Agttien mense is in Motherwell in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld nadat hulle na bewering die polisie met klippe bestook het omdat hulle ongelukkig is oor behuising, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
Inwoners het Sondagmiddag ‘n onwettige byeenkoms gehou by ‘n stadion, het ao. Dumile Gwavu gesê.
Hulle het beweer huise waarvoor hulle gewag het, word aan mense gegee wat nie op lyste is nie.
“Die leiers (van die byeenkoms) is eenkant geroep om die probleem aan te spreek… hulle het die gemeenskap aangemoedig om inwoners uit sekere huise te verwyder.
“Ná onderhandelinge met die polisie het hulle nie gehoor gegee aan bevele nie en hulle [die leiers] en hulle volgelinge het die polisie onder klippe gesteek.”
