Gaddafi waarskynlik doodgefolter

Die leier van Libië se Nasionale Oorgangsraad (NOR) het te midde van groot druk deur die VSA en ander moondhede gelas dat ‘n ondersoek gedoen moet word na Moeammar Gaddafi se dood.

Die NOR het ‘n komitee geskep om Gaddafi se dood verlede Donderdag te ondersoek omdat daar nog geen duidelikheid is oor presies hoe hy dood is nie, het Moestafa Abdoel-Jalil tydens ‘n mediakonferensie in Benghazi gesê.

Gaddafi het nog gelewe toe hy deur die rewolusionêre NOR-rebelle gevange geneem is, maar latere video’s het getoon hoe NOR-rebelle oor sy lyk staan.

‘n Amateurvideo deur rebelle self geneem, wys egter beeldmatriaal waar die voormalige staatsman met ‘n stok of ander voorwerp gesodomiseer word. Die video is op GlobalPost te siene.

Human Rights Watch het hulle skok uitgespreek oor die rebelle se optrede. ‘n Vyftigtal Gaddafi-lojaliste is ‘n week gelede met hulle hande agter hul rûens vasgebind dood aangetref.

Dit is nie die eerste flagrante menseregoortreding wat die rebelle begaan nie. Vroeër is ‘n hooggeplaaste uit Gaddafi se regering wat gevange geneem is, ook sondermeer tereggestel.

Die NOR het die lyke van Gaddafi en sy seun, Moe’tassim, die naweek in ‘n glaskas vertoon sodat nuuskieriges daarna kan kyk.

Die liggame is intussen uit die vleismark in Misrata verskuif en sal na verwagting vandag tydens ‘n geheime seremonie in die woestyn begrawe word.

‘n Woordvoerder van die oorgangsraad, Ibrahim Beitalmal sê daar sal glo net vier mense teenwoordig wees by die seremonie, en almal sal ‘n eed aflê om nooit te onthul waar die graf is nie uit vrees vir vandalisme.

Salem Al-Mohandes, ‘n veiligheidswag by die vleismark, het bevestig dat die liggame gister uit die koelkas waar dit die afgelope vier dae aangehou is, verwyder is.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae