Die T-hemde was bedoel om tong in die kies te wees, maar het aanstoot gegee aan sekere klante, het Kathryn Sakalis, kommunikasiebestuurder, aan die koerant gesê.
“Ons het honderde T-hemde met verskillende slagspreuke. Dié wat onttrek is, is drie wat ons voel die lyn tussen humor en aanstootlik oorskry.”
Die T-hemde word by modewinkels verkoop.
Sakalis weet nie hoeveel van die T-hemde gemaak is nie, maar sê die ontrekking is onmiddellik van krag.
Dít volg nadat klante wat gedink het die woorde is aanstootlik teenoor vroue, gekla het oor die T-hemde. Sakalis het gesê daar was verskeie twiets en blogs oor dié T-hemde.
“Ons het gehoor wat die gemeenskap sê en sal nie huiwer om daadwerklik op te tree en vinnige aksie te neem nie.”
