Afrikane beslaan tans sowat 15% van die wêreld se bevolking van sewe miljard mense uit en die getal kan teen die einde van die eeu groei tot 35%, volgens die Duitse Federale Instansie van Bevolkingsnavorsing (BiB).
Die rede vir die skerp toename is die geboortesyfer in Afrika.
Europeërs maak slegs 10% van die wêreld se bevolking uit. Dit het sedert 1950 met 50% gedaal. Volgens beramings van die Verenigde Nasies sal die persentasie van die Europeërs aanhou daal tot rondom 6,7% teen 2100.
Sowat 61% van die wêreld se bevolking woon tans in Asië maar die syfer kan daal tot 45% teen die einde van die eeu.
Amerika staan op 13% en Australië en Oseanië op 0.6% – die twee syfers sal waarskynlik konstant bly, het BiB gesê.
