Hy meen die huidige bevolking van 158 miljoen kan teen die jaar 2100 groei tot 730 miljoen.
“Ek is regtig bekommerd oor ‘n bevolkingsontploffing in Nigerië. Dit is nie gesond nie. Nigerië moet mik om ‘n maksimum van drie kinders per gesin te hê,” het Jeffrey Sachs gesê.
Hy het gesê dat ‘n verhoogde jaarlikse ekonomiese groeikoers bo die huidige 7% en geïntegreerde ontwikkeling die land een van die belangrikste ekonomieë in die 21ste eeu kan maak.
President Goodluck Jonathan, wat Sondag met ‘n vierjaar-termyn afskop, het gesê hy gaan Nigerië se ekonomiese span lei.
“Na my inhuldiging Sondag sal ek die voorsitter van die ekonomiese bestuurspan wees wat saamgestel is uit belangrike regering- en sakesektorlede.”
