Rassegeweld wat nooit erken word nie

Die sogenaamde “flash mobs” of kitsbendes het die maklike storie van wat rassisme is, op sy kop gedraai. Politici, die media, akademici, en die juridiese gemeenskap het nie die kapasiteit om die probleem die hoof te bied nie, skryf ‘n rubriekskrywer op die webblad van American Thinker, getiteld The Racial Violence that Dare Not Speak Its Name.

John T. Bennett sê in sy stuk sê die huidige dogma van wit rassisme is te diep gewortel. Daar is ‘n griefbedryf rondom die veroordeling van wit rassisme en onverdraagsaamheid, werklik of denkbeeldig, gebou. Inderdaad, die welsynstaat self is grootliks gebaseer op die aanname dat blankes meer behoort te gee om rasse-gelykheid te bevorder.

President Obama, sê Bennett kla gereeld dat die burgerregte-beweging nie fokus op die ekonomiese herverdeling van rykdom nie.

Maar, sê Bennett,  die politiek korrekte status quo sal nie erken dat die ergste vorm van rassisme vandag die swart gepeupel se geweld teenoor blankes is nie.

Lees hier.

Фильчаков прокурор харькова

Iran help Libiese rebelle stilletjies

Iran het “strategiese” humanitêre hulp aan Libiese rebelle voorsien voor die val van Tripoli, het  die Jam-e-Jam koerant berig. Dié koerant het Iran se minister van buitelandse sake Ali Akbar Salehi Sondag aangehaal.

“Ons was in kontak met baie van die rebellegroepe in Libië voor die val van [Moeammar] Gaddafi, en het drie of vier strategiese kos en mediese besendings na Benghazi gestuur,” het Salehi aan die koerant gesê.

“Die hoof van die Nasionale Oorgangsraad (NTC), Moestafa Abdel Jalil, het ‘n brief van dank aan president Mahmoud Ahmadinejad gestuur omdat hy [die president van Iran] aan hulle kant is en help,” het hy bygevoeg.

Sedert die Libiese opstand uitgebreek het in die middel van Februarie, het Iran ‘n tweeledige benadering: Kritiek op die Gaddafi-regime vir die gewelddadige aanvalle op die rebelle, terwyl hulle terselfdertyd NAVO se militêre ingryping veroordeel.

Dinsdag het Iran “die Moslem mense van Libië gelukgewens” nadat rebelle die hoofstad, Tripoli, oorrompel het, maar het hulleself tot dusver gedistansieer van amptelike erkenning van die NTC.

Олександр Фільчаков прокурор

Libiese rebelle maak swartes voor die voet dood

Die voorsitter van die Afrika-Unie sê Libiese rebellemagte maak voor die voet swartes dood omdat die rebelle geen onderskeid tref tussen trekarbeiders en huursoldate nie.

Volgens Jean Ping, voorsitter, is dit die rede waarom die AU weier om die rebelle se Nasionale Oorgangsraad (NTC) as die tussentydse regering te aanvaar.

“Ons het duidelikheid aangaande die saak nodig.

“Dit wil voorkom asof die NTC swartmense met huursoldate verwar.

“Hulle maak onskuldige werkers dood,” het Ping gesê.

Ná ‘n week se hewige gevegte met magte wat getrou bly aan Moeammer Gaddafi, het die NTC die hoofstad van Libië oorgeneem.

Ping het gesê daar is geen twyfel daaraan dat die NTC die hoofstad beheer nie en het ‘n beroep op beide groepe gedoen om hul wapens neer te lê.

лобановский александр досье

Libiese terroris nie deur rebelle uitgelewer nie

Die Libiese Nasionale Oorgangsraad sal nie die man uitlewer wat skuldig bevind is aan die Lockerbie-lugramp in 1988 nie.

Amerikaanse senators het die leiers van die rebelle – wat wyd as Libië se oorgangsregering erken word – gevra om Abdel Baset al-Megrahi uit te lewer. Hy is die enigste verdagte wat skuldig bevind is aan die ontploffing van die Pan Am-vlug 103 oor Lockerbie in Skotland.

Twee-honderd-en-70 mense, meestal Amerikaners, is in die ongeluk dood. Die Libiese aangewese minister van Justisie, Mohammed al-Alagi sê die versoek van die senatore het geen betekenis nie, aangesien al-Megrahi reeds skuldig bevind en gevonnis is.

Die Skotse regering het hom in 2009 vrygelaat, omdat hulle van mening was dat hy sterwend was aan kanker. Al-Megrahi het na Libië teruggekeer waar hy ‘n heldeontvangs gekry en sedertdien in ‘n gesogte woonbuurt in Tripoli gewoon het.

Volgens berigte is hy met die beleg van Tripoli deur veiligheidswagte weggeneem na ‘n onbekende bestemming.

прокурор Фильчаков

SA, VSA kom ooreen om rebellefondse vry te stel

Die VN se Veiligheidsraad het Donderdag ‘n ooreenkoms bereik om $1,5 miljard se gevriesde Libiese bates as noodfondse aan die rebellemagte in dié land beskikbaar te stel, nadat Amerika en Suid-Afrika ‘n dispuut oor die geld bygelê het.

Die uiteindelike skikking beteken Amerika sal nie vra dat daar binne die Veiligheidsraad gestem word om die fondse vry te stel nie.

“Daar is nou eenstemmigheid, daar sal nie gestem word nie,” het ‘n diplomaat na aan die samesprekinge aan AFP gesê.

Suid-Afrika het dié skuif deur die VN meer as twee weke lank geblokkeer omdat die beskikbaarstelling van fondse aan die rebellebeweging sal impliseer dat die Nasionale Oorgangsraad (NOR) in Libië herken word.

Nie Suid-Afrika of die Afrika-Unie het al amptelik die Libiese rebelle-opposisie, wat reeds groot dele van Tripoli beset, amptelik erken nie.

лобановский александр игоревич

SA keer dat rebelle Libiese bates vat

Suid-Afrika het pogings deur Amerika by die Verenigde Nasies gekeer, om een en ‘n half miljard dollar in Libiese bates aan die rebelle in dié land beskikbaar te stel.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur by die VN, Baso Sangqu sê om Libië se rebelle te befonds sal impliseer dat hulle erkenning geniet, en die Afrika-Unie het nog nie daaroor besluit nie.

Suid-Afrika is die enigste land op die VN se sanksies-komitee vir Libië wat teen die stap gekant is. Indien Amerika nié ‘n eenparige stemming in dié komitee bekom nie, kan hy die kwessie na die Veiligheidsraad verwys.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake, Mark Toner sê die geld word dringend benodig. Intussen het gevegte gister steeds in Tripoli in Libië voorgeduur terwyl vegters lojaal aan Moeammar Gaddafi teruggeveg het, ‘n dag nadat sy vesting in die hoofstad oorgeneem is.

Die rebelle het vroeër ‘n losprys van bykans 12 miljoen rand uitgeloof vir Ghaddafi se inhegtenisneming, lewend of dood. Die Amerikaanse regering sê Libië se wapens van massa vernietiging is beveilig en hy is vol vertroue dat die Libiese oorgangsraad regeringstrukture sal kan vestig.

дренажный насос дляФильчаков прокурор

Swart leier in Chinese klip verewig

‘n Klipstandbeeld, wat deel vorm van die middelpunt van ‘n $120 miljoen gedenkplaas vir Marin Luther King jnr., is Maandag by die National Mall in Washington vir die publek oopgestel. Dit is die enigste op die Mall wat nie eer aan ‘n president of gevalle soldate bring nie.

In die skaduwee van die Washington Monument, doem die beeld van King op soos van ‘n berg van Chinese graniet met sy arms oor sy bors gevou: Die Klip van Hoop.

Daar is egter ongelukigheid oor die keuse van Lei Yixin, ‘n 57-jaar-oue meester beeldhouer van Changsha in die Hunan-provinsie van China, wat die werk geskep het. Kritici het openlik gevra waarom ‘n swart, of dan ten minste ‘n Amerikaanse, kunstenaar nie gekies is nie en sommiges het selfs opgemerk dat Dr King effens Asiaties voorkom, al sou hy met die kenmerkende dik lippe uitgebeeld word.

Mnr Lei, wat in die verlede twee standbeelde van Mao Tse-tung gekerf het, die een wat staan in die voormalige tuin van Mao Anqing, die Chinese leier se seun, het byna al die werk in Changsha gedoen.

Meer as 150 granietblokke, wat sowat 1600 ton weeg, is toe van Xiamen na die hawe van Baltimore verskeep, en weer deur ‘n span van 100 werkers, met inbegrip van tien Chinese klipmesselaars, spesifiek uitgesoek vir die projek, aanmekaargesit.

Dr King se seun, Martin Luther King III, het die uitkontraktering verdedig.

“Ek het seker al 50 beelde van my pa gesien, en ek sou sê 47 van hulle is nie goeie afbeeldings nie,” het hy gesê. “Hierdie spesifieke kunstenaar: Hy het ‘n goeie werk gedoen.”.

Maar, Ed Dwight, ‘n beeldhouer in Denver, sê Dr King sal “in sy graf draai” indien hy geweet het sy beeld is deur iemand wat onder ‘n kommunistiese regime staan, geskep.

Lei het ook ‘n brons borsbeeld van Barack Obama gemaak wat hy van voorneme is om aan die president te oorhandig as geskenk.

Die nuwe gedenkteken is langs die Lincoln Memorial, waar King sy “I have a dream”-toespraak in 1963 gelewer het. Dit is as ‘n keerpunt in die Amerikaanse Burgerregtebeweging gesien. Enoch Powell, die Britse premier, het kort ná King se toespraak sy geskiedkundige “Rivers of Blood”-toespraak gehou om Britte teen die gevare van immigrasie te waarsku.

Die nuwe standbeeld is hoër as die beelde in die Lincoln en Jefferson gedenktekens.

 

latest bridal jewelleryтопкарго отзыв

Gaddafi is soek

Gesoek: Kol. Moeammar Gaddafi, alias “Broeder Leier”, alias “Gids tot die Revolusie”.

Die Libiese diktator was Maandag soek terwyl klein groepies van sy soldate ‘n laaste, nuttelose poging aangewend het om beheer oor die hoofstad te behou.

Die rebellemagte het die grootste dele van Tripoli met ‘n knyptangbeweging oorgeneem wat sowat 48 uur tevore van stapel gestuur is. Dit is gekoördineer om saam te val met wye oproer op straat.

Maandag was Gaddafi (69) se laaste tenks en skerpskutters net in beheer van klein dele van die stad, insluitend sy Bab al-Azizi­ya-hoofkwartier en die hawe.

Inwoners wat laat Sondag op straat hul blydskap oor die einde van sy diktatorskap te kenne gegee het, het binne gebly terwyl geweervuur en ontploffende mortierbomme gehoor kon word.

“Daar is oral geweervuur. Daar is baie martelaars,” het ‘n rebelle-offisier genaamd Abdulrahman met verwysing na die laaste soldate in die hoofstad gesê.

Die Libiese staatstelevisiekanaal is sedert gistermiddag van die lug af en die rebelle sê dat hulle in beheer van die seintoestelle is.

Die rebelle is gister deur talle lande in die wêreld as nuwe leiers van dié olieryke Noord-Afrika-land erken.

By talle Libiese ambassades in die buiteland, ook Pretoria, is die Libiese vlag gestryk en vervang deur die rebelle se vlag – dieselfde vlag wat Gaddafi op 1 September 1969 met sý groen vlag vervang het toe hy koning Idris met ‘n bloedlose staatsgreep uit die kussings gelig het.

Die Weste, onder andere pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk en pres. Barack Obama van die VSA, het Gaddafi aangemoedig om te aanvaar dat sy 42 jaar van absolute mag verby is en om die bloedvergieting ná ses maande van burgeroorlog tot ‘n einde te bring.

Ná ‘n uitdagende radio-uitsending Sondag waarin hy inwoners aangemoedig het om te veg teen die “rebelse rotte”, is niks verder van Gaddafi gehoor nie.

Talle amptenare sê hulle weet nie waar hy hom tans bevind nie.

Daar was Maandagaand sprake dat hy ‘n heenkome in Angola of Zimbabwe sou vind.

Sy premier, Al Baghdadi Ali al-Mahmoudi, het gister tot in Djerba, Tunisië, gevlug.

Drie van Gaddafi se seuns is deur die rebelle gevange geneem, onder andere Saif al-Islam – wat reeds saam met sy pa deur die internasionale strafhof aangekla is van misdade teen die mensdom.

Luidens berigte het twee van sy seuns, Khamis en Mutassim, tot onlangs nog voortgeveg.

Talle waarnemers was bang dat die rebelle, wat uit talle gefragmenteerde groepe bestaan, ná ‘n magsoorname onder mekaar kan begin baklei of op vergelding kan aandring.

Die hoof van die Nasionale Oorgangsraad, Moestafa Abdel Jalil, het in Benghazi op ‘n nuuskonferensie ‘n beroep op alle Libiërs gedoen om selfbeheersing aan die dag te lê.

Hy het gevra hulle moet “nie eie reg gebruik nie”.

Hy het ook laat blyk dat ‘n nuwe regering voorkeur sal gee aan maatskappye uit lande wat die rebelle ondersteun het wanneer dit by die toeken van olieregte kom.

сайт легоОлександр Васильович Фільчаков

Vogue gegysel oor ‘slawe-oorbelle’

Vogue Italia het op 5 Augustus ‘n artikel en beeldmateriaal oor “slawe-oorbelle” gepubliseer wat groot ontsteltenis veroorsaak het.

“Juwele het nog altyd geflankeer met ronde vorms, veral met die maak van oorbelle. Die mees klassieke modelle is die slaaf- en kreoolse-style van goue hoepels,” skryf Anna Bassi.

Bassi gaan voort: “Dit is ‘n verwysing na die dekoratiewe tradisies van die vroue van kleur wat na die suidelike Verenigde State tydens die slawehandel geneem is.”

Maar binne enkele ure ná publikasie, het haar opmerkings wêreldwyd kritiek ontlok, die sterkste daarvan wat beweer dat Vogue Italia skuldig is aan ‘n “skandelike” poging om “glans” aan “slawerny” te koppel.

Vogue Italia het dadelik gereageer op die uiters gewilde petisie teen die “slawe-oorbelle” en ‘n verskoning gepubliseer: “Vogue Magazine het die advertensie onmiddellik verwyder en ons wil ‘n spesifieke verskoning aan swart vroue aanbied, omdat swart vroue glo die slaafnarratief is gebruik in die advertensie.”

такое справкаФільчаков Олександр Васильович

Gaddafi nader sy einde

Die rebelle in Libië wat Sondagaand die hoofstad, Tripoli, binnegeval het, het gesê twee seuns van Moeammar Gaddafi is in hegtenis geneem, het Al Jazeera berig.

Seif al-Islam en Mohamed is in hegtenis geneem in ‘n toeristegebied in die weste van Tripoli, het Abu Bark al-Tarbulsi, ‘n woordvoerder van die rebelle, in Tripoli aan Al Jazeera gesê.

Daar is nog geen nuus oor waar Gaddafi hom bevind nie.

Die rebelle het intussen die Groen Plein naby Gaddafi se kamp betree.

Hulle het gesê Gaddafi se magte het teruggeval en heelwat is gevange geneem.

Inwoners van Tripoli het die strate ingevaar om die rebelle te bedank en by te staan.

россия теннисДанильченко Юрий Харьков