Iran help Libiese rebelle stilletjies

Iran het “strategiese” humanitêre hulp aan Libiese rebelle voorsien voor die val van Tripoli, het  die Jam-e-Jam koerant berig. Dié koerant het Iran se minister van buitelandse sake Ali Akbar Salehi Sondag aangehaal.

“Ons was in kontak met baie van die rebellegroepe in Libië voor die val van [Moeammar] Gaddafi, en het drie of vier strategiese kos en mediese besendings na Benghazi gestuur,” het Salehi aan die koerant gesê.

“Die hoof van die Nasionale Oorgangsraad (NTC), Moestafa Abdel Jalil, het ‘n brief van dank aan president Mahmoud Ahmadinejad gestuur omdat hy [die president van Iran] aan hulle kant is en help,” het hy bygevoeg.

Sedert die Libiese opstand uitgebreek het in die middel van Februarie, het Iran ‘n tweeledige benadering: Kritiek op die Gaddafi-regime vir die gewelddadige aanvalle op die rebelle, terwyl hulle terselfdertyd NAVO se militêre ingryping veroordeel.

Dinsdag het Iran “die Moslem mense van Libië gelukgewens” nadat rebelle die hoofstad, Tripoli, oorrompel het, maar het hulleself tot dusver gedistansieer van amptelike erkenning van die NTC.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae