Israel is “vasbeslote” om ‘n flottielje, wat deur ‘n groep aktiviste gereël is om na die Gasastrook te vaar, voor te keer.
“Israel is vasbeslote om die flottielje voor te keer,” het Ron Prosor, die Israeliese ambassadeur in die VSA, gewaarsku.
“Israel het ‘n reg om homself te verdedig.”
“Daar’s niks opbouends, geen humanitêre hulp of enigiets wat te doen het met die welsyn van die Palestyne in die reël van dié flottielje nie,” het hy ná ‘n vergadering met die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gesê.
Hy het die organiseerders van die flottielje as “ekstremiste” beskryf.
‘n Groep pro-Palestynse aktiviste het ‘n flottielje gereël om die vaart van ‘n flottielje wat 13 maande gelede deur Israeliese magte gestop is, op simboliese wyse te herhaal.
