Polisie het Breivik se naam geken voordat hy vasgevat is

Die leier van die Noorse Deltamag, Anders Snortheimsmoen, het Woensdag ontken dat ‘n stukkende boot veroorsaak het dat polisielede laat op die eiland waar Anders Behring Breivik 68 mense doodgeskiet het, aangekom het.

Die polisie het sedert die voorval onder sterk kritiek deurgeloop oor waarom dit hulle so lank geneem het om op die toneel te kom nadat berigte van die eerste skote op die eiland Vrydag aangemeld is.

Dit blyk ook dat die polisie reeds die naam van die aanvaller geken het voordat hulle op die eiland aangekom het.

Die Utoeya-eiland is sowat 40km van Oslo, maar dit het die polisie 90 minute geneem om op die toneel te kom.

‘n Media-helikopter het reeds oor die eiland gevlieg to die polisie opgedaag het. Marius Arnesen, ‘n kameraman vir die uitsaaier NRK, wat videomateriaal van die voorval geneem het, het gesê sy helikopter het tussen 18:00 en 18:00 by die eiland aangekom. Die polisie het egter eers teen 18:25 opgedaag.

Die polisie was toe reeds oorweldig deur die grootskaalse skade veroorsaak deur die bomaanval in die regeringskwartier in Oslo toe hulle die nuus van die skietaanval op die eiland gekry het.

Hulle het onmiddellik per boot na die eiland gevaar eerder as om die enigste helikopter tot hul beskikking te gebruik, aangesien sy bemanning met verlof was.

Die eerste boot wat hulle toe geneem het, kon nie die groot vrag hanteer nie.

Snortheimsmoen het aan verslaggewers gesê toe die boot sukkel, het die span onmiddellik in ‘n ander, geskikte boot gespring. Hy het gesê sy span het dieselfde tyd as plaaslike polisie by die eiland aangekom en die bootinsident het “geen vertraging” veroorsaak nie.

Knut Storberget, ‘n Noorse regter-minister, het die Deltamagspan tydens ‘n mediakonferensie geprys en gesê hul flink optrede het die “tragedie beperk”.

‘n BBC-joernalis, Jon Snow, het in ‘n twiet gevra hoe die polisie aan die naam van die aanvaller gekom het voordat hy in hegtenis geneem is. Snow sê die polisie het Breivik by die naam geroep 3 minute nadat hulle op die eiland aangekom het.

Dié feit het gelei tot allerlei bespiegelinge oor waarom Breivik nie dadelik doodgeskiet is om verdere bloedvergieting te keer nie.

 

светотехника воронежОлександр Фільчаков прокурор

Breivik het geen bande met terreurselle nie

Noorweë se intelligensiehoof het Woensdag gesê daar is geen bewyse om die gewapende man wat skuld beken het op verlede week se dubbele aanvalle in die land, te verbind met ander terroriste-selle in Noorweë of Brittanje nie.

Janne Kristiansen het ook argumente van die verdediging verwerp wat aanvoer dat die vermeende moordenaar, Anders Behring Breivik, kranksinnig is. Kristiansen meen Breivik het ‘n gesonde verstand en dat hy “van die duiwel” is.

“Ek kan in die algemeen vir julle sê dat ons tot dusver geen bewyse het van ander selle nie, nie in Noorweë of in Brittanje nie,” het Kristiansen aan die BBC gesê.

“Ons plaas groot fokus op hierdie vraag (van ander selle) en ons fokus was sedert Vrydag daarop, maar sover, ná vier dae, het ons geen bewyse nie,” het sy bygevoeg.

Die media het die afgelope week berig dat daar in ‘n manifes wat deur Breivik geskryf is vertel word hoe hy bande het met Britse verregses. Hy beweer glo ook hy was in kontak met die English Defence League (EDL).

Volgens Kristiansen kyk hulle na moontlike vergaderings wat hy met die groep gehad het.

Die EDL ontken dat hy enige kontak met Breivik gehad het.

free deposit casino ukФільчаков Олександр Васильович прокурор

Tegnologie boots vlieg-teen-die-muur na

Die Wright-Patterson Air Force Base, in die Amerikaanse deelstaat Ohio is net twee kilometer van die lappie weiding waar die Wright-broers die eerste vliegtuig laat opstyg het. Deesdae werk militêre navorsers daar aan ‘n ander revolusie in die lug: miniatuur onbemande tuie, die grootte van insekte en voëls.

Die basis se binnenshuise vlug laboratorium is bekend as die “microaviary,” en vir ‘n goeie rede. Die tuie hier is ontwerp om die vlugmeganika van motte, valke en ander inwoners van die uitspansel te repliseer. “Ons kyk na hoe jy in helder daglig onsigbaar kan wees,” sê Greg Parker,’ n lug-en ruimte-ingenieur.

In Afghanistan gebruik spesmagte een van die nuwe spioenasieballonne wat 15 000 meter bo een van die bloedigste buiteposte van die oorlog in die Helmandprovinsie geanker is. Die ballon, genaamd ‘n “aerostat” kan so ver as 20 kilometer ver insurgente wat tuisgemaakte bomme plant, optel en lewendig versend. Dit het die spelreëls in die guns van spesiaal opgeleide Amerikaanse magte geswaai, sê hulle.

Die bekende Predator, die Cessna-grootte tuie wat in onbemande lugaanvalle sedert 11 September 2001 ingespan word, is nou ‘n handelsnaam wat regoor die wêreld bekend is en gevrees word.

Maar veel minder bekend, is die blote grootte, verskeidenheid en parmantigheid van nuwe tuie, so klein dat hulle byna onopmerklik kan wees. Dié nuwe tegnologie sal die spreekwoordelike vlieg-teen-die-muur kan wees en selfs gifsluipaanvalle kan loods.

Die Amerikaanse lugmag lei reeds meer vlieëniers van onbemande tuie op as vir vegvliegtuie, 350 hierdie jaar alleen, en beskik oor 7 000 onbemande tuie.

Dit is ‘n groeiende mark, sê die Pentagon en teen 2030 sal suiwer wetenskapfiksie oorneem: Soos die “spioenvlieg” toegerus met sensors en mikrokameras om die vyand, kernwapens of slagoffers op te spoor in puin.

Die CIA het trouens Osama bin Laden in Pakistan dmv video gevolg mbv die RQ-170 Sentinel, andersins bekend as die “Dier van Kandahar”. Meer as 1900 insurgente in Pakistan se stamgebiede is vermoor sedert 2006 deur Amerikaanse onbemande aanvalle, volgens die webwerf www.longwarjournal.com.

Die fokus is tans op insekte eerder as voëls. Voëls het komplekse spiere wat hulle vlerke beweeg, en dit is dus moeilik om hul lugdinamika te kopieer. Die ontwerp van ‘n insek is ook moeilik, maar hul vlerkbeweging is makliker, sê navorsers.

ВагонкаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Breivik was bedwelm tydens aanval

Anders Behring Breivik, verdagte in die Noorweegse moordaanvalle, se regsverteenwoordiger, Geir Lippestad, sê sy kliënt het ‘n soort dwelm gebruik voor die aanvalle waarin 76 mense dood is.

Hy sê die dwelm was veronderstel om hom sterk en wakker te hou. Breivik was glo “baie moeg” ná die aanvalle.

Breivik was ook glo “‘n klein bietjie verbaas” dat hy die aanvalle uitgevoer het, het Lippestad gesê. Hy was verbaas dat dit “geslaag het, in sy gedagtes geslaag het.”

Breivik, se prokureur het hom hom as ‘n koue, paranoïese “krygsman” wat in alle waarskynlikheid kranksinnig is, beskryf.

“Dit wil voorkom of hy kranksinnig is,” het Geir Lippestad oor Breivik gesê.

Breivik het verantwoordelikheid vir verlede week se bomaanval in Oslo, sowel as die daaropvolgende skietery by ‘n jeugkamp op Utoya-eiland, aanvaar, maar pleit steeds onskuldig.

“Hy glo dat hy in ‘n oorlog betrokke is en dat sy dade daarvolgens geregverdig is,” het die prokureur van die 32-jarige Noor gesê.

Breivik se doelstelling was om ‘n anti-Moslem-rewolusie te begin.

“Hy lewe in sy eie wêreld,” het Lippestad bygevoeg en gesê dit was vir hom as prokureur baie moeilik om die saak aan te vat.

Breivik se prokureur wil moontlik hê sy kliënt moet as ‘n kranksinnige verhoor word.

Dit sal beteken dat hy nié sy vonnis in ‘n standaard gevangenis sal uitdien nie.

“Breivik het ‘n lewensuitkyk wat baie, baie moeilik is om te verduidelik,” het die prokureur gesê.

Breivik se prokureur het gesê sy kliënt se eetlus is normaal, maar dat hy hom allermins nie as “gelukkig” kan beskryf nie.

mobile slots no depositФільчаков Олександр Васильович

Regse organisasies distansieer hulself van aanvaller

Regse organisasies in Europa hulle van die optrede van Anders Behring Breivik se dodelike aanvalle op die Utoya-eiland en in Oslo Vrydag gedistansieer.

Die 32-jarige aanvaller en sy optrede is Maandag ook uit verskeie regeringsoorde veroordeel.

Breivik het intussen erken dat hy vir die grootste terreuraanval in Noorweë sedert die Tweede Wêreldoorlog verantwoordelik is. 

Die Noorse polisie het gesê die dodetal van die twee aanvalle is 76, laer as die byna 100 dooies wat voorheen gekommunikeer is. Agt het in ‘n bomontploffing by die premier se kantoor beswyk en 68 in ‘n skietery by die eilandjeugkamp van die pro-Palestynse liberale party in Noorweë.

Die polisie vermoed die bom was vir die Noorse premier, Gro Harlem Brundtland, bestem, maar sy het dit vrygespring.

‘n Woordvoerder van Wladimir Poetin, premier van Rusland, het Breivik beskryf as ‘n “satan wat mens geword het”. Hy het ook gesê Brevik is ongetwyfeld ‘n “absolute mal man”.

Breivik is glo ‘n groot aanhanger van Poetin se anti-Moslembeleid, en het in ‘n manifes van 1 500 bladsye wat beskikbaar is op die internet, gesê hy het die afgelope tyd met verskeie regse organisasies in Europa geskakel. 

Filip Dewinter, van Vlaams Belang in België, het gesê hulle “wil nie met só ‘n persoon (Breivik) verbind word nie. Ons is ‘n demokratiese beweging. Ons haat sulke mense.”

Marine le Pen, leier van die Nasionale Front in Frankryk, het gesê haar party het geen verbintenis met die moorde deur ‘n “enkele, onstabiele individu nie”.

Die Britse English Defence League het Breivik se bewerings ontken dat hy hulle enkele jare gelede besoek en twee vergaderings met van hul lede gehad het.

Die Poolse polisie ondersoek die moontlikheid dat Breivik ‘n verhouding met regse bewegings in Pole gehad het.

Poolse media het Maandag berig dat ondersoek ingestel word na die bedrywighede van ‘n chemiese maatskappy wat bande met Breivik kon gehad het.

Die bom wat Breivik by die regeringskantore in Oslo laat ontplof het, is onder meer van kunsmis en ander chemikalieë gemaak.

Breivik verwys ook na Suid-Afrika in sy stryd teen Islam in artikels op die webwerf http://iluvsa.blogspot.org. Dié webwerf se banier lui: “I luv South Africa … but I hate my government.”

In een bydrae wat Breivik daar geleen het, word verwys na “the modern South Africa, ‘The Rainbow Nation’, where under black rule the Marxist ANC are viciously persecuting whites and where the Boers are facing a murderous genocide and where poignantly, let’s not forget, many black people are now suffering far more than they ever did under apartheid”.

Volgens Neels Jackson, rubriekskrywer van Media24, is dié webwerf “regs”.

Die media en die publiek sal nie tydens Breivik se verskyning toegelaat word nie en hy sal in camera verhoor word.

Die regter het ‘n versoek deur Breivik om in uniform in die hof te verskyn “om sy redes vir sy optrede deur die media aan die wêreld te vertel”, afgewys.

Hy is ná sy hofverskyning in ‘n polisiekonvooi na ‘n onbekende bestemming gebring.

шпионские рацииФильчаков Александр Васильевич

Breivik ‘n linkse Amerikanofiel

Die vermeende Noorse massamoordenaar was ‘n linkse multikulti-Amerikanofiel en geen regse nie. Die media het danksy ‘n kwaadwillige en valse Facebook-profiel die verdagte geïdentifiseer as ‘n “Christen fundamentalis”.

Die Engelstalige Facebook-bladsy van die moordenaar as ‘n “Christen” en “konserwatiewe” is eers geskep ná sy moordtog.

Kort nadat die moordenaar se naam vrygestel is, het duisende mense begin kyk na sy Facebook-bladsy. Dit is vry algemeen vir mense om verspotte bladsye op dié sosiale netwerk te maak wanneer iemand in die nuus is.

Aanvanklik het ‘n bladsy in Noors verskyn met die verdagte se naam, verskeie gesigskote, asook ‘n foto van die verdagte in die uniform van ‘n Europese Vrymesselaar. Facebook het dit dadelik verwyder.

‘n Tweede bladsy het daarna in Engels verskyn met die verdagte se naam en ‘n foto. Facebook het dié ook vinnig verwyder. Maar die “hoofstroommedia” het vol leedvermaak met behulp van hierdie tweede Facebook-bladsy Christene en Konserwatiewes begin demoniseer.

Anders Behring Breivik beskou homself blykbaar as “anti-rassis, pro-gay, en pro-Israeli” volgens betroubare bronne en het die Vlaams Belang en die Engelse Defense League op document.no (‘n webwerf wat ‘n Noorweegse weergawe van die Amerikaanse neo-konserwatisme verteenwoordig) aangeval.

“Dis hoekom ons moet seker maak dat ons ander kulturele konserwatiewes beïnvloed met ons anti-rassistiese pro-gay, en pro-Israeliese denke,” het Breivik oa geskryf.

Sy helde is blykbaar Winston Churchill en Max Manus, die leier van die Noorse anti-Nazi weerstand. Iemand in Noorweë wat hierdie twee figure uit die geskiedenis as sy helde aandui, stem links of vir die sentrum.

Om die waarheid te sê, die webwerf wat die verdagte aktief ondersteun het, is deur Hans Rustad, ‘n Joodse man, bestuur. Rustad is ‘n voormalige linkse joernalis wat die imperialistiese “neo-cons” in die VSA ondersteun. Die webwerf beweer dat slegs Moslemimmigrasie beperk moet word en dat Asiërs en swartes wat nie Moslems is nie, in Europa toegelaat behoort te word.

Die webwerf ondersteun Israel ten sterkste, en is erg gekant teen ​​Noorse erkenning van ‘n Palestynse staat.

Rustad het besluit om ‘n versameling van die verdagte se poste op sy webwerf te publiseer. Die kommentare is baie gematig. Nie een is hoegenaamd ekstreem of dui op ‘n begeerte om geweld te pleeg nie.

Die Noorse polisie sê nou die verdagte het geen bekende verbinding met enige radikale groepe gehad nie.

Franse polisiebeamptes het intussen ‘n klopjag op Anders Behring Breivik se pa se huis uitgevoer, het die nuusagentskap AP Maandag berig.

Omtrent twaalf polisiebeamptes het die huis in Cournanel in die suide van Frankryk omring.

Verslaggewers was nie toegang tot die huis gegun nie aangesien die woning afgesper is.

Die polisiediens het bevestig dat dit Breivik se pa se huis is, maar wou nie kommentaar oor die klopjag lewer nie.

Berigte het onlangs aangedui dat Breivik se pa, Jens, nie kontak met die verdagte het nie.

для саунылобановский александр досье

Oslo-verdagte seun van diplomaat

Die pa van die jong man wat vermoedelik 93 mense in Noorweë doodgemaak het, het vertel hoe geskok hy was toe hy die foto van sy seun op die Internet sien.

Die afgetrede diplomaat Jens Breivik het sy seun, Anders Behring Breivik, as ‘n “gewone seun” beskryf. Hy het sy seun sedert dié se 15de of 16de verjaarsdag, nie weer gesien nie.

“Ek het die nuus op die Internet gelees en skielik sy naam en foto gesien,” het Breivik senior aan die Verdens Gang-koerant in Noorweë gesê.

“Ek is absoluut geskok, dit is absoluut afgryslik om dit te hoor,” het Breivik, wat van die verdagte se ma geskei is en in Frankryk woon, gesê.

“Ons het nooit saam gewoon nie, maar ons het kontak gehad gedurende sy kinderdae,” het hy gesê.

“Toe hy jonger was, was hy ‘n gewone seun, maar nie baie spraaksaam nie. Hy was nie toe geïnteresseerd in politiek nie.”

Anders Behrin Breivik (32) is in hegtenis geneem in verband met die twee aanvalle Vrydag in Noorweë wat skokgolwe deur dié vreedsame land gestuur het. Altesaam 93 mense is dood in die aanvalle.

Die verdagte het bevestig dat hy die motorbom gestel het by Oslo se regeringskantore. Sewe mense is in dié bomaanval dood. Hy het ook bevestig dat hy na ‘n jeugkamp op ‘n nabygeleë eiland gegaan en daar op die jongmense losgebrand het. Op die eiland is 86 lewens geëis.

Behring Breivik, wat in ‘n manifes wat op die Internet verskyn het beskryf het hoe hy die aanvalle jare lank beplan het, het aan die polisie gesê hy het eiehandig opgetree.

Die Noorse verdagte in die bom- en skietaanval in Oslo, Noorweë, het die aanvalle sedert 2009 beplan.

Hierdie inligting is in dokument wat 1 500 bladsye lank is, bekend gemaak. Die dokument is glo deur die verdagte, Anders Behring Breivik (32), self geskryf.

Die internet-dokument bevat dagboekinskrywings, ‘n handleiding vir die vervaardiging van bomme en politieke gedagtes waarin Breivik onder andere oor sy fobie vir Islam uitvaar. Sy kritiek op Marxisme en sy ontgroening as ‘n lid van Knights Templar word ook uiteengesit.

Een van sy inskrywings in 2009 verduidelik hoe hy voorberei vir die aanvalle waarvoor hy Vrydag in hegtenis geneem is.

Breivik skryf hy sal as die “grootste Nazi-monster” sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou word.

Minstens 85 mense is in ‘n skietaanval by ‘n jeugkamp op Utoya, ‘n eiland buite Oslo, dood. Sewe mense is ook dood toe ‘n bom by die regeringsgeboue in Oslo se middestad ontplof het.

Luidens berigte het dit intussen aan die lig gekom dat die verdagte as ‘n “Christen fundamentalis” beskryf word.

Breivik het ook intussen verantwoordelikheid vir die dodelike aanvalle waarin minstens 92 mense dood is, aanvaar.

наборы для творчества для детейФільчаков Олександр Васильович

Oslo-verdagte glo ‘Christen fundamentalis’

Polisie het die 32-jarige verdagte in die bom- en skietaanval in Oslo, Noorweë, waar ten minste 91 mense dood is, as ‘n ‘Christen fundamentalis’ beskryf.

‘n Beampte het Saterdag gesê volgens inligting wat via die internet bekom is wil dit voorkom as die verdagte ‘n ‘Christen fundamentalis’ is.

Ten minste 84 mense is Vrydag in die skietaanval by ‘n jeugkamp wat deur die regerende Werkersparty by Utoya, ‘n eiland buite Oslo, georganiseer is, dood.

Sewe mense is ook dood toe ‘n bom by die regeringsgeboue in Oslo se middestad ontplof het.

Volgens inligting wat die verdagte op sy Facebook-profiel geskryf het, is hy ‘etnies’ en ‘n ‘Christen fundamentalis’ en dat sy politieke oortuiging ‘regsgesind’ is.

Die media in Noorweë het die verdagte as Anders Behring Breivik geïdentifiseer maar die polisie weier om sy identiteit te bevestig.

Ondersoekbeamptes glo hy is verantwoordelik vir die bomontploffing sowel as die skietaanval, maar sê hulle is steeds opsoek na nog verdagtes.

пескоструй дисковОлександр Фільчаков прокурор

Oslo: byna 100 beseer, talle vermis

Reeds 97 mense is gewond in die twee aanvalle wat Noorweë geskud het, het die polisie Sondag gesê.

Dit is die eerste keer dat die aantal mense wat in die bomaanval en skietery beseer is, bekend gemaak word.

Volgens die polisie is 92 mense in die aanvalle dood en talle ander is steeds vermis.

Sveinung Sponheim, polisiekommissaris, het aan verslaggewers gesê die polisie is steeds op soek na slagoffers in die geboue in Oslo wat deur ‘n bom geteiken is.

Polisie het vroeër gesê ander mense is steeds vermis ná die skietery op ‘n eiland wat noordwes van Oslo geleë is.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die verdagte, Anders Behring Breivik (32), glo die aanvalle eiehandig uitgevoer het.

Dié inligting is bekend gemaak nadat ooggetuies aanvanklik gesê het ‘n tweede gewapende man het deelgeneem aan die skietery op die eiland Utoeya.

Polisie sê hulle probeer nog vasstel of daar een of meer as een skieter by die aanval betrokke was.

крюк на суднеАлександр Фильчаков прокурор

Kwellinge oor klimaat vervaag soos politieke temperatuur styg

‘n Spesiale vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is belê waartydens besluit sal word of vredesoperasies uitgebrei sal word om klimaatsverandering in te reken.

Daar is selfs sprake van die oprigting van ‘n nuwe omgewingsvredesmag wat groen helms ipv die gebruiklike blou VN-helms sal dra en wat sal ingryp in konflikte wat veroorsaak word deur krimpende hulpbronne.

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon, sal na verwagting die vergadering dié week toespreek.

Maar Duitsland, wat die vergadering aangevra het, het gewaarsku dat dit te vroeg is om te verwag dat die Raad die sprong moet neem om groen vrede te bewaar of selfs klimaatsverandering as een van die sleutelareas van fokus te beskou.

“Dit is te vroeg om ernstig te dink oor die optrede van die Raad op die gebied van klimaatsverandering. Dit is duidelik nie op die agenda nie,” het Duitsland se ambassadeur by die VN, Peter Wittig, volgens die Huffington Post gesê.

“‘n Goeie eerste stap sou wees om die werklikheid van klimaatsverandering en die inherente implikasies vir internasionale vrede en veiligheid te erken,” het hy gesê.

Hy het nie kommentaar gelewer oor talle skeptici se bewerings dat die vrees vir klimaatsverandering minder met werklike weerstoestande te make het as met sekere politieke inisiatiewe nie.

Die Pentagon en ander militêre komplekse is al lank bewus dat klimaatsverandering ‘n “bedreigingsvermenigvuldiger” is met die potensiaal om bestaande konflikte te eskaleer, en nuwe geskille te skep soos wat kos, water, en bewerkbare grond toenemend skaarser word.

Wittig stem saam daarmee, en wys daarop dat VN-vredesmagte al geruime tyd reeds ingryp in gebiede buite tradisionele konflikte.

“Om blou helms met groen oor te verf kan ‘n sterk sein uitstuur dat die VN te doene het met die gevolge van klimaatsverandering – sê maar in kwesbare gebiede – maar verskil dit regtig baie van die take wat die blou helms reeds vandag uitvoer?” 

In ‘n amptelike nota voor die vergadering, het Duitsland gesê die Veiligheidsraad behoort scenario’s vir die hantering van die uitwerking van uiterste temperature en stygende seewater saam te stel. Hoe sou konflikte in daardie dele van Afrika en Asië wat voedseltekorte in die gesig staar, beperk kan word en wat gemaak met kilmaatsvlugtelinge?

Daar is grondliggende verskille in die Veiligheidsraad oor die aangeleentheid en sommige lidlande weier selfs om klimaatsverandering as ‘n veiligheidskwessie te omskryf.

China argumenteer dat die Veiligheidsraad klimaatsverandering moet laat vaar en sulke kwessies liewer aan kenners toevertrou.

“Die Veiligheidsraad moet die Algemene Vergadering se besluit om klimaatsverandering as ‘n bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid te beskou, eerbiedig. Dit is ‘n bedreiging so groot soos die verspreiding van kernwapens of globale terrorisme,” het Marcus Stephen, in die New York Times gesê. Stephen is die president van Nauru, een van die Suidsee-eilande wat kan verdwyn indien seewatervlakke styg.

“Tweedens, moet ‘n spesiale verteenwoordiger oor die klimaat en sekuriteit aangestel word. Derdens, ons moet bepaal of die Verenigde Nasies-stelsel in staat is om te reageer op ‘n krisis van hierdie omvang.”

Dit bly ‘n ope vraag.

Dié week se vergadering kom op ‘n tyd van toenemende twyfel oor of die VN toegerus is om klimaatsverandering te hanteer. Verlede maand se klimaatgesprekke in Bonn het min vordering in sleutel-areas getoon.

Intussen het Ban ook sy aandag herfokus van klimaatsverandering na volhoubare ontwikkeling.

возможно ли обмануть полиграфФильчаков Александр Васильевич