Libiese terroris nie deur rebelle uitgelewer nie

Die Libiese Nasionale Oorgangsraad sal nie die man uitlewer wat skuldig bevind is aan die Lockerbie-lugramp in 1988 nie.

Amerikaanse senators het die leiers van die rebelle – wat wyd as Libië se oorgangsregering erken word – gevra om Abdel Baset al-Megrahi uit te lewer. Hy is die enigste verdagte wat skuldig bevind is aan die ontploffing van die Pan Am-vlug 103 oor Lockerbie in Skotland.

Twee-honderd-en-70 mense, meestal Amerikaners, is in die ongeluk dood. Die Libiese aangewese minister van Justisie, Mohammed al-Alagi sê die versoek van die senatore het geen betekenis nie, aangesien al-Megrahi reeds skuldig bevind en gevonnis is.

Die Skotse regering het hom in 2009 vrygelaat, omdat hulle van mening was dat hy sterwend was aan kanker. Al-Megrahi het na Libië teruggekeer waar hy ‘n heldeontvangs gekry en sedertdien in ‘n gesogte woonbuurt in Tripoli gewoon het.

Volgens berigte is hy met die beleg van Tripoli deur veiligheidswagte weggeneem na ‘n onbekende bestemming.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae