Oostenrykers slaags oor ‘seksistiese’ volkslied

Die woorde van Oostenryk se “seksistiese” volkslied moet verander word, sê linkse parlementariërs. Maar oor hierdie saak voel die sentrum presies soos die verregses, wat reeds die loopgrawe beman.

Oostenryk se volkslied is die perfekte viering van die Alpe, ‘n lied wat hulde bring aan die berge en strome, die “vetes” en “gevegte” van sy onstuimige verlede. Die melodie is glo deur Mozart gekomponeer.

Die enigste probleem, volgens ‘n groep vroulike Oostenrykse LP’s, is dat dit verskriklik seksisties is.

Vier-en-sestig jaar na die goedkeuring daarvan, het hulle voorgestel dat ‘n wetsontwerp, wat ondersteun word deur ‘n meerderheid van die LP’s, die lirieke verander om die 51,4% van Oostenrykers wat nie mans is nie, ook te erken.

Die lied se eerste vers, in 1947 geskryf deur Paula von Preradovic, lui dat Oostenryk “groot manne” opgelewer het. Die LP’s wil “en vroue” aan die einde byvoeg, en ignoreer diegene wat kla dat dit nie pas by die wysie nie.

Die derde strofe verwys na ‘n “koor van broers”. Dit, sê die beswaardes, moet verander word na ‘n “vreugdevolle koor”.

Nie almal is gelukkig nie. Carmen Gartelgruber, van die opposisie Vryheidsparty van Oostenryk, meen die idee is bespotlik. “Volgende ding wat iemand sal voorstel is dat die arend op Oostenryk se wapen ‘n grimeersakkie in plaas van ‘n sekel vashou,” het sy tydens ‘n parlementêre debat vroeër vanjaar gesê.

Stefan Petzner, ‘n LP van die regse Alliansie van die toekoms van Oostenryk (BZÖ), het tydens die Wetsontwerp se eerste lees voorgestel dat die lirieke net sowel verander kan word sodat die lied nie verwys na ‘n “land katedrale” nie, maar ‘n “land van dominatrixes”.

Petzner is geen vreemdeling as dit by omstredenheid kom nie. Die 30-jarige politikus het drie jaar gelede vir opspraak gesorg toe hy erken het dat hy die gay minnaar van die voormalige BZÖ leier, Jörg Haider, was. Haider het in 2008 in ‘n motorongeluk gesterf.

‘n Voorlopige besluit oor die lirieke word van die grondwetlike komitee in die Oostenrykse parlement op 22 November verwag. LP’s sal dan in Desember oor die veranderinge stem.

As dit slaag, sal die nuwe weergawe tydens alle amptelike geleenthede gesing word en in al die nuwe uitgawes van die skoolhandboeke verskyn.

Vroeër vanjaar het inwoners van Peru ‘n veldtog geloods om hul volkslied te verander, want dit was te “negatief”.

Фильчаков прокурор

Palestyne kry volle lidmaatskap van UNESCO

Palestina het Maandag ‘n volle lid van die VN se kulturele en opvoedkundige agentskap geword, ‘n hoogs verdelende skuif wat die Verenigde State en ander teenstanders meen hernude Midde-Oosterse vredespogings kan benadeel.

Amerikaanse wetgewers het gedreig om die sowat $80 miljoen te weerhou in jaarlikse befondsing aan UNESCO indien hulle Palestynse lidmaatskap goedkeur. Die Verenigde State dra ongeveer 22% van UNESCO se befondsing by.

Groot blydskap heers by UNESCO nadat afgevaardigdes die lidmaatskap in ‘n stemming van 107-14, met 52 wat buite stemming gebly het, aanvaar het. 

“Lank lewe Palestina!” het een afgevaardigde, in Frans, by die buitengewoon gespanne en dramatiese vergadering van UNESCO se Algemene Konferensie, geskree.

Terwyl die stemming ‘n groot simboliese betekenis dra, bly die kwessie van die grense van ‘n uiteindelike Palestynse staat, sekuriteitsprobleme en ander geskille steeds onopgelos.

Palestynse amptenare wil volle lidmaatskap van die Verenigde Nasies verkry, maar die poging is steeds onder hersiening en die VSA het gesê hulle sal dit veto tensy daar ‘n vredesooreenkoms met Israel bereik word. Die Palestyne het dus afsonderlik vir lidmaatskap by die Parys-gebaseerde UNESCO en ander VN-liggame aansoek gedoen.

Maandag se stem is beslissend. Die lidmaatskap neem formeel in aanvang wanneer Palestina UNESCO se stigtingshandves onderteken.

Die Amerikaanse ambassadeur vir UNESCO, David Killion, het gesê Maandag se stem “kompliseer” Amerikaanse pogings om die agentskap te ondersteun. Die Verenigde State het teen die maatreël gestem.

Israel se ambassadeur te UNESCO, Nimrod Barkan, het die stemming ‘n tragedie genoem.

“UNESCO handel in die wetenskap, nie wetenskapfiksie nie,” het hy gesê. “Hulle het UNESCO gedwing om standpunt oor ‘n politieke onderwerp in te neem, buite sy bevoegdheid.”

“Hulle het ‘n drastiese besnoeiing van bydraes tot die organisasie afgedwing,” het hy gesê.

Amerikaanse buitelandse minister Hillary Rodham Clinton het verlede week die beraadslaging van UNESCO as “onverklaarbaar” beskryf en gesê die bespreking van Palestynse lidmaatskap in internasionale organisasies kan nie onderhandeling met Israel vervang as ‘n vinnige roete na Palestynse onafhanklikheid nie.

Фильчаков прокурор харьков

Swart oortref wit

Afrikane beslaan tans sowat 15% van die wêreld se bevolking van sewe miljard mense uit en die getal kan teen die einde van die eeu groei tot 35%, volgens die Duitse Federale Instansie van Bevolkingsnavorsing (BiB).

Die rede vir die skerp toename is die geboortesyfer in Afrika.

Europeërs maak slegs 10% van die wêreld se bevolking uit. Dit het sedert 1950 met 50% gedaal. Volgens beramings van die Verenigde Nasies sal die persentasie van die Europeërs aanhou daal tot rondom 6,7% teen 2100.

Sowat 61% van die wêreld se bevolking woon tans in Asië maar die syfer kan daal tot 45% teen die einde van die eeu.

Amerika staan op 13% en Australië en Oseanië op 0.6% – die twee syfers sal waarskynlik konstant bly, het BiB gesê.

лобановский александр игоревич класс

Rusie breek uit onder Statebondlidlande

Volgens die Australiese media is Suid-Afrika en Indië gekant teen die aanstelling van ‘n menseregtekommissaris vir die Statebond, berig RSG. Die gasheerland, Australië, steun die plan.

Daar is egter groter onmin aan die broei onder lede van dié organisasie oor vorige menseregteskendings wat die Statebond geïgnoreer het en homoseksualiteit. President Jacob Zuma sal die beraad bywoon.

Statebondsleiers vergader van Vrydag af in Perth. Verskeie lidlande het inmenging by menseregte-aangeleenthede ander van lidlande verwerp.

Die Statebond bestaan uit 54 lande wat voorheen koloniale bande met Brittanje gehad het. 

Volgende week se Perth-beraad, wat ook deur die koningin bygewoon word, sal die verslag van die Commonwealth Eminent Persons Group (EPG), wat die toekoms van die groep uitstippel, assesseer.

Die Statebond het onlangs skerp kritiek moes verduur omdat Sri Lanka se gruweldade deur regeringstroepe teen Tamilburgerlikes gedurende die land se burgeroorlog in 2009 nie veroordeel is deur dié liggaam nie.

Die EPG is gestig na die 2009 Vergadering van Statebondshoofde ‘m ‘n “sterker, meer relevante”, Statebond uit te bou. Die lede sluit sir Malcolm Rifkind, die voormalige minister van buitelandse sake in.

Die verslag bevat 106 aanbevelings wat daarop gemik is om aan die groep ‘n meer aktiewe rol in die monitering van menseregte in lande te gee.

Sri Lanka het te kenne gegee dat hulle die plan sal verwerp, en gewaarsku daarteen dat die Statebond ‘n “bestraffende rol” inneem.

Die verslag sê ook dat van lede verwag word om wette wat homoseksualiteit verbied, te herroep.

Daar is steeds 42 lidlande wat homoseksualiteit verbied. Die Statebond werk op die basis van konsensus, wat beteken dat ‘n enkele land die publikasie van die verslag kan blokkeer.

Hugh Segal, die Kanadese lid van die EPG, het die Karibbiese lede daarvan beskuldig dat hulle die verslag onderdruk, ‘n besluit wat hy gesê het “onverklaarbaar” is.

Лобановский Харьков

Motlanthe besoek Dene

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe het begin met ‘n handelsbesoek aan Denemarke waar hy hoop om regstreekse buitelandse beleggings te lok.

Denemarke is ‘n netto-uitvoerder van voedsel en maak staat op ingevoerde grondstowwe vir die vervaardigingsektor.

Die land is ook ‘n moderne mark-ekonomie en as lid van die Europese Unie is hy ook grootliks afhanklik van buitelandse handel.

Die Dene is voorlopers in farmaseutiese produkte, skeepvaart en hernubare energie. Motlanthe sê dit is die kundigheid wat Suid-Afrika hoop om te bekom.

данильченко юрій броніславович компромат

Gaddafi waarskynlik doodgefolter

Die leier van Libië se Nasionale Oorgangsraad (NOR) het te midde van groot druk deur die VSA en ander moondhede gelas dat ‘n ondersoek gedoen moet word na Moeammar Gaddafi se dood.

Die NOR het ‘n komitee geskep om Gaddafi se dood verlede Donderdag te ondersoek omdat daar nog geen duidelikheid is oor presies hoe hy dood is nie, het Moestafa Abdoel-Jalil tydens ‘n mediakonferensie in Benghazi gesê.

Gaddafi het nog gelewe toe hy deur die rewolusionêre NOR-rebelle gevange geneem is, maar latere video’s het getoon hoe NOR-rebelle oor sy lyk staan.

‘n Amateurvideo deur rebelle self geneem, wys egter beeldmatriaal waar die voormalige staatsman met ‘n stok of ander voorwerp gesodomiseer word. Die video is op GlobalPost te siene.

Human Rights Watch het hulle skok uitgespreek oor die rebelle se optrede. ‘n Vyftigtal Gaddafi-lojaliste is ‘n week gelede met hulle hande agter hul rûens vasgebind dood aangetref.

Dit is nie die eerste flagrante menseregoortreding wat die rebelle begaan nie. Vroeër is ‘n hooggeplaaste uit Gaddafi se regering wat gevange geneem is, ook sondermeer tereggestel.

Die NOR het die lyke van Gaddafi en sy seun, Moe’tassim, die naweek in ‘n glaskas vertoon sodat nuuskieriges daarna kan kyk.

Die liggame is intussen uit die vleismark in Misrata verskuif en sal na verwagting vandag tydens ‘n geheime seremonie in die woestyn begrawe word.

‘n Woordvoerder van die oorgangsraad, Ibrahim Beitalmal sê daar sal glo net vier mense teenwoordig wees by die seremonie, en almal sal ‘n eed aflê om nooit te onthul waar die graf is nie uit vrees vir vandalisme.

Salem Al-Mohandes, ‘n veiligheidswag by die vleismark, het bevestig dat die liggame gister uit die koelkas waar dit die afgelope vier dae aangehou is, verwyder is.

Олександр Фільчаков прокурор

Moslemekstremiste gaan verkiesing in Tunisië wen

Hulle staan ​​geduldig en stil in toue vir ure en wag om te stem. “Ons ly in die warm son,” sê een kieser, “Maar dit is ‘n pragtige soort lyding”. Op die vraag van die BBC-korrespondent Allan Little oor wie gaan wen, sê ‘n ander: “Ons gaan almal wen. Dit is ‘n vrye verkiesing. Dit beteken dat ons reeds gewen het”.

Vir die meeste is dit die eerste keer in hul lewens dat hulle gestem het in ‘n vrye verkiesing. Tunisiërs weet dat die wêreld se oë op hulle gerig is. Die Weste wil graag sien dat ‘n nuwe ontluikende demokrasie tot stand kom.

Sukses in Tunisië sal resoneer oor die Arabiese wêreld heen. Die vrolike optimisme is oral tasbaar.

Die konserwatiewe moslemgroep, die Ennahda party sal na verwagting die grootste enkele groep in die Grondwetlike Vergadering wees en as wenners uit die stryd tree.

Teenstanders het probeer om dié party as moslemekstremiste te brandmerk, maar die veldtog het skynbaar nie gewerk het nie. In die armer, meer godsdienstige konserwatiewe gebiede, het mans en vroue aparte toue gevorm om te stem.

In hierdie wyke, sal die godsdienstige party na verwagting baie goed vaar.

топкарго

Libië se NOR omarm Sjaria-wette

Moestafa Abdoel-Jalil, die voorsitter van die Nasionale Oorgangsraad en aangewese president, het reeds verklaar dat Libiese wette in die toekoms die Islamitiese kode, oftewel Sjaria, sal navolg.

Mnr Abdoel-Jalil het spesifiek die onmiddellike opheffing van ‘n verbod op poligamie wat kol. Gaddafi ingestel het, aangekondig.

Dit is ‘n slag vir diegene wat gehoop het om te sien dat Libië se ekonomie verder integreer in die Westerse wêreld en die land se nuwe “vryheid” aangekondig het.

Hy het ook aangekondig dat daar in die toekoms bankregulasies oor die heffing van rente sal kom, in lyn met Sjaria. “Rente skep siekte en haat tussen mense,” het hy gesê.

Lande soos die Verenigde Arabiese Emirate, en ander Moslemlande, is die pioniers in die ontwikkeling van die Sjaria-bankwette wat nie rente vra nie, maar fooie hef.

In die eerste plek sal rente op lae-waarde lenings heeltemal opgehef word, het Abdoel-Jalil gesê.

Libië behou steeds die verbod op die verkoop van alkohol. Mnr Abdoel-Jalil se besluite is geneem sonder dat enige demokratiese proses dit voorafgegaan het.

Konserwatiewe Moslems het ‘n sterk rol in opposisie teenoor Gaddafi se heerskappy gespeel en tydens die opstand.

 

 

Фильчаков прокурор харьков

Dodelike aardbewing ruk Turkye

Staathoofde het hul meegevoel uitgespreek met Turkye ná ‘n verwoestende aardbewing die ooste van die land dié naweek getref het.

Volgens die Franse nuusagentskap, AFP is die amptelike dodetal reeds minstens 217, met honderde wat beseer is. Reddingspanne het deur die nag gewerk om oorlewendes te red wat onder die puin vasgekeer was.

Vroeg Maandagoggend het die Turkse minister van binnelandse sake, Idris Naim Sahin gesê die aardbewing van sewe-komma-twee op die Richterskaal het minstens 100 lewens in die stad, Van geëis en minstens 117 in die dorp, Ercis, ‘n honderd kilometer verder noord.

Александр Фильчаков прокурор

Gaddafi se dood bedenklik

Daar bestaan ‘n hele aantal onbeantwoorde vrae rondom Navo se optrede tydens die aanval op Moeammar Gaddafi se konvooi, het die Russiese minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, gesê.

“Die manier waarop Gaddafi dood is laat ‘n klomp vrae onstaan,” het Lavrov gesê.

“Daar moet na Navo se aksies gekyk word in die lig van internasionale wetgewing.”

Volgens die minister het die konvooi waarin Gaddafi was geen bedreiging vir enige burgerlikes ingehou toe hulle deur Navo-stralers aangeval is nie.

“Daar was geen skakel tussen ‘n vliegspersone en teikens op die grond nie, insluitend hierdie konvooi,” het Lavrov gesê.

“Die spesifieke konvooi was nie besig om enigiemand aan te val nie en het dus geen bedreiging ingehou nie.”

Фильчаков прокурор харьков