Die Engelstalige Facebook-bladsy van die moordenaar as ‘n “Christen” en “konserwatiewe” is eers geskep ná sy moordtog.
Kort nadat die moordenaar se naam vrygestel is, het duisende mense begin kyk na sy Facebook-bladsy. Dit is vry algemeen vir mense om verspotte bladsye op dié sosiale netwerk te maak wanneer iemand in die nuus is.
Aanvanklik het ‘n bladsy in Noors verskyn met die verdagte se naam, verskeie gesigskote, asook ‘n foto van die verdagte in die uniform van ‘n Europese Vrymesselaar. Facebook het dit dadelik verwyder.
‘n Tweede bladsy het daarna in Engels verskyn met die verdagte se naam en ‘n foto. Facebook het dié ook vinnig verwyder. Maar die “hoofstroommedia” het vol leedvermaak met behulp van hierdie tweede Facebook-bladsy Christene en Konserwatiewes begin demoniseer.
Anders Behring Breivik beskou homself blykbaar as “anti-rassis, pro-gay, en pro-Israeli” volgens betroubare bronne en het die Vlaams Belang en die Engelse Defense League op document.no (‘n webwerf wat ‘n Noorweegse weergawe van die Amerikaanse neo-konserwatisme verteenwoordig) aangeval.
“Dis hoekom ons moet seker maak dat ons ander kulturele konserwatiewes beïnvloed met ons anti-rassistiese pro-gay, en pro-Israeliese denke,” het Breivik oa geskryf.
Sy helde is blykbaar Winston Churchill en Max Manus, die leier van die Noorse anti-Nazi weerstand. Iemand in Noorweë wat hierdie twee figure uit die geskiedenis as sy helde aandui, stem links of vir die sentrum.
Om die waarheid te sê, die webwerf wat die verdagte aktief ondersteun het, is deur Hans Rustad, ‘n Joodse man, bestuur. Rustad is ‘n voormalige linkse joernalis wat die imperialistiese “neo-cons” in die VSA ondersteun. Die webwerf beweer dat slegs Moslemimmigrasie beperk moet word en dat Asiërs en swartes wat nie Moslems is nie, in Europa toegelaat behoort te word.
Die webwerf ondersteun Israel ten sterkste, en is erg gekant teen Noorse erkenning van ‘n Palestynse staat.
Rustad het besluit om ‘n versameling van die verdagte se poste op sy webwerf te publiseer. Die kommentare is baie gematig. Nie een is hoegenaamd ekstreem of dui op ‘n begeerte om geweld te pleeg nie.
Die Noorse polisie sê nou die verdagte het geen bekende verbinding met enige radikale groepe gehad nie.
Omtrent twaalf polisiebeamptes het die huis in Cournanel in die suide van Frankryk omring.
Verslaggewers was nie toegang tot die huis gegun nie aangesien die woning afgesper is.
Die polisiediens het bevestig dat dit Breivik se pa se huis is, maar wou nie kommentaar oor die klopjag lewer nie.
Berigte het onlangs aangedui dat Breivik se pa, Jens, nie kontak met die verdagte het nie.
