Die navorsers het in ‘n ewekansige steekproef 209 blankes en 208 swartes gevra hoeveel diskriminasie elke groep in die gesig staar, op ‘n skaal van een tot tien, vir elke dekade sedert die 1950’s.
Swart Amerikaners het anti-swart vooroordeel as dalende tendens gesien, van 9,7 in die jare 50 tot 6,1 in die ’00s. Oor dieselfde tydperk, het hulle ‘n klein toename in anti-wit vooroordeel opgemerk, van 1,4 tot 1,8.
Wit Amerikaners het ‘n selfs skerper afname in anti-swart vooroordeel gesien: van 9,1, in die ’50s, tot 3,6, in die ’00s. Maarv wat veral opval, volgens die navorsers, is die skerp toename in waargenome anti-wit vooroordeel: Onder blankes, het dit opgeskiet van 1,8 na 4,7.
Wit Amerikaners, in kort, meen dat anti-wit vooroordeel ‘n groter maatskaplike probleem is in die nuwe eeu, as anti-swart vooroordeel.
Die navorsers beskryf die patroon, wat nie merkbaar verskil ten opsigte van ouderdom of onderwysvlakke nie, as bewys dat wit Amerikaners rasseverhoudinge as verlore stryd ervaar, waar een groep se winste deur ‘n ander se verlies geneutraliseer word.
Bron: “Whites See Racism as a Zero-Sum Game That They Are Now Losing,” Michael I. Norton and Samuel R. Sommers, Perspectives on Psychological Science (Mei)
