Manyi, wat die hoof van die regering se kommunikasiediens (GCIS) is, het gesê: “Hierdie regering is ten gunste van ‘n vrye media. Dit is ‘n grondwetlike vereiste. Maar die media moet sy vryheid verstaan. Dit moet vry wees van ander belange.”
Die media kan nie ‘n “ander belanghebbers” dien nie en as dit so wil maak, het die regering ‘n groot genoeg meerderheid om die wet op die beskerming van inligting goed te keur sonder om deur opposisiepartye verhinder te word, het Manyi gesê.
Hy het gesê hy is bemoedig deur die “energieke debat” rondom die voorgestelde wetgewing.
Op ‘n vraag of hy dink daar is enige media wat vry van beïnvloeding is, het hy gesê: “Dit is vir jou om daardie besluit te maak. Ons wil nie dit doen nie.”
Hy het gesê die regering sal graag ‘n meer diverse media wil sien.
