China verwelkom Soedan se omstrede president

China het die omstrede president van Soedan, Omar al-Bashir, in die land verwelkom.

Dié besoek het opslae gemaak omdat die internasionale strafhof voorheen ‘n lasbrief uitgereik het vir al-Bashir se inhegtenisname vir volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Darfoer.

Dis die eerste lasbrief van sy soort wat vir die inhegtenisname van ‘n president uitgereik is.

Die president het voor sy besoek ‘n onderhoud met China se Xinhua-nuusagentskap gesê: “Ons sien China as ‘n strategiese vennoot vir Soedan op verskeie gebiede. Dit sluit politieke, ekonomiese, kommersiële en kulturele samewerking in.”

Hy het China geloof omdat hulle nie inmeng in die interne handelinge van ander in nie.

 

games forлобановский александр интервью

Peoriane leef in vrees

Paul Wilkinson, president van die Alta Mont Park Neighborhood Association, in Peoria, Illinois (VSA), het verlede week ‘n ooggetuieverslag van rasse-onmin aan die plaaslike koerant, die Peoria Chronicle deurgegee:

Omstreeks 11 uur, het ‘n groep van ten minste 60-70 Afro-Amerikaanse jeugdiges ‘n optog in een van die systrate (W. Thrush) na die 4-baan hoofaar (Sheridan) gelei. Hulle het wit inwoners skreeuend gedreig. Dinge soos dat hulle “nodig het om almal dood te maak, al die wit mense hier rond”. Hulle was fisies intimiderend teenoor enige een wat die hulp van die polisie probeer ontbied het. Hulle om motors saamgedrom. Motors op die snelweg moes hul remme aanslaan om die jeugdiges nie dood te ry nie en al vier bane is tot stilstand gedwing, asook ‘n groot deel van die systraat. Gevegte het onder die optoggangers uitgebreek. Hulle het op inwoners wat by hul deure uitgekyk het, afgestorm, voorstoepe betree, en dreigemente geskree aan mense wat die polisie vir hulp wou bel.

Karre het haastig U-draaie in dié strate gemaak net om die skare, meestal manlik, te vermy. Een jeugdige het gesê sy oupa was wit en verskeie mede-jeugdiges het hom op die plek aangerand. Een polisiebeampte het die noodoproep beantwoord. Die jeug het in twee groot groepe verdeel, een wat noordwaarts beweeg het, en die ander een suid. Hulle het ook rasse-dreigemente aan die polisiebeampte geskree, maar hy was deur hulle getalle oorweldig. ‘n Polisiemotor het eers opdaag nadat die jeugdiges uiteindelik uitmekaar gegaan het en die vangwa het ook uiteindelik laat opgedaag.

Inwoners is baie onthuts, beide swart en wit. Dit is die vyfde groot massabetoging binne ‘n maand met kleiner groepe van 10-12 wat tussendeur kinders en volwassenes op straat dreig op sekere weeksaande of later in die nag. Die tye wissel, selfs gedurende die dag vind sulke insidente plaas. Uit ‘n gesprek met ‘n polisie-offisier blyk dit hulle is onderbeman. Inwoners is aangeraai om bloot binne te bly en hul deure te sluit. Met ander woorde, wees waaksaam, dit is nie eens veilig om op jou stoep te sit of in jou tuin nie.

классические люстры купитьtopcargo отзыв

Zuma kasty NAVO

President Jacob Zuma het Sondag gesê die VN-resolusie wat NAVO voorhou om sy aanvalle in Libië te regverdig, laat nie “bewindsverandering [regime change] of die polititieke moord” van Moeammar Gaddafi toe nie.

“Die voortslepende bomaanvalle deur NAVO en sy bondgenote is ‘n bekommernis wat deur ons komitee en deur die Afrika Unie-vergadering geopper is, want die bedoeling van Resolusie 1973 was om die Libiese bevolking te beskerm en om die humanitêre poging te fasiliteer,” het Zuma gesê.

“Die bedoeling was nie om ‘n veldtog goed te keur vir ‘n regeringsverandering of politieke moord nie,” het hy in openingsgesprekke van die Afrika Unie se paneel oor Libië gesê.

bridal head accessoriesДанильченко Юрий Харьков

VSA: Wit geboortes nou in die minderheid

Vir die eerste keer in die geskiedenis is die meerderheid babas wat in die VSA gebore word, nie meer wit nie. Dit maak deel uit van ‘n radikale verandering in rassamestelling, ook van ouderdomsgroepe in dié land.

Daar is ‘n groeiende kloof tussen meestal wit, ouer Amerikaners en oorwegend swart jeugdiges wat regeringsbeleid in die toekoms ernstig kan beïnvloed.

Voorlopige sensusramings toon ook dat van Afro-Amerikaanse huishoudings onder leiding van die vroue – wat ​​uit meestal  enkelmoeders bestaan – nou meer is as Afro-Amerikaanse huishoudings met getroude paartjies. Ontleders waarsku dat dit voortgesette uitdagings vir swart jeugdiges sonder betrokke vaders, kan inhou.

Die bevindinge, wat op die jongste regeringsdata gegrond is, bied ‘n oorsig van die finale 2010-sensusresultate.

Demograwe sê die uitslag is die duidelikste bevestiging nog van ‘n veranderende sosiale orde, een waarin rasse-en etniese minderhede Amerika teen die middel van die eeu sal bevolk.

“Ons beweeg na ‘n erkenning dat ons in ‘n ander wêreld as die 1950’s lewe, waar huwelike of twee-ouer- heteroseksuele paartjies nou nie meer die norm is nie, na veral kinders van kleur,” sê Laura Speer , koördineerder van die Kids Tel-projek vir Annie E. Casey Foundation.

“Dit is duidelik dat die jonger geslag baie demografies verskil van die bejaardes, iets om in gedagte te hou as politiek uitspeel,” het sy gesê. “Dit is belangrik dat kinders in staat is om te groei om internasionaal mee te ding.”

William H. Frey, ‘n demograaf by die Brookings Institution wat die data ontleed het, sê swart/bruin geboortes oortref blanke geboortes in die groep onder die ouderdom van 2.

Twaalf deelstate asook DC het tans ‘n wit bevolking onder 50 persent van kinders onder die ouderdom van 5. Dit sluit Hawaïi, Kalifornië, Nieu-Meksiko, Texas, Arizona, Nevada, Florida, Maryland, Georgia, New Jersey, New York en Mississippi in. Dit het van ses state en die Distrik van Columbia in 2000 toegeneem.

Teen die huidige groeikoers, kan nog sewe state binne ‘n dekade draai: Illinois, Noord-Carolina, Virginië, Colorado, Connecticut, Suid-Carolina en Delaware.

In teenstelling hiermee, is die oorgrote meerderheid van die ouer Amerikaners – 80 persent van die seniors 65 en ouer en ongeveer 73 persent van die mense tussen 45 en 64 – wit. 

магазин автоинструментаАлександр Фильчаков Васильевич

Israel gaan flottielje stop

Israel is “vasbeslote” om ‘n flottielje, wat deur ‘n groep aktiviste gereël is om na die Gasastrook te vaar, voor te keer.

“Israel is vasbeslote om die flottielje voor te keer,” het Ron Prosor, die Israeliese ambassadeur in die VSA, gewaarsku.

“Israel het ‘n reg om homself te verdedig.”

“Daar’s niks opbouends, geen humanitêre hulp of enigiets wat te doen het met die welsyn van die Palestyne in die reël van dié flottielje nie,” het hy ná ‘n vergadering met die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gesê.

Hy het die organiseerders van die flottielje as “ekstremiste” beskryf.

‘n Groep pro-Palestynse aktiviste het ‘n flottielje gereël om die vaart van ‘n flottielje wat 13 maande gelede deur Israeliese magte gestop is, op simboliese wyse te herhaal.

jocuri barФильчаков Харьков

Wilders vry – maar nie einde van die pad

Die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, is vrygespreek op aanklagte wat ons in die Suid-Afrikaanse konteks die beste met haatspraak sou verstaan.

Wilders, leier van die Partij vir de Vrijheid (PVV), is vrygespreek aan “groepsbelediging, aanzetten tot haat en discriminatie van niet westerse allochtonen.”

Die regbank het bevind dat Wilders hom met sy uitsprake tot op die randjie van die toelaatbare begewe het, maar dat nie bewys kon word dat dit wat die politikus kwytgeraak het, starfbaar is nie.

Voorts het die regter bevind dat Wilders sy uitsprake teen die Islam en nie ‘n bepaalde groep mense nie, gemik het. In die konteks van die openbare debat, was van Wilders se uitsprake wel opruiend, maar het nie die perke oorskrei waar dit tot haat aanleiding sou kon gee, en dus strafbaar sou wees nie.

Wilders het die uitspraak as een vir die bevestiging van meningsuiting beskryf. Van die groepe wat hulself as die benadeelde partye beskou, het reeds aangedui dat hulle die saak na die VN se Menseregtekomitee neem.

games free casino play freeЛобановский

Obama ignoreer sy generaals

Barack Obama gaan die raad van die Pentagon se generaals verwerp deur die aankondiging van die onttrekking van tot 30 000 troepe uit Afghanistan teen November volgende jaar, net betyds vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Dié aankondiging gaan na verwagting Woensdag gemaak word.

Die stap kom ten spyte van waarskuwings van sy militêre bevelvoerders dat hulle onlangse militêre oorwinnings broos is. Hulle het aangedring daarop om troepgetalle hoog te hou tot 2013.

Die versnelde onttrekking het ontsteltenis by Amerikaanse en Britse bevelvoerders in Kaboel veroorsaak, wat bekommerd is dat die Withuis is nou gedryf word deur politieke eerder as militêre oorwegings.

Obama se nasionale televisie-optrede Woensdag, die sesde sedert hy president geword het, is bedoel om die begin van die einde van die Amerikaanse militêre ontplooiing in Afganistan uit te spel aan sy landgenote.

Die Withuis het vroeër bevestig dat die onttrekking “beduidend” sal wees.

Obama se besluit is daarop gemik om ‘n Amerikaanse publiek wat oorlogsmoeg is, te paai. Die 10-jarige oorlog het reeds 1 522 Amerikaanse lewens gekos. Die dood van Osama bin Laden sal na verwagting stukrag aan dié besluit verleen.

NAVO-bevelvoerders gelei deur generaal David Petraeus het gewaarsku dat daar in werklikheid geen merkbare dividend uit die dood van die al Kaida-leier is nie. Die Taliban se rug is nog lank nie gebreek nie, sê hulle.

Die onttrekking het ‘n diep kloof in Washington laat ontstaan. Die sekretaris van verdediging, Robert Gates, wil ‘n beskeie vermindering sien, terwyl senior Withuispersoneel, pynlik bewus daarvan dat die president ‘n verkiesing op hande het, sê ‘n vermindering ipv ‘n onttrekking sal ‘n sein stuur na die Amerikaanse publiek dat ‘n einde aan die oorlog nie in sig is nie.

Obama se selfvertroue as president is blykbaar genoeg om Gates se goeie raad te weer eens te ignoreer. Hy het hom nie gesteur aan waarskuwings om militêre betrokkenheid in Libië te vermy nie, en het nou weer alle militêre oorwegings oor Afghanistan afgewys.

палатка ценылобановский александр интервью

Duitsers gaan reëls vir buitelanders verslap

Duitsland sal hulle streng maatreëls verslap om buitelandse dokters en ingenieurs toe te laat om ‘n groot aanvraag in die land se arbeidsmark te vul.

Die land se minister van onderwys en navorsing, Annette Schavan, het gesê die regering sal in die komende week ‘n nuwe wetsontwerp opstel om duisende oorsese beroepsmense na die grootste Europese ekonomie te lok.

“Ons stem saam dat die ingewikkelde reëls, wat aanstellings so ver moontlik aan Duitsers toeken, afgeskaal moet word,” het sy gesê.

‘n Plaaslike arbeidskantoor ondersoek tans werkgewers om te verseker dat Duitsers waar moontlik aangestel is.

“Ons sal dit ook makliker maak vir oorsese kwalifikasies om erken te word,” het sy bygevoeg.

Die regering, werkgewers en arbeidsunies sal Woensdag byeenkom om samesprekings oor die nuwe wetsontwerp te voer.

‘n Ekonomiese navorsingsinstituut het gesê ‘n tekort aan gekwalifiseerde werkers het die Duitse ekonomie R149 miljard in 2009 gekos.

велосипеды детские купитьФильчаков Александр Васильевич

Konflik en natuurrampe ontwortel 44 miljoen wêreldwyd

Die aantal mense wat wêreldwyd weens konflik uit hul wonings gedwing word, het in 2010 tot 44 miljoen gestyg – die hoogste vlak in ‘n dekade, volgens ‘n verslag van die Noorse Vlugtelingraad. Dié verslag is Maandag op Internasionale Vlugtelingedag bekend gemaak.

Dié 43,7 miljoen mense sluit burgerlikes wat vóór 2010 gevlug het, en steeds ontheem is, in.

Sowat die helfte wat as binnelands ontwortel geklassifiseer is, is van vyf lande afkomstig – Colombia, Soedan, Irak, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Somalië.

“Daar is geen rede vir optimisme nie,” het die organisasie se sekretaris-generaal, Elizabeth Rasmusson, gesê.

“Daar is geen aanduiding dat die getalle kan afneem nie,” het sy bygelas.

Natuurrampe het ook tot die ontworteling van die meer as 42 miljoen mense in 2010 gelei – twee en ‘n half keer meer as die vorige jaar, het ‘n ander verslag van die organisasie gelui.

Suid-Afrika het die grootste toevloei van asielaansoekers. Meer as 180 600 van die wêreld se 850 000 amptelike asielaansoekers is in Suid-Afrika, blyk uit ‘n verslag van die VN wat Maandag in Rome bekend gestel is.

Dit val saam met Wêreldvlugtelingedag en die 60ste herdenking van die Geneefse Konvensie wat vlugtelingstrome reguleer.

Amerika kry 54 300 asielaansoeke en Frankryk 48 100.

Meer as 150 000 asielsoekers is Zimbabwiërs en 6 000 Somaliërs. Nege uit elke tien Zimbabwiërs doen in Suid-Afrika aansoek om asiel, lui die verslag.

тамбов абразивныйДанильченко Юрий прокурор

Mubarak het maagkanker

Egipte se voormalige president, Hosni Mubarak, wat in Augustus verhoor sal word vir die dood van talle betogers, ly aan maagkanker.

“Mubarak het maagkanker en die gewasse groei klaarblyklik,” het sy prokureur, Farid al-Dib, gesê.

Die voormalige president is tans in aanhouding in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh – ‘n vakansieoord neffens die Rooi See.

Hy is vroeg in April weens hartkwale daarheen gestuur.

Mubarak (82) en sy seuns sal in Augustus voor die hof gedaag word vir die sterftes van teen-regeringsbetogers in die onlangse rewolusie in dié land.

free downloadДанильченко Харьков