‘Ons is in die moeilikheid’

Suid-Afrika is op baie vlakke “in die moeilikheid”, het Cosato se hoofsekretaris Zwelinzima Vavi gesê.

“Dit ly geen twyfel dat ons tans teen onsself baklei nie…en daar is ‘n poging deur die elite om almal stil te maak, selfs permanent stil te maak.”

Hy het ook gesê dat regeringsamptenare te besig is met magspeletjies om oor arm mense en werkloses ote bekommer.

“Ons is polities in die moeilikheid.

“Ons sal nie in 2014 kan antwoord as mense vra wat ons gedoen het om werkloosheid en armoede in die land die hoof te bied nie,” het die hoof van Cosato aan ‘n Numsa-werksberaad in Johannesburg gesê.

“Baie mense lewe in vrees dat hul reputasies verwoes word, dat hul politiese aansien in gedrang is.

“Party vrees selfs vir hul fisiese veiligheid,” het hy gesê.

Volgens Vavi heers daar vandag onenigheid tussen ANC-lede wat in 2007 in Polokwane saamgewerk het om president Jacob Zuma as leier te verkies.

Hy het na Pravin Gordhan, minister van finansies, se mediumtermyn-begrotingsraamwerk verwys en gesê dat dit nie verbasend is dat die land ‘n moeilike tyd betree nie.

Vavi het gewaarsku dat daar toenemende ontevredenheid onder arm mense, veral in plakkersbuurte, heers.

“Waar is die leierskap?” het hy gevra.

лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae