Nigerië en SA haaks oor reisigers

Nigerië het Dinsdag na Suid-Afrika gekap en die land beskuldig dat die owerhede Nigeriërs teiken en “xenofobies”  is nadat 125 reisigers toegang geweier is oor inentingskaarte.

Die minister van buitelandse sake Olugbenga Ashiru het gesê Nigerië sal reageer op enige verdere aksie nadat Suid-Afrika Vrydag geweier het om toegang te verleen aan Nigeriërs wie se geelkoorsinentingskaarte vervals was.

Die verkope van vals inentingskaarte is algemeen op Nigeriese grense.

Suid-Afrika se ambassadeur is deur die Nigeriese ministerie van buitelandse sake Maandag ingeroep, en 28 Suid-Afrikaners is toegang geweier tot Nigerië op dieselfde dag in ‘n oënskynlike vergeldingskuif.

Die Nigeriese lugredery Arik Air het sy Lagos-Johannesburg vlug vir ‘n dag in protes ook opgeskort.

Ashiru het gesê dat, ten spyte van al die “hartlike” verhoudings tussen die leierskap van die twee kontinentale kragte, is immigrasie-owerhede en die polisie in Suid-Afrika “brandstof vir die irritasie tussen ons twee lande”.

“En wat jy gesien het, wat verlede week afgespeel het, is presies wat ek in gedagte het – dat die amptenare in die immigrasiedepartement altyd onvriendelik teenoor Nigeriese reisigers is, en ek sê dit met vrymoedigheid.” Ashiru was ‘n voormalige ambassadeur na Suid-Afrika.

“Ook die polisie, sommer lukraak, sonder enige rede, gaan op ‘n missie en arresteer Nigeriërs links en regs en dit sluit aan by wat jy sien afspeel. Dis wat ons noem xenofobie deur Suid-Afrikaners teen alle Afrikane – nie net Nigeriërs nie, maar selfs diegene van hul buurlande.”

Suid-Afrikaners haal hul woede dikwels op buitelanders uit, veral Zimbabwiërs, Mosambiekers, Nigeriërs en Somaliërs, en beskuldig hulle werkdiefstal en die pleeg van misdade.

Xenofobiese aanvalle regoor Suid-Afrika het in Mei 2008 62 mense se dood veroorsaak en duisende wat uit hul huise vlug.

Ashiru belowe dat ‘n “toepaslike reaksie” op enige verdere sodanige stappe om toegang te weier aan Nigeriërs geneem sal word en om ‘n sein aan Suid-Afrikaanse maatskappye te stuur.

“Hulle moet nie die vriendelike sake-omgewing wat ons in Nigerië het, waar maatskappye, ook Suid-Afrikaanse maatskappye meer wins in Nigerië as in Suid-Afrika maak, as vanselfsprekend aanvaar nie,” het hy gesê.

Suid-Afrika se ambassade in Nigerië het geweier om kommentaar te lewer.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae