Die sogenaamde “flash mobs” of kitsbendes het die maklike storie van wat rassisme is, op sy kop gedraai. Politici, die media, akademici, en die juridiese gemeenskap het nie die kapasiteit om die probleem die hoof te bied nie, skryf ‘n rubriekskrywer op die webblad van American Thinker, getiteld The Racial Violence that Dare Not Speak Its Name.
John T. Bennett sê in sy stuk sê die huidige dogma van wit rassisme is te diep gewortel. Daar is ‘n griefbedryf rondom die veroordeling van wit rassisme en onverdraagsaamheid, werklik of denkbeeldig, gebou. Inderdaad, die welsynstaat self is grootliks gebaseer op die aanname dat blankes meer behoort te gee om rasse-gelykheid te bevorder.
President Obama, sê Bennett kla gereeld dat die burgerregte-beweging nie fokus op die ekonomiese herverdeling van rykdom nie.
Maar, sê Bennett, die politiek korrekte status quo sal nie erken dat die ergste vorm van rassisme vandag die swart gepeupel se geweld teenoor blankes is nie.
Lees hier.
