‘n Beampte het Saterdag gesê volgens inligting wat via die internet bekom is wil dit voorkom as die verdagte ‘n ‘Christen fundamentalis’ is.
Ten minste 84 mense is Vrydag in die skietaanval by ‘n jeugkamp wat deur die regerende Werkersparty by Utoya, ‘n eiland buite Oslo, georganiseer is, dood.
Sewe mense is ook dood toe ‘n bom by die regeringsgeboue in Oslo se middestad ontplof het.
Volgens inligting wat die verdagte op sy Facebook-profiel geskryf het, is hy ‘etnies’ en ‘n ‘Christen fundamentalis’ en dat sy politieke oortuiging ‘regsgesind’ is.
Die media in Noorweë het die verdagte as Anders Behring Breivik geïdentifiseer maar die polisie weier om sy identiteit te bevestig.
Ondersoekbeamptes glo hy is verantwoordelik vir die bomontploffing sowel as die skietaanval, maar sê hulle is steeds opsoek na nog verdagtes.
