President Jacob Zuma het Sondag gesê die VN-resolusie wat NAVO voorhou om sy aanvalle in Libië te regverdig, laat nie “bewindsverandering [regime change] of die polititieke moord” van Moeammar Gaddafi toe nie.
“Die voortslepende bomaanvalle deur NAVO en sy bondgenote is ‘n bekommernis wat deur ons komitee en deur die Afrika Unie-vergadering geopper is, want die bedoeling van Resolusie 1973 was om die Libiese bevolking te beskerm en om die humanitêre poging te fasiliteer,” het Zuma gesê.
“Die bedoeling was nie om ‘n veldtog goed te keur vir ‘n regeringsverandering of politieke moord nie,” het hy in openingsgesprekke van die Afrika Unie se paneel oor Libië gesê.
