Obama ignoreer sy generaals

Barack Obama gaan die raad van die Pentagon se generaals verwerp deur die aankondiging van die onttrekking van tot 30 000 troepe uit Afghanistan teen November volgende jaar, net betyds vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Dié aankondiging gaan na verwagting Woensdag gemaak word.

Die stap kom ten spyte van waarskuwings van sy militêre bevelvoerders dat hulle onlangse militêre oorwinnings broos is. Hulle het aangedring daarop om troepgetalle hoog te hou tot 2013.

Die versnelde onttrekking het ontsteltenis by Amerikaanse en Britse bevelvoerders in Kaboel veroorsaak, wat bekommerd is dat die Withuis is nou gedryf word deur politieke eerder as militêre oorwegings.

Obama se nasionale televisie-optrede Woensdag, die sesde sedert hy president geword het, is bedoel om die begin van die einde van die Amerikaanse militêre ontplooiing in Afganistan uit te spel aan sy landgenote.

Die Withuis het vroeër bevestig dat die onttrekking “beduidend” sal wees.

Obama se besluit is daarop gemik om ‘n Amerikaanse publiek wat oorlogsmoeg is, te paai. Die 10-jarige oorlog het reeds 1 522 Amerikaanse lewens gekos. Die dood van Osama bin Laden sal na verwagting stukrag aan dié besluit verleen.

NAVO-bevelvoerders gelei deur generaal David Petraeus het gewaarsku dat daar in werklikheid geen merkbare dividend uit die dood van die al Kaida-leier is nie. Die Taliban se rug is nog lank nie gebreek nie, sê hulle.

Die onttrekking het ‘n diep kloof in Washington laat ontstaan. Die sekretaris van verdediging, Robert Gates, wil ‘n beskeie vermindering sien, terwyl senior Withuispersoneel, pynlik bewus daarvan dat die president ‘n verkiesing op hande het, sê ‘n vermindering ipv ‘n onttrekking sal ‘n sein stuur na die Amerikaanse publiek dat ‘n einde aan die oorlog nie in sig is nie.

Obama se selfvertroue as president is blykbaar genoeg om Gates se goeie raad te weer eens te ignoreer. Hy het hom nie gesteur aan waarskuwings om militêre betrokkenheid in Libië te vermy nie, en het nou weer alle militêre oorwegings oor Afghanistan afgewys.

палатка ценылобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae