Manyi gaan dalk myne takel as DG

Die ANC-regering se kabinetswoordvoerder en hoof van die regeringskommunikasiediens (GCIS), Jimmy Manyi, is ‘n gunsteling vir die pos van direkteur-generaal (DG) van minerale hulpbronne.

Die aanstelling van ‘n DG word deur die president gedoen.

Dié pos word as een van die sleutelposte beskou omdat dit ten nouste verweef is met met die debat oor nasionalisering van myne wat op die oomblik binne die ANC woed.

Manyi het aan die Volksblad gesê hy is ‘n geskikte kandidaat vanweë sy agtergrond en ook omdat nie één direksie van ‘n mynmaatskappy hom sal kan probeer bluf nie.

Manyi het ‘n kwalifikasie in ekonomiese geologie aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en was in diens van Anglo American se goudafdeling, voordat hy as DG van arbeid aangestel is.

Hy het aanvanklik as geoloog by ‘n goudmyn in Welkom gewerk, en daarna in Anglo se hoofkantoor.

Nadat Susan Shabangu, tans minister van minerale hulpbronne, verklaar het dat nasionalisering nie in haar leeftyd plaasvind nie, het haar posisie in die party verswak.

Sy sal bes moontlik deur Godfrey Oliphant, haar adjunkminister, opgevolg word. Oliphant is ‘n Noord-Kaapse ANC-LP.

 

 

купить тамбов стенды развал-схождения hunterФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae