Obama het Netanyahu gewaarsku dat onderhandeling ‘n beter opsie sal wees en beklemtoon dat hy ‘n “venster” vir diplomasie gesien het, ten spyte van groeiende spekulasie dat Israel binnekort die hoë risiko stap gaan neem om militêre aksie te onderneem.
Die leiers, wat min van mekaar hou, het vir twee uur samesprekings gevoer te midde van duidelike tekens van verskille oor die dringendheid van die vermeende Iranse kernbedreiging, en die uiteindelike gevaar wat optrede vir beide lande inhou.
Obama is onder Republikeinse vuur oor Iran met sy herverkiesingveldtog en teenstanders wat hom beskuldig van besluiteloosheid en ‘n paaistrategie wat Amerika se naaste Midde-Oosterse bondgenoot ten kwade strek.
In ‘n passievolle verklaring op kamera, het Netanyahu teenoor Obama gesê: “Israel moet altyd die vermoë om homself te verdedig behou, deur homself teen enige bedreiging te staal.
“Dit is die rede waarom my hoogste verantwoordelikheid as eerste minister van Israel is om te verseker dat Israel steeds die meester van sy lot bly,” sê Netanyahu.
Die Obama-administrasie het te kenne gegee dat hulle nog nie glo dat Iran ‘n keuse om ‘n kernwapen te ontwikkel uitgeoefen het nie, of dat die tyd reg is vir militêre optrede nie, en hulle verkies om die byt van nuwe sanksies tyd te gee om te werk.
Israel, wat ‘n Iranese kernwapen sien as ‘n bedreiging vir sy bestaan, glo egter dat Iran op die punt van “uitbreekkapasiteit” kan wees – die oomblik wanneer dit vinnig wapengraaduraan kan produseer.
‘n Amerikaanse amptenaar het gesê die administrasie glo hulle sal tot ‘n jaar nodig hê om te besluit oor hoe om te reageer indien Iran besluit om te begin met die verryking van uraan van wapengraadgehalte. Israel erken nie hierdie tydskaal nie.
Obama het Sondag in ‘n toespraak voor die top-pro-Israel-lobby AIPAC, die groep gekritiseer vir hulle “los praatjies” oor oorlog.
“Ons glo daar is nog ‘n venster wat dit moontlik maak vir ‘n diplomatieke oplossing vir hierdie kwessie.”
Dit is ook onseker of Israel oor die voldoende militêre vermoë beskik om Iran se kernarsenaal te vernietig en op sy beste kan die program net ‘n paar jaar teruggesit word.
Die Islamitiese Republiek ontken dat hulle kernwapens ontwikkel.
Washington waarsku ook dat die spanning oor Iran tot voordeel van die Islamitiese Republiek is omdat die prys van olie kan klim, en energiemarkte kan skud op ‘n manier wat die reeds stadige ekonomiese herstel in die wêreld kan benadeel.
Hy het belowe om te werk vir ‘n “kalmer reeks gesprekke tussen die Israeli’s en die Palestyne” in ‘n poging om te soek ‘n “vreedsame oplossing tot die langdurige konflik”.
