Nigerië en SA haaks oor reisigers

Nigerië het Dinsdag na Suid-Afrika gekap en die land beskuldig dat die owerhede Nigeriërs teiken en “xenofobies”  is nadat 125 reisigers toegang geweier is oor inentingskaarte.

Die minister van buitelandse sake Olugbenga Ashiru het gesê Nigerië sal reageer op enige verdere aksie nadat Suid-Afrika Vrydag geweier het om toegang te verleen aan Nigeriërs wie se geelkoorsinentingskaarte vervals was.

Die verkope van vals inentingskaarte is algemeen op Nigeriese grense.

Suid-Afrika se ambassadeur is deur die Nigeriese ministerie van buitelandse sake Maandag ingeroep, en 28 Suid-Afrikaners is toegang geweier tot Nigerië op dieselfde dag in ‘n oënskynlike vergeldingskuif.

Die Nigeriese lugredery Arik Air het sy Lagos-Johannesburg vlug vir ‘n dag in protes ook opgeskort.

Ashiru het gesê dat, ten spyte van al die “hartlike” verhoudings tussen die leierskap van die twee kontinentale kragte, is immigrasie-owerhede en die polisie in Suid-Afrika “brandstof vir die irritasie tussen ons twee lande”.

“En wat jy gesien het, wat verlede week afgespeel het, is presies wat ek in gedagte het – dat die amptenare in die immigrasiedepartement altyd onvriendelik teenoor Nigeriese reisigers is, en ek sê dit met vrymoedigheid.” Ashiru was ‘n voormalige ambassadeur na Suid-Afrika.

“Ook die polisie, sommer lukraak, sonder enige rede, gaan op ‘n missie en arresteer Nigeriërs links en regs en dit sluit aan by wat jy sien afspeel. Dis wat ons noem xenofobie deur Suid-Afrikaners teen alle Afrikane – nie net Nigeriërs nie, maar selfs diegene van hul buurlande.”

Suid-Afrikaners haal hul woede dikwels op buitelanders uit, veral Zimbabwiërs, Mosambiekers, Nigeriërs en Somaliërs, en beskuldig hulle werkdiefstal en die pleeg van misdade.

Xenofobiese aanvalle regoor Suid-Afrika het in Mei 2008 62 mense se dood veroorsaak en duisende wat uit hul huise vlug.

Ashiru belowe dat ‘n “toepaslike reaksie” op enige verdere sodanige stappe om toegang te weier aan Nigeriërs geneem sal word en om ‘n sein aan Suid-Afrikaanse maatskappye te stuur.

“Hulle moet nie die vriendelike sake-omgewing wat ons in Nigerië het, waar maatskappye, ook Suid-Afrikaanse maatskappye meer wins in Nigerië as in Suid-Afrika maak, as vanselfsprekend aanvaar nie,” het hy gesê.

Suid-Afrika se ambassade in Nigerië het geweier om kommentaar te lewer.

Фільчаков прокурор

Sweedse wapenskandaal oopgevlek

Swede het in die geheim vir Saoedi-Arabië gehelp met die beplanning van ‘n wapenfabriek wat teentenkmissiele sal vervaardig, het die openbare uitsaaier Sweedse Radio Dinsdag berig.

Die Sweedse weermag-navorsingsagentskap (FOI) het Saoedi-Arabië sedert 2007 gehelp, alhoewel die bouwerk aan “Projek Simoom” nog moet begin, het die stasie gesê en honderde geklassifiseerde dokumente en onderhoude met rolspelers aangehaal.

Swede het in die verlede wapens aan Saoedi-Arabië verkoop, maar geklassifiseerde regeringsdokumente sê Projek Simoom “breek deur die grense van wat moontlik is vir ‘n Sweedse instansie,” het die radiostasie gesê.

“Die feit dat ‘n instansie soos die FOI betrokke is in die beplanning van ‘n wapenfabriek vir ‘n regering wat ‘n diktatorskap soos Saoedi-Arabië is, is baie raar,” het die stasie gesê.

Die direkteur-generaal van FOI, Jan-Olof Lind, het die bestaan van die projek ontken.

“Ons het nie ‘n projek-ooreenkoms met daardie land nie,” het hy aan die radiostasie gesê.

Op ‘n spesifieke vraag oor of daar ‘n Projek Simoom saam met Saoedi-Arabië is, het Lind gesê: “Nee. En ek wil nie kommentaar lewer oor gesprekke wat moontlik tussen Swede en Saoedi-Arabië plaasgevind het nie. Hierdie gesprekke is geheim.”

Nietemin het verskeie voormalige werknemers van FOI bevestig dat die projek bestaan, insluitende Dick Straeng, wat die projek tot 2010 gelei het en een van Lind se naaste kollegas was.

“As ek julle bewerings moes weerlê sou ek moes sê dat die dokumente wat aan my getoon is, vals is, en hulle is nie,” het hy gesê toe die geklassifiseerde materiaal aan hom voorgelê is.

Hy het bygevoeg dat die Sweedse regering ten volle bewus was van die planne.

“Hier is ‘n dokument wat die direkteur-generaal onderteken het en aan die ministerie gestuur het,” het hy gesê.

Die ministerie van verdediging het geweier om kommentaar te lewer op die radio se verslag as gevolg van die geklassifiseerde aard van die projek.

“Ek kan nie kommentaar lewer op die samewerking nie,” het die staatsekretaris Haakan Jevrell aan die radiostasie gesê.

Die radio beweer dat enige direkte skakeling tussen die FOI en die regering weggesteek is, deur ‘n skadumaatskappy te skep wat kontak met Saoedi-Arabië hanteer het.

“FOI het, so ver as wat die ministerie van verdediging weet, geen samewerking gehad met die maatskappy wat in die radio-verslag genoem word nie,” het die minister van verdediging Sten Tolgfors op sy blog geskryf.

“Daar is geen regeringbesluite wat die FOI ‘n mandaat gee om ‘n fabriek vir wapenproduksie te bou nie,” het hy bygevoeg.

Die Sweedse premier Fredrik Reinfeldt het slegs ‘n kort kommentaar Dinsdag gegee.

“Die regering is verantwoordelik om te verseker dat wetgewing en regulasies in plek is en gevolg word, en ek vermoed dat die verantwoordelike owerhede die reg gerespekteer het,” het hy gesê aan die nuusagentskap TT.

Swede se opposisiepartye het Dinsdag ‘n ondersoek gevra na die ministers se hantering van regeringsake.

“‘n Ondersoek moet gelas word of die minister van verdediging se optrede in ooreenstemming met Swede se demokratiese ideale en internasionale verpligtinge was,” Gustav Fridolin in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê Sweedse samewerking met Saoedi-Arabië is nie voordelig vir demokrasie in die wêreld of Sweedse belange nie.

“Swede moet sy goeie reputasie nie bederf deur die ondersteuning van die weermagte van diktature nie,” het hy gesê.

In Saoedi-Arabië, is verkragting, moord, geloofsversaking, gewapende roof en dwelmhandel strafbaar met die dood, omdat hulle streng die sjaria of Islamitiese wetstoepassing volg.

топкарго кидалы

48 EU-parlementsleden veroordelen ‘plaasmoorde’

Philip Claeys48 Europese parlementsleden uit 19 lidstaten van 7 politieke formaties veroordelen ‘plaasmoorde’ op blanke boeren in Zuid-Afrika Philip Claeys (VB) dankt Louis Michel (MR) voor zijn steun. Alleen de Groene fractie met daarin N-VA weigert te tekenen voor de veiligheid van de Zuid-Afrikaanse boeren.

Op initiatief van Philip Claeys (Vlaams Belang), Andreas Mölzer (FPÖ) en Fiorello Provera (Lega Nord) werd aan het Europees parlement een verklaring voorgelegd als protest tegen de golf aan ‘plaasmoorde’ in Zuid-Afrika, waarbij al duizenden blanke boeren vermoord werden. De verklaring benadrukt de bekommernis van het Europese parlement, wijst op het systematische karakter van de aanvallen op blanke boeren, en vraagt de regering van Zuid-Afrika om dringende maatregelen om hun veiligheid te verhogen.

De verklaring werd ondertekend door 48 Europese parlementsleden uit 19 lidstaten van 7 verschillende politieke formaties: socialisten, liberalen, christendemocraten, niet-ingeschrevenen, de eurocritici van EFD en ECR en zelfs een lid van de communistische fractie. ‘Het protest tegen de onaanvaardbare Zuidafrikaanse ‘plaasmoorde’ klinkt zo in het Europese parlement over alle lands- en partijgrenzen heen’, stelt Europees parlementslid Philip Claeys tevreden vast.

Het Vlaams Belang dankt in het bijzonder Louis Michel (MR) voor zijn opmerkelijke steun aan dit initiatief. Opvallend is dat de enige politieke formatie waarvan geen enkel lid steun gaf, de fractie van de Groenen is, met daarin Frieda Brepoels van N-VA. Het Vlaams Belang betreurt dat de Groenen en de N-VA het uitmoorden van blanke Afrikaanstalige boeren in Zuid-Afrika dus volstrekt geen probleem vinden…

topcargo кидалы

Verwydering tussen VSA en Israel groei

Eerste minister Benjamin Netanyahu het die Amerikaanse president Barack Obama Maandag vertel dat Israel die “meester van sy eie lot” moet bly ter verdediging van sy reg om ‘n eensydige aanval op Iran te loods.

Obama het Netanyahu gewaarsku dat onderhandeling ‘n beter opsie sal wees en beklemtoon dat hy ‘n “venster” vir diplomasie gesien het, ten spyte van groeiende spekulasie dat Israel binnekort die hoë risiko stap gaan neem om militêre aksie te onderneem.

Die leiers, wat min van mekaar hou, het vir twee uur samesprekings gevoer te midde van duidelike tekens van verskille oor die dringendheid van die vermeende Iranse kernbedreiging, en die uiteindelike gevaar wat optrede vir beide lande inhou.

Obama is onder Republikeinse vuur oor Iran met sy herverkiesingveldtog en teenstanders wat hom beskuldig van besluiteloosheid en ‘n paaistrategie wat Amerika se naaste Midde-Oosterse bondgenoot ten kwade strek.

In ‘n passievolle verklaring op kamera, het Netanyahu teenoor Obama gesê: “Israel moet altyd die vermoë om homself te verdedig behou, deur homself teen enige bedreiging te staal.

“Dit is die rede waarom my hoogste verantwoordelikheid as eerste minister van Israel is om te verseker dat Israel steeds die meester van sy lot bly,” sê Netanyahu.

Die Obama-administrasie het te kenne gegee dat hulle nog nie glo dat Iran ‘n keuse om ‘n kernwapen te ontwikkel uitgeoefen het nie, of dat die tyd reg is vir militêre optrede nie, en hulle verkies om die byt van nuwe sanksies tyd te gee om te werk.

Israel, wat ‘n Iranese kernwapen sien as ‘n bedreiging vir sy bestaan, glo egter dat Iran op die punt van “uitbreekkapasiteit” kan wees – die oomblik wanneer dit vinnig wapengraaduraan kan produseer.

Dae voor Netanyahu se aankoms en bekommerd oor die Republikeine se kritiek, het Obama sy retoriek oor Iran versterk – om duidelik te maak dat hy nie “bluf” nie, maar het geweier om openbare “rooi lyne” vir aksie te stel.

‘n Amerikaanse amptenaar het gesê die administrasie glo hulle sal tot ‘n jaar nodig hê om te besluit oor hoe om te reageer indien Iran besluit om te begin met die verryking van uraan van wapengraadgehalte. Israel erken nie hierdie tydskaal nie.

Obama het Sondag in ‘n toespraak voor die top-pro-Israel-lobby AIPAC, die groep gekritiseer vir hulle “los praatjies” oor oorlog.

Die president het gesê hy glo dat ‘n diplomatieke oplossing nog moontlik is.

“Ons glo daar is nog ‘n venster wat dit moontlik maak vir ‘n diplomatieke oplossing vir hierdie kwessie.”

Dit is ook onseker of Israel oor die voldoende militêre vermoë beskik om Iran se kernarsenaal te vernietig en op sy beste kan die program net ‘n paar jaar teruggesit word.

Die Islamitiese Republiek ontken dat hulle kernwapens ontwikkel.

Washington waarsku ook dat die spanning oor Iran tot voordeel van die Islamitiese Republiek is omdat die prys van olie kan klim, en energiemarkte kan skud op ‘n manier wat die reeds stadige ekonomiese herstel in die wêreld kan benadeel.

Obama het ook nie sig verloor van die Israeli-Palestynse konflik in die agtergrond nie.

Hy het belowe om te werk vir ‘n “kalmer reeks gesprekke tussen die Israeli’s en die Palestyne” in ‘n poging om te soek ‘n “vreedsame oplossing tot die langdurige konflik”.

лобановский александр игоревич класс

Occupy en Suid-Afrika-projek bots

Lede van ‘n pro-wit groep genaamd die Suid-Afrika-Projek se protes teen geweld teen blankes in Suid-Afrika, by die Capitol in Sacramento, Kalifornië, het verlede Maandag tot ‘n botsing tussen wetstoepassers en lede van die Occupy-beweging gelei.

Geweld het losgebars toe die owerhede die groep na ‘n parkeergarage na afloop van hul protes begelei het.

Sowat 50 lede van Occupy Oakland het begin om blikke en bottels na die Suid-Afrika-groep en die beamptes te slinger. Twee beamptes is beseer in die skermutseling.

Lees verder.

Александр Фильчаков

Wit en swart gruwels?

Dat er bij N-VA witte en zwarte konijnen zijn, daar weten we sinds vorig weekend alles over, maar dat er witte en zwarte gruwel bestond, dat wist ik nog niet.

Ik dacht dat men het altijd had over de universele rechten van de mens en dat een genocide, het gruwelijk vermoorden van burgers, jong en oud, man en vrouw, omwille van hun identiteit, om hun te intimideren of te verdrijven of gewoon uit haat en historische weerwraak, tegen die rechten van de mens was. Dat die mens wit, zwart, bruin of geel is, dat doet er niet toe.

Daarom heeft het Vlaams Belang in de plenaire vergadering van donderdag 1 maart ook met volle overtuiging het voorstel van resolutie over de situatie in kamp Ashraf in Irak gesteund.

Op de zelfde steun konden wij wel niet rekenen voor ons voorstel van ten einde de problematiek van de zogenaamde” plaasmoorden” aan te kaarten bij de Zuid-Afrikaanse regering, de Europese Raad van ministers van Buitenlandse Zaken en in de schoot van de internationale instellingen waarvan België lid is.

Jammer, want juist die zelfde donderdag hadden we de gelegenheid om de daad bij het woord te voegen en ook deze gruwel aan te klagen ter gelegenheid van de bespreking van het wetsontwerp houdende instemming met de Partnerschapsovereenkomst tussen de Europese Gemeenschap en de Republiek van Zuid-Afrika.

Het artikel 86, lid 1 van deze overeenkomst werd vervangen door : ” De partijen gaan een dialoog aan op het gebied van werkgelegenheid en sociaal beleid. Deze dialoog betreft onder meer vraagstukken met betrekking tot sociale problemen in de samenleving na het apartheidstijdperk, armoedebestrijding, fatsoenlijk werk voor iedereen …..”

Het begrip “plaasmoorden” past perfect in dit lijstje, maar toen ik daar in mijn bijgevoegde tussenkomst en verantwoording voor de onthouding van de Vlaams Belangfractie durfde naar verwijzen barstte op de banken van de Rood-Groene mensenrechtenactivisten plots een golf van kritiek los. Steun buiten mijn fractie was er niet.

En de witte en zwarte konijnen van N-VA, ja, die keken verstard naar de lichtbak.

Als men tegen het establishment wil aanleunen moet men zich toch eerst ontluizen en zich onderscheiden van het VB. Geef toe, die zijn toch totaal anders, die durven ook nog opkomen voor de rechten van blanke boeren, ook mensen!

депутат лобановский

NY-brandweer jaag wittes die harnas in

Wit aansoekers is hoogs ontsteld want, sê hulle, die New Yorkse brandweer (FDNY) pas omgekeerde diskriminasie toe.

Daar was kwade gevoelens en rassespanning toe wit aansoekers buite bly staan ​​het tydens ‘n ​​voorbereidingsklas Woensdagaand, berig CBS 2.

“Dit was nie ‘n goeie gevoel nie. Dit het gevoel soos diskriminasie,” het een van die wit kandidate gesê.

Die klas is gehou deur die Vulcan Society, ‘n groep van Afro-Amerikaanse brandbestryders in ‘n ​​oorweldigende wit brandweer. Baie aansoekers het aanlyn geregistreer op die vorms wat nie vra vir hul ras nie.

Die aansoekers het aangeneem die inname sou bepaal word op meriete.

“Wat sou Martin Luther King doen?” het een gespanne aansoeker gevra.

Baie aansoekers is verwys na die Vulcan Society deur die adjunk-hoof Paul Mannix, wat ook aan die hoof staan ​​van ‘n ​​groep genaamd “Meriete Aangeleenthede.”

Mannix het die toets en kursus aanbeveel. Hy sê hy het nie geweet dis net vir swartes nie.

Een kursusaansoeker het gesê hy is nie “regs” nie en bygevoeg “nee, ek wou net die toets neem. Dit is nie reg nie. “

Die Vulcan Society het nie CBS se oproepe Donderdag beantwoord nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Poetin in trane na oorwinning

Wladimir Poetin was in trane na sy oorwinning in ‘n verkiesing wat sal sorg dat hy vir ‘n derde termyn as president sal dien.

Met meer as 90 persent van die stemme getel Sondagnag, was dit duidelik dat die voormalige spioen wat Russiese politiek vir die afgelope twaalf jaar oorheers, reeds op 65 persent staan. Dit verteenwoordig ‘n gemaklike oorwinning met geen behoefte om ‘n tweede ronde te veg nie.

Hy het die wind vir die trane in sy oë die skuld gegee toe hy duisende ondersteuners by ‘n oorwinningsaamtrek buite die Kremlin-muur met Russiese vlae toegespreek het.

“Ek het belowe dat ons sou wen. En ons het gewen! ” het mnr Poetin gesê. “Ons het ‘n oop en eerlike stryd gewen.”

“Dit was ‘n baie belangrike toets vir al ons mense, ‘n toets van politieke volwassenheid en onafhanklikheid. Ons het gewys dat niemand iets kan afdwing op ons nie, ” het hy bygevoeg.

Poetin het vroeër gesê agente van buite probeer om Rusland te destabiliseer. Hy het gesê die land het “politieke uitdagings oorwin wat daarop gemik is om net een ding te laat gebeur [en dit is] om die Russiese selfstandige staat te vernietig en te oorheers”.

Gennadi Zjoeganov, die veteraan-kommunistiese leier, is in die tweede plek op ongeveer 17 persent, met Mikhail Prokhorov, die miljardêr-oligarg in die derde met sewe persent.

Die oorwinning sal gesien word as ‘n stewige mandaat deur die Kremlin vir mnr Poetin om terug te keer as president in Mei, na vier jaar as Eerste Minister onder sy protégé, Dmitri Medwedef, as president.

Buitelandse beleggers het die duidelike resultaat verwelkom.

Poetin het 71 persent van die stemme in 2004 behaal.

лобановский класс харьков

‘Ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit’

‘n Swart Kongolese egpaar is skuldig bevind in ‘n Britse hof Donderdag van die moord op ‘n 15-jarige seun wat hulle van heksery beskuldig het. Hulle het hom erg geslaan en daarna in die bad verdrink.

Eric Bikubi, 28, en Magalie Bamu, 29, albei oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Kongo, het die moord op Bamu se 15-jarige broer Kristy op 25 Desember 2010, by hul huis in die ooste van Londen ontken.

Kristy het 130 beserings gehad het toe hy gesterf het nadat hy gemartel is deur sy suster en haar kêrel tydens ‘n “uitdrywing”, het die Old Bailey in Londen gehoor.

Die tiener en vier van sy broers en susters het van hul huis in Parys kom kuier by die egpaar in Londen oor Kerstyd.

Bikubi het al die kinders beskuldig daarvan dat hulle kindoki – of voedoe – in sy huis ingebring het en hulle geslaan, maar hy het veral geweld teen Kristy gebruik, en hom drie dae lank met messe, metaalpype en ‘n hamer aangerand.

Die tiener se tande is uitgeslaan, keramiekvloerteëls en bottels is verpletter op sy kop en ‘n tang is gebruik om sy oor te draai.

Hy was in soveel pyn dat hy “gesmeek het om te sterf”, het die jurie gehoor. Toe hy in die bad gedruk is deur Bikubi, “was hy net te erg beseer en uitgeput om sy kop bo die water te hou”, het die aanklaer Brian Altman gesê.

Dit was ‘n “langdurige aanval van ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit”, het Altman gesê: “Kristy is vermoor in die naam van heksery.

“Dit is moeilik om te glo in hierdie dae en tye dat enigiemand kan glo dat iemand heksery beoefen.”

Dr Richard Hoskins, ‘n deskundige getuie wat kindoki vir 25 jaar lank al bestudeer, het gesê dit is ‘n “uiters wydverspreide” geloof onder Kongolese mense, insluitend dié in Brittanje.

“Selfs hier in Londen en tussen opgevoede mense, het ek baie ontmoet en met baie swart mense gesels wat glo in kindoki en dink dit het mag,” het hy gesê.

Kristy se susters, tussen die ouderdomme van 20 en 11, is ook geslaan, maar is laat gaan nadat hulle ‘n ‘belydenis’ gemaak het. Die ander twee broers, 13 en 22 met outisme, is gedwing om deel te neem in die marteling.

topcargo отзыв

Sint Petersburg vat gays vas

Die plaaslike parlement in Rusland se tweede grootste stad Sint Petersburg het Woensdag ‘n omstrede wet wat “homoseksuele propaganda” verbied, in weerwil van protes deur gayregtegroepe, deurgedruk.

Die wet is in ‘n derde en finale lesing met 29 parlementariërs ten gunste en vyf daarteen, ingestem. Dit sal voortaan onwettig wees om “propaganda” onder minderjariges onder die ouderdom van 18 in die guns van homoseksualiteit en pedofilie te versprei.

Maar gayregtegroepe het gesê die wet is gevaarlik want dit word aan die willekeur van die owerhede oorgelaat om te besluit wat is ‘propaganda’. Dit kan beteken dat gays ook gestraf kan word vir hul lewenstyl as dit rugbaar raak.

“Hierdie wet is ‘n skande vir die Sint Petersburg-parlement,” sê-Olga Galkina van die Yabloko-liberale party, wat almal met een uitsondering na, teen die wet gestem het.

“Hoe sal burgers hul regte beskerm? Die owerhede is amper bevoeg om te bepaal of dit is propaganda of leefstyl sal wees,” het sy aan AFP gesê.

Maar die wet is sterk ondersteun deur Sint Petersburg se goewerneur, Georgi Poltawtsjenko en hy het ook belowe om ‘n soortgelyke inisiatief by die federale Doema-parlement vir goedkeuring landwyd te loods.

“Ek het nie ‘n enkele woord in hierdie wet gesien wat nie in lyn met Russiese wette is nie,” het een van die inisieerders van die nuwe wet, Witali Milonof van die regerende Verenigde Rusland-party, aan AFP gesê.

“Homofobie is ‘n term wat uitgedink is deur die mense van ‘n nie-tradisionele seksuele oriëntasie oor mense wat nie die manier waarop hulle leef, verstaan ​​nie,” het hy bygevoeg.

Oortreders sal gestraf word met ‘n boete van tot 50 000 roebel indien skuldig bevind word aan die bevordering van homoseksualiteit.

Die boetes vir die bevordering van pedofilie, ‘n integrale deel van homoseksualiteit in die wet, sal tot ‘n miljoen roebel gestel word.

Die wet verbied dit “om propaganda te maak deur middel van openbare handelinge vir homoseksualiteit, lesbianisme, biseksualiteit en trans-genderisme onder minderjariges.”

Volgens die wet beteken dit die verspreiding van inligting “skadelik vir die gesondheid en morele en geestelike ontwikkeling van minderjariges, insluitende die vorming van verwronge idees oor die sosiale balans tussen tradisionele en nie-tradisionele getroude verhoudings”.

данильченко юрій броніславович компромат