Libiese rebelle maak swartes voor die voet dood

Die voorsitter van die Afrika-Unie sê Libiese rebellemagte maak voor die voet swartes dood omdat die rebelle geen onderskeid tref tussen trekarbeiders en huursoldate nie.

Volgens Jean Ping, voorsitter, is dit die rede waarom die AU weier om die rebelle se Nasionale Oorgangsraad (NTC) as die tussentydse regering te aanvaar.

“Ons het duidelikheid aangaande die saak nodig.

“Dit wil voorkom asof die NTC swartmense met huursoldate verwar.

“Hulle maak onskuldige werkers dood,” het Ping gesê.

Ná ‘n week se hewige gevegte met magte wat getrou bly aan Moeammer Gaddafi, het die NTC die hoofstad van Libië oorgeneem.

Ping het gesê daar is geen twyfel daaraan dat die NTC die hoofstad beheer nie en het ‘n beroep op beide groepe gedoen om hul wapens neer te lê.

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae