Britte ontvang folteraar met ope arms

Phillip Machemedze, 46, het reeds uitgewyk na die Verenigde Koninkryk in 2000 saam met sy vrou, want hy het “genoeg van die marteling” gehad, maar het nietemin agt jaar gewag om aansoek te doen vir verblyfreg.

Op 4 Mei is hy verblyfreg in Brittanje gegun ten spyte van die misdade teen die mensdom wat hy gepleeg het, nadat ‘n tribunaal beslis het hy sal vermoor word deur sy voormalige Central Intelligence Organisation-kollegas indien hy terugkeer na Zimbabwe.

Volgens bronne leef hy en sy vrou op die Britse regering se uitkeervoordele in Newport, Suid-Wallis.

‘n Beraamde 800 mense is ontvoer of het verdwyn, 80 gedood en meer as 90 gemartel in die aanloop tot die 2000-verkiesings in Zimbabwe. Mnr Machemedze het aktief hieraan deelgeneem.

Die CIO, saam met die polisie en gewapende magte, is wyd veroordeel vir die ergste geweld.

Mnr Machemedze het vier jaar in die CIO gedien. Hy het ook bely dat hy ‘n wit boer dmv elektriese skokke gefolter het, en daarna bewusteloos geslaan het.

Maar hy beweer dat hy probeer het om die CIO te verlaat.

Immigrasieowerhede in Newport het gesê daar bestaan geen twyfel nie dat Machemedze “diep betrokke in wrede dade van uiterste geweld” was.

“Sommige is stadig dood en hulle liggame begrawe in ongemerkte grafte. Hy het mense met hul ledemate afgesny gesien. Ander voorvalle van marteling is te grusaam om te vertel,” het ‘n amptenaar belas met sy aansoek, gesê.

Hy het bygevoeg dat Machemedze nie kan terugkeer na Zimbabwe nie aangesien hy waarskynlik self gefolter sal word deur Mugabe se geheime polisie, en hy daarom beskerming moet geniet.

drive multiplier mayhemлобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae