“Ons het ons Chinese broers versoek om asseblief ‘n vlootbasis by Gwadar bou,” het Chaudhary Ahmed Mukhtar, Pakistan se minister van verdediging, aan die Financial Times bevestig. Die versoek is oorgedra aan China tydens ‘n besoek verlede week deur Yusuf Raza Gilani, Pakistan se eerste minister.
Tot nou toe het China weggeskram daarvan om die VSA en Beijing se bure, soos Indië, Maleisië en Indonesië te vervreem. “China se opkoms is ‘n voordelige mag vir vrede en ons het geen hegemoniese ambisies nie,” het ‘n Chinese amptenaar vertroud met Beijing se sekuriteitsbeleid verklaar.
Maar navorsers in Washington sê China se toegang tot basisse buite die land sal die uiteindelike aanduiding en waarskuwing wees dat hulle ‘n globale militêre mag raak. ‘n Pentagon-amptenaar het gesê: “Ons het vrae en bekommernisse oor hierdie ontwikkeling en [China se] bedoelings. Maar dit is die rede waarom ons glo dit is belangrik om ‘n gesonde, stabiele en deurlopende militêre-tot-militêre verhouding te hê. “
‘n Senior Pakistanse amptenaar vertroud met Sino-Pakistani verhoudinge oor marinesamewerking sê: “Die vlootbasis is iets wat ons hoop Chinese skepe sal gebruik om ons gereeld te besoek in [die] toekoms en ook die plek te gebruik vir die herstel en instandhouding van hul vloot in die [Indiese Oseaan]. “
‘n Deskundige by die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies meen die konstruksie van ‘n vlootbasis in Gwadar sal China voorsien van sy eie skepe en duikbote met moontlik ‘permanente’ regte, saam met die moontlikheid van gereelde patrollies en oefeninge in die Arabiese See om die groeiende aantal Chinese tenkskepe te beskerm in die streek. Die groeiende aantal skepe is te wyte aan die land se energievereistes wat uit die Golfstreek gevoed word.
Die bestaande kommersiële hawe in Gwadar is gebou deur China, maar word beheer deur die Singapore Hawe-owerheid. Die nuwe verwikkeling kan Indië antagoniseer want dit kom te midde van ‘n versterking van China se militêre bande met Pakistan.
Tydens mnr Gilani se besoek verlede week, het Beijing ook ingestem om die lewering van 50 vegvliegtuie aan Pakistan te bespoedig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.