartes gevra hoeveel diskriminasie elke groep in die gesig staar, op ‘n skaal van een tot tien, vir elke dekade sedert die 1950’s.

Swart Amerikaners het anti-swart vooroordeel as dalende tendens gesien, van 9,7 in die jare 50 tot 6,1 in die ’00s. Oor dieselfde tydperk, het hulle ‘n klein toename in anti-wit vooroordeel opgemerk, van 1,4 tot 1,8.

Wit Amerikaners het ‘n selfs skerper afname in anti-swart vooroordeel gesien: van 9,1, in die ’50s, tot 3,6, in die ’00s. Maarv wat veral opval, volgens die navorsers, is die skerp toename in waargenome anti-wit vooroordeel: Onder blankes, het dit opgeskiet van 1,8 na 4,7.

Wit Amerikaners, in kort, meen dat anti-wit vooroordeel ‘n groter maatskaplike probleem is in die nuwe eeu, as anti-swart vooroordeel.

Die navorsers beskryf die patroon, wat nie merkbaar verskil ten opsigte van ouderdom of onderwysvlakke nie, as bewys dat wit Amerikaners rasseverhoudinge as verlore stryd ervaar, waar een groep se winste deur ‘n ander se verlies geneutraliseer word.

Bron: “Whites See Racism as a Zero-Sum Game That They Are Now Losing,” Michael I. Norton and Samuel R. Sommers, Perspectives on Psychological Science (Mei)

светильник уличный на столб ркуОлександр Фільчаков прокурор

‘Weste wil Libië se olie vat’

Die waarskynlike nuwe leier van Al-Kaida sê NAVO se operasies in Libië is bedoel om Moeammar Gaddafi se regering omver te werp sodat die Weste ‘n “marionet-regering” kan instel om beheer oor Libië se olie te verkry.

In ‘n 49-minuut lange klankopname het Ayman al-Zawahri, die nommer twee van Al-Kaida, Libiërs aangemoedig om wapens op te gaar vir ‘n guerrilla-oorlog teen die westerse koalisie.

Die klankopname is glo oor die naweek op militêre internet-forums gepubliseer. Volgens die webwerwe is die opname gemaak voor die Amerikaanse weermag Osama bin Laden op 2 Mei doodgeskiet het.

Na bewering is Al-Zawahri die waarskynlike kandidaat om Bin Laden as leier van Al-Kaida op te volg. Hy werk glo naby die grens tussen Pakistan en Afghanistan.

las vegas gaming commissionФильчаков прокурор харьков

China beplan vlootbasis in Pakistan

Pakistan se versoek dat China ‘n vlootbasis by die suid-westelike hawe van Gwadar bou sodat die Chinese vloot ‘n gereelde teenwoordigheid daar handhaaf, gaan waarskynlik sowel Indië as die VSA se afkeur gaande maak.

“Ons het ons Chinese broers versoek om asseblief ‘n vlootbasis by Gwadar bou,” het Chaudhary Ahmed Mukhtar, Pakistan se minister van verdediging, aan die Financial Times bevestig. Die versoek is oorgedra aan China tydens ‘n besoek verlede week deur Yusuf Raza Gilani, Pakistan se eerste minister.

Tot nou toe het China weggeskram daarvan om die VSA en Beijing se bure, soos Indië, Maleisië en Indonesië te vervreem. “China se opkoms is ‘n voordelige mag vir vrede en ons het geen hegemoniese ambisies nie,” het ‘n Chinese amptenaar vertroud met Beijing se sekuriteitsbeleid verklaar.

Maar navorsers in Washington sê China se toegang tot basisse buite die land sal die uiteindelike aanduiding en waarskuwing wees dat hulle ‘n globale militêre mag raak. ‘n Pentagon-amptenaar het gesê: “Ons het vrae en bekommernisse oor hierdie ontwikkeling en [China se] bedoelings. Maar dit is die rede waarom ons glo dit is belangrik om ‘n gesonde, stabiele en deurlopende militêre-tot-militêre verhouding te hê. “

‘n Senior Pakistanse amptenaar vertroud met Sino-Pakistani verhoudinge oor marinesamewerking sê: “Die vlootbasis is iets wat ons hoop Chinese skepe sal gebruik om ons gereeld te besoek in [die] toekoms en ook die plek te gebruik vir die herstel en instandhouding van hul vloot in die [Indiese Oseaan]. “

‘n Deskundige by die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies meen die konstruksie van ‘n vlootbasis in Gwadar sal China voorsien van sy eie skepe en duikbote met moontlik ‘permanente’ regte, saam met die moontlikheid van gereelde patrollies en oefeninge in die Arabiese See om die groeiende aantal Chinese tenkskepe te beskerm in die streek. Die groeiende aantal skepe is te wyte aan die land se energievereistes wat uit die Golfstreek gevoed word.

Die bestaande kommersiële hawe in Gwadar is gebou deur China, maar word beheer deur die Singapore Hawe-owerheid. Die nuwe verwikkeling kan Indië antagoniseer want dit kom te midde van ‘n versterking van China se militêre bande met Pakistan.

Tydens mnr Gilani se besoek verlede week, het Beijing ook ingestem om die lewering van 50 vegvliegtuie aan Pakistan te bespoedig.

 

римская баняФільчаков Олександр Васильович прокурор