Tegnologie boots vlieg-teen-die-muur na

Die Wright-Patterson Air Force Base, in die Amerikaanse deelstaat Ohio is net twee kilometer van die lappie weiding waar die Wright-broers die eerste vliegtuig laat opstyg het. Deesdae werk militêre navorsers daar aan ‘n ander revolusie in die lug: miniatuur onbemande tuie, die grootte van insekte en voëls.

Die basis se binnenshuise vlug laboratorium is bekend as die “microaviary,” en vir ‘n goeie rede. Die tuie hier is ontwerp om die vlugmeganika van motte, valke en ander inwoners van die uitspansel te repliseer. “Ons kyk na hoe jy in helder daglig onsigbaar kan wees,” sê Greg Parker,’ n lug-en ruimte-ingenieur.

In Afghanistan gebruik spesmagte een van die nuwe spioenasieballonne wat 15 000 meter bo een van die bloedigste buiteposte van die oorlog in die Helmandprovinsie geanker is. Die ballon, genaamd ‘n “aerostat” kan so ver as 20 kilometer ver insurgente wat tuisgemaakte bomme plant, optel en lewendig versend. Dit het die spelreëls in die guns van spesiaal opgeleide Amerikaanse magte geswaai, sê hulle.

Die bekende Predator, die Cessna-grootte tuie wat in onbemande lugaanvalle sedert 11 September 2001 ingespan word, is nou ‘n handelsnaam wat regoor die wêreld bekend is en gevrees word.

Maar veel minder bekend, is die blote grootte, verskeidenheid en parmantigheid van nuwe tuie, so klein dat hulle byna onopmerklik kan wees. Dié nuwe tegnologie sal die spreekwoordelike vlieg-teen-die-muur kan wees en selfs gifsluipaanvalle kan loods.

Die Amerikaanse lugmag lei reeds meer vlieëniers van onbemande tuie op as vir vegvliegtuie, 350 hierdie jaar alleen, en beskik oor 7 000 onbemande tuie.

Dit is ‘n groeiende mark, sê die Pentagon en teen 2030 sal suiwer wetenskapfiksie oorneem: Soos die “spioenvlieg” toegerus met sensors en mikrokameras om die vyand, kernwapens of slagoffers op te spoor in puin.

Die CIA het trouens Osama bin Laden in Pakistan dmv video gevolg mbv die RQ-170 Sentinel, andersins bekend as die “Dier van Kandahar”. Meer as 1900 insurgente in Pakistan se stamgebiede is vermoor sedert 2006 deur Amerikaanse onbemande aanvalle, volgens die webwerf www.longwarjournal.com.

Die fokus is tans op insekte eerder as voëls. Voëls het komplekse spiere wat hulle vlerke beweeg, en dit is dus moeilik om hul lugdinamika te kopieer. Die ontwerp van ‘n insek is ook moeilik, maar hul vlerkbeweging is makliker, sê navorsers.

ВагонкаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae