praag.co.za

Stakers val bejaarde aan

Written by

in

Sowat 20 stakers het verlede Donderdag ‘n 71-jarige man in Albatrossweg, Kemptonpark aangeval .

Die man, wat anoniem wou bly omdat hy bang was hy kan geviktimiseer word, het gesê hy en ‘n vriend was op pad om ‘n stoel wat op die agterkant van die bakkie vasgemaak was,  te gaan aflewer.

“Toe ons aankom by die kruising is ons deur honderde stakers omring en ongeveer 20 het die motor aangeval met stokke, klippe en sambokke. Hulle het op ons gevloek en geskree ‘blerrie boer, blerrie boer’, ” sê die man.

Ontsteld, kwaad en teleurgesteld, het hy gevra wat hy gedoen het aan hierdie stakers om sulke behandeling van hulle te ontvang.

Sy motor is ingeduik en gekrap. Gelukkig is niemand beseer is.

“Ek gee nie om as hulle staak nie. Hulle kan staak en dans, maar hoekom moet hulle alles beskadig waar hulle ook al gaan?”

Die man het gesê daar was geen polisieteenwoordigheid by dié groep stakers nie, terwyl en metro-polisiebeamptes besig was om mense vir spoedoortredings sowat 100m van waar hy aangeval is, aan te keer.

“Ek glo baie meer mense is aangeval deur stakers en stel nie eens die polisie of media in kennis daarvan nie.”

Hy het gesê vakbonde moet betaal vir al die skade wat stakers veroorsaak.

online casino noФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply