Mabudafhasi het gesê hoewel die kwessie van renosterstropery ‘n regeringsprioriteit is, “Is dit slegs ‘n deel van die groter probleem, want baie ander diere word gestroop – selfs paddas”.
Sy het ‘n inligtingsessie vir die media gehoe tydens ‘n lekgotla van haar departement se Groen Skerpioene-eenheid in Polokwane Maandag, het Beeld berig.
Die adjunk-minister het nie uitgebrei oor die rol van die Groen Skerpioene in die stryd teen renosterstropery nie.
Meer as 70 renosters is doodgemaak sedert die begin van 2012.
Mabudafhasi het gesê Suid-Afrika ‘n R80 miljard-verlies in die 2010/11 finansiële jaar gely as ‘n direkte gevolg van omgewingsmisdade wat die onwettige handel in perlemoen, ivoor en renosterhoring insluit.
Sy het gesê die Groen Skerpioene word in die provinsies ontplooi later vanjaar, met Limpopo as die eerste prioriteit.
Hulle sal ook die mag hê om boetes van tussen R5 miljoen en R10 miljoen aan omgewingsoortreders op te lê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.