Oslo-verdagte seun van diplomaat

Die pa van die jong man wat vermoedelik 93 mense in Noorweë doodgemaak het, het vertel hoe geskok hy was toe hy die foto van sy seun op die Internet sien.

Die afgetrede diplomaat Jens Breivik het sy seun, Anders Behring Breivik, as ‘n “gewone seun” beskryf. Hy het sy seun sedert dié se 15de of 16de verjaarsdag, nie weer gesien nie.

“Ek het die nuus op die Internet gelees en skielik sy naam en foto gesien,” het Breivik senior aan die Verdens Gang-koerant in Noorweë gesê.

“Ek is absoluut geskok, dit is absoluut afgryslik om dit te hoor,” het Breivik, wat van die verdagte se ma geskei is en in Frankryk woon, gesê.

“Ons het nooit saam gewoon nie, maar ons het kontak gehad gedurende sy kinderdae,” het hy gesê.

“Toe hy jonger was, was hy ‘n gewone seun, maar nie baie spraaksaam nie. Hy was nie toe geïnteresseerd in politiek nie.”

Anders Behrin Breivik (32) is in hegtenis geneem in verband met die twee aanvalle Vrydag in Noorweë wat skokgolwe deur dié vreedsame land gestuur het. Altesaam 93 mense is dood in die aanvalle.

Die verdagte het bevestig dat hy die motorbom gestel het by Oslo se regeringskantore. Sewe mense is in dié bomaanval dood. Hy het ook bevestig dat hy na ‘n jeugkamp op ‘n nabygeleë eiland gegaan en daar op die jongmense losgebrand het. Op die eiland is 86 lewens geëis.

Behring Breivik, wat in ‘n manifes wat op die Internet verskyn het beskryf het hoe hy die aanvalle jare lank beplan het, het aan die polisie gesê hy het eiehandig opgetree.

Die Noorse verdagte in die bom- en skietaanval in Oslo, Noorweë, het die aanvalle sedert 2009 beplan.

Hierdie inligting is in dokument wat 1 500 bladsye lank is, bekend gemaak. Die dokument is glo deur die verdagte, Anders Behring Breivik (32), self geskryf.

Die internet-dokument bevat dagboekinskrywings, ‘n handleiding vir die vervaardiging van bomme en politieke gedagtes waarin Breivik onder andere oor sy fobie vir Islam uitvaar. Sy kritiek op Marxisme en sy ontgroening as ‘n lid van Knights Templar word ook uiteengesit.

Een van sy inskrywings in 2009 verduidelik hoe hy voorberei vir die aanvalle waarvoor hy Vrydag in hegtenis geneem is.

Breivik skryf hy sal as die “grootste Nazi-monster” sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou word.

Minstens 85 mense is in ‘n skietaanval by ‘n jeugkamp op Utoya, ‘n eiland buite Oslo, dood. Sewe mense is ook dood toe ‘n bom by die regeringsgeboue in Oslo se middestad ontplof het.

Luidens berigte het dit intussen aan die lig gekom dat die verdagte as ‘n “Christen fundamentalis” beskryf word.

Breivik het ook intussen verantwoordelikheid vir die dodelike aanvalle waarin minstens 92 mense dood is, aanvaar.

наборы для творчества для детейФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae