Gevaartekens flits vir hoofstroom in VK en Frankryk

In die mees opspraakwekkende oorwinning in Britse politieke geskiedenis, het die Respect-kandidaat Arbeid met ‘n meerderheid van 10140 stemme uit net meer as 18 000 verslaan in ‘n tussenverkiesing.

George Galloway het Bradford-Wes in ‘n merkwaardige oorwinning weggeraap onder die Arbeidersparty se neus en bespiegelinge laat opvlam dat die Arbeidersleier sy pos sal moet ontruim.

Dit blyk dat die setel se Moslem-gemeenskap Arbeid en masse versaak het om gehoor te gee aan Galloway se oproep vir ‘n onmiddellike Britse onttrekking uit Afghanistan en ‘n terugvegpoging teen die werkkrisis.

Dit is ‘n bittere slag vir Ed Miliband, leier van die Arbeidersparty wat versuim het om te kapitaliseer op die skielike insinking in ondersteuning vir die koalisie. Hy het die bedreiging deur Galloway ook hoegenaamd nie gesien voordat dit heeltemal te laat was nie.

Met ‘n opkoms van 50,78%, is Arbeid se Moslemkandidaat Imran Hussain met bomskok gelaat na die bekendmaking. Arbeid het die setel in 2010 met ‘n meerderheid van 5763 gewen.

Eerder as Galloway se persoonlike charisma, dui die resultaat moontlik op die kiesers se ontnugtering met die heersende hoofstroompartypolitiek, sê ontleders.

Nog voor die amptelike uitslag bekend gemaak is, het Galloway gesê: “Deur die genade van God, het ons die mees sensasionele oorwinning behaal in Britse politieke geskiedenis … Arbeid is getref deur ‘n vloedgolf in ‘n setel wat hulle vir baie dekades gehou het en oorheers het vir 100 jaar…”

Galloway het gesê die pad na sy oorwinning is terug van “die pad van verraad in 1994 deur Tony Blair”, wat Arbeid “so ver weg van sy tradisionele ondersteuners gelei het dat mense verwaarloos en verraai voel”.

Hy het bygevoeg dat Blair binne die moderne Arbeidersparty vereer bly, “miljoene ponde verdien, in plaas daarvan om in Den Haag vir oorlogsmisdade verhoor te word. Die groot politieke partye het ‘n baie nuttige les gehad, en ek hoop dat hulle kennis neem.”

Jackie Whiteley, die Tory-kandidaat, het derde gekom, met 2746 stemme, 8,37%, ‘n daling van 22,78% van die laaste verkiesing.

Onthullings oor Cameron se ryk skenkers en die toue by petrolpompe het gelei tot die ernstige daling in konserwatiewe ondersteuning. Die Tories se koalisie-vennote, die liberale, net 4,59% van die stemme gekry.

Galloway, ‘n voormalige Arbeider-LP, het egter al voorheen sy formidabele vermoë om gewilde kwessies te opper gewys.

In ‘n soortgelyke koersverandering, is Frankryk dié week deur ‘n nuwe peiling uit hule gemaksone wakkergeskud.

Drie weke voor die eerste ronde van die Franse verkiesing, is ‘n toename in steun vir die harde-linkse kandidaat Jean-Luc Mélenchon geregistreer. Dié toename dreig om voorspellings vir die Franse presidensiële verkiesings om te krap.

‘n Onlangse meningspeiling plaas Mélenchon, 60, in die derde plek met 15 persent van die stemme – die hoogste vir ‘n kandidaat van die anti-kapitalistiese linkses sedert die bloeityd van die Franse Kommunistiese Party 30 jaar gelede.

Die opkoms van Mélenchon, ‘n soort Galliese George Galloway wat welsprekend teen die hoofstroomelite fulmineer, het Marine Le Pen se Nasionale Front na die vierde plek laat skuif. Vir president Nicolas Sarkozy en sy vernaamste uitdager, die Sosialistiese kandidaat, François Hollande, die opkoms van Mélenchon ‘n tweesnydende swaard: Nuttig, maar gevaarlik.

Hollande behou steeds ‘n klein voorsprong van 28,5 persent in die eerste ronde op 22 April teenoor Sarkozy se 27,5 persent. Ander onlangse meningspeilings toon dat Sarkozy, aangehelp deur sy hard-regse retoriek en die uitbuiting van die Toulouse-moorde, ‘n een of twee-punt eersteronde voorsprong geneem het.

Alle stembusse wys egter steeds Hollande as die wenner in die tweede ronde van 6 Mei met ‘n 10-6 marge.

Die groeiende ontevredenheid van die Franse kiesers met al die hoofstroom politici en ‘n veldtog wat versuim het om oortuigend te worstel met ‘n nasionale, Europese en globale ekonomiese krisis, word verantwoordelik gehou vir die ultralinkse kandidaat se opmars.

Die oplewing van steun vir Mélenchon se hoë-energie, anti-EU, anti-Amerikaanse, anti-groot-Besigheid-veldtog, is ‘n bron van ontsteltenis vir die sentrum. ‘n Gekombineerde Hollande-Mélenchon stem van 43 persent dui op ‘n bui ten gunste van ‘n linkse kandidaat.

данильченко юрій Харків

Bin Laden se weduwees praat

‘n Pakistanse hof het Osama bin Laden se drie weduwees en twee van sy dogters tot 45 dae tronkstraf gevonnis omdat hulle onwettig in die land woon.

Die vroue en ‘n paar van hul kinders in Pakistan is in aanhouding sedert Amerikaanse kommando’s bin Laden in ‘n groot huis in die Pakistanse stad van Abbottabad op 2 Mei vermoor het. Hulle is eers verlede maand formeel aangekla van immigrasie-oortredings.

Die Amerikaners het die vroue en kinders agtergelaat in die huis nadat hulle met bin Laden se lyk vertrek het.

Die vroue beskik glo oor inligting oor hoe bin Laden daarin geslaag het om ongemerk vir byna 10 jaar ná die 11 September-aanvalle met sy lewe aan te gaan ten spyte daarvan dat hy die onderwerp van ‘n massiewe internasionale soektog was.

Die jongste, die 30-jaar-oue Jemeense vrou Amal Ahmed Abdel-Fatah al-Sada, het gesê Bin Laden het tussen vyf huise gewoon terwyl hy sogenaamd gesoek was en vier kinders verwek, van wie twee in Pakistanse regeringshospitale gebore is.

Hulle het na Abbottabad getrek in 2005.

Bin Laden het digby Pakistan se ekwivalent van die West Point Militêre Akademie geleef in die huis waar hy vermoor is. Die VSA het glo nie bewyse dat senior Pakistanse amptenare geweet het van bin Laden se doen en late nie, ten spyte daarvan van noue samewerking tussen die twee lande.

Twee van die weduwees is Saoedi en die een is Jemeens. Saoedi-amptenare het aangedui dat hulle bereid sal wees om toe te laat dat die weduwees terugkeer en sal aan hulle kinders burgerskap gee indien versoek.

Die Saoedi-ministerie van buitelandse sake het geweier om kommentaar te lewer. Die drie weduwees sou graag gedeporteer word na die land om “soos ‘n gesin,” te woon, het hul regsverteenwoordiger gesê.

Al-Sada, bin Laden se gunstelingvrou, is in die been geskiet en gewond is tydens die aanval.

Die woning in Abbottabad was ‘n besige plek met 28 inwoners, insluitende die 54-jarige bin Laden, sy vroue, agt van sy kinders en vyf van sy kleinkinders, volgens Brig. Shaukat Qadir, ‘n afgetrede Pakistanse weermagbeampte.

Bin Laden se koerier, die koerier se broer en hulle vrouens en kinders ook het in die huis gewoon.

Александр Фильчаков

Moslems neem beheer van Egiptiese lente

Die Moslem-broederskap, die Egiptiese Islamitiese groep wat reeds die land se parlement beheer, het aangekondig dat hulle ‘n presidensiële kandidaat sal stel in ‘n skuif wat waarskynlik konfrontasie met die land se militêre leiers sal laat eskaleer.

Die groep het gesê Khairat al-Shater is gekies as kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 23 Mei.

Die Broederskap het verlede jaar belowe dat hulle nie aan die presidensiële verkiesing sal deelneem nie in ‘n klaarblyklike poging om die weermag en die Weste gerus te stel dat daar nie ‘n Islamitiese bedreiging bestaan nie.

Hulle sê nou egter hulle is gedwing om ‘n kandidaat te stel deur die koppigheid van die regerende militêre raad wat geweier het om die tussentydse regering af te dank.

Vryheid en geregtigheid, die politieke arm van die broederskap, het net onder die helfte van die setels in die parlement ingepalm. Nour, ‘n ultrakonserwatiewe Islamitiese groep, beheer ‘n kwart van die setels. Die Broederskap is besig om steun in die regering onder leiding van Kamal Ganzouri (wat deur die weermag aangestel is) te onttrek.

Mahmoud Hussein, ‘n senior Broederskapbeampte, het gesê die besluit is geneem in reaksie op “bedreigings vir die Egiptiese rewolusie” en die land se demokratiese oorgang.

Tekens van ‘n magstryd tussen die broederskap en die militêre raad het verlede week losgebars. Die Islamiete het gewaarsku teen ‘n tweede revolusie, terwyl die generaals gesinspeel het op ‘n moontlike terugkeer na die onderdrukkende maatreëls van die verlede gerig teen die Broederskap.

Ontleders sê die magsgeskil gaan toets of die weermag in staat sal wees om in die post-Moebarak era staande te bly.

Фильчаков прокурор харькова

Brics: Dialoog enigste antwoord op konlik

Die BRICS-groep van opkomende ekonomieë wat ​​uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan, het gister gesê dialoog is die enigste antwoord op die opstand in Sirië en die omstredenheid oor Iran se kernprogram.

Leiers by die vierde BRICS-beraad in Nieu-Delhi het belangrike kwessies soos klimaatsverandering, terrorisme, energie-sekuriteit en veiligheidkrisisse, ook in Afghanistan, bespreek.

“Ons het ooreengekom dat ‘n blywende oplossing vir die probleme in Sirië en Iran slegs gevind kan word deur middel van dialoog,” het die Indiese eerste minister Manmohan Singh gesê in ‘n ​​verklaring na afloop van die beraad.

Die verklaring gewaarsku teen die “rampspoedige gevolge” as die geskil oor Iran se kernambisies eskaleer in konflik en beklemtoon dat die bloedvergieting in Sirië slegs opgelos kan word op ‘n “vreedsame wyse.”

In die verklaring, erken die BRICS-lande ook Iran se reg op die vreedsame gebruik van kernenergie en het die resolusie beklemtoon om kwessies deur middel politieke en diplomatieke weë op te los.

Данильченко Юрий отзывы

Smeerseksaanklagte verdiep om gewese IMF-hoof

‘n Regter gaan nie nou besluit of die aanklag teen Dominique Strauss-Kahn, die gewese IMF-hoof, wat glo ‘n hotelwerker seksueel aangerand het, verwerp moet word nie.

Regter Douglas McKeon het Woensdag in New York argumente in verband met die saak aangehoor.

Nafissatou ­Diallo, die hotelwerker, eis ‘n onbepaalde bedrag skadevergoeding ná die beweerde aanval in die Sofitel-hotel in New York.

Luidens hofstukke wat haar regsverteenwoordigers ingedien het, het Strauss-Kahn haar “doelbewus, hardhandig en gewelddadig onsedelik aangerand en haar in die proses verneder, onteer en van haar waardigheid as vrou beroof”.

Strauss-Kahn ontken die bewerings teen hom.

Dominique Strauss-Kahn, gewese IMF-hoof, is intussen ook aangekla oor sy beweerde betrokkenheid by ‘n prostitusie-kartel, het sy prokureurs gesê.

Strauss-Kahn is aangekla nadat hy eers deur regslui in die noordelike Franse stad Lille ondervra is.

“Hy het verklaar dat hy nie skuldig is aan die dade nie en het nie geweet het dat die vroue wat hy ontmoet prostitute is nie,” het Richard Malka, een van sy prokureurs, gesê.

Strauss-Kahn se naam is genoem toe die polisie twee mans, wat glo noue bande met hom gehad het, in Frankryk ondersoek het op aanklagte dat hulle ‘n prostitusienetwerk georganiseer het en korporatiewe fondse misbruik het.

Hy is vroeër ondervra oor bewerings dat hy in Parys en Washington aan orgies deelgeneem het wat deur twee sakemanne betaal is.

Strauss-Kahn het erken dat hy aan sommige van die partytjies deelgeneem het.

Maar sy prokureur het ontken dat hy geweet het dat die prostitute betaal word.

Ondersoekbeamptes wil vasstel of Strauss-Kahn bewus was daarvan dat die vroue wat hom by partytjies in restaurante en hotelle vermaak het prostitute was.

Hulle wil ook vasstel of hy geweet het dat die prostitute betaal is met geld van die korporatiewe fondse van ‘n groot konstruksiemaatskappy.

Strauss-Kahn het aan die polisie gesê hy het nie geweet die vroue is prostitute nie omdat hy deur senior polisiebeamptes aan hulle bekendgestel is.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Arabiese Lente bring geweld na Libië, Egipte

Ná twee dae van geweld in die suide van Libië is 37 mense dood, het die nuusagentskap Al Jazeera berig.

Sowat 120 mense is beseer toe gevegte tussen lede van die Afrika-Tabu-etniese groep en twee Arabiese etniese groepe uitgebreek het

Die staatsbeheerde Libiese nuusagentskap het vroeër berig dat gevegte uitgebreek het ná die dood van ‘n regeringswerknemer wat tydens ‘n rooftog ontvoer is.

Mohamed Abu Saif, veiligheidshoof in die stad, het Dinsdag gesê ‘n afvaardiging van etniese leiers in die gebied is besig om die struweling te probeer bylê.

Intussen is een persoon doodgeskiet en minstens 65 ander beseer nadat veiligheidsmagte met woedende sokkeraanhangers in Egipte se Port Said gebots het.

Dit is maar twee van die jongste voorvalle van geweld wat die Midde-Ooste teister.

“Bevry” van Gadaffi se diktatorskap van 42 jaar, is Libië se Sufi-Moslems onder hernieude druk van ander gewelddadige Islamiste wat hulle geloof as kettery bestempel.

Grafte wat aan Sufi’s en heiliges behoort, is in die afgelope maande deur mededingers geskend.

“Ek is bekommerd, maar ek is nie bang nie,” sê Al-Hadad, wie se Salafiskool in Tripoli deur gewapende mans binnegeval is wat sy biblioteek verbrand het, kantoortoerusting vernietig het en die grafte van heiliges wat daar begrawe is, omgedolwe het.

Op 13 Januarie, het ekstremiste met ‘n stootskraper deur die mure van die ou begraafplaas in die oostelike stad van Benghazi gery, grafte platgestoot asook ‘n nabygeleë Sufiskool gesloop.

Libië se Sufi’s is ook bekommerd dat hulle uitgestoot word polities. Baie nuwe godsdienstige amptenare het Salafi-neigings, sê hulle, en die aanstelling van Salafi-imams na moskees wat deur pro-Gaddafi predikers ontruim is, bekommer hulle. Salafi-preke is nou algemeen op die Libiese televisie en radio, sê hulle.

Nuwe politieke partye is besig om opgang te maak, met inbegrip van die Moslem-broederskap wat sterk vertoon. Libiese Salafis het nog nie bekend gemaak of hulle van plan is om ‘n party en verkiesings, soos in Egipte te begin nie.

топкарго отзывы

PVV: Beatrixstraat en Wilhelmina-laan moet bly

De Partij voor de Vrijheid wil actie van het Nederlandse kabinet voor behoud van de Afrikaanstalige straatnamen in Pretoria. De Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, zou moeten weigeren een nieuwe naam te gebruiken. De PVV stelt dit vandaag in Kamervragen aan staatssecretaris (onderminister) Halbe Zijlstra.

Het ANC wil 27 straten in Pretoria herdopen, waaronder de Beatrixstraat en de Koningin Wilhelmina-laan.

De 27 straatnamen herinneren veelal aan de anti-koloniale strijd van de onafhankelijke Boerenrepublieken tegen de Engelsen. PVV-Kamerlid Martin Bosma “De naam Koningin Wilhelmina-laan is een ode aan de jonge koningin die in 1900 het pantserschip Gelderland stuurde om president Paul Kruger te ontzetten. De Voortrekkersstraat herinnert aan de afstammelingen van onder andere Nederlandse immigranten die Pretoria hebben gesticht. Hetzelfde geldt voor straten vernoemd naar Louis Botha en Potgieter. De gedeelde Nederlands-Afrikaner geschiedenis dreigt weer verder te worden uitgewist. In het kader van internationaal cultuurbeleid moet Nederland hier iets tegen doen.”

Vragen aan staatssecretaris Zijlstra van Onderwijs, Cultuur en Wetenschap van het lid Bosma, Partij voor de Vrijheid

28 maart 2012

1) Heeft kennisgenomen van het bericht ‘Beatrixstraat Pretoria op de wip‘?

2) Deelt u de mening dat de plannen van het ANC om de namen Beatrixstraat en Wilhelmina-laan te schrappen een klap zijn in het gezicht van de Majesteit, onze Koninklijke familie en van Nederland?

3) Deelt u de mening dat de Afrikaanstalige straatnamen herinneren aan de anti-koloniale strijd van de Afrikaner boeren tegen het Engelse invasie-troepen?

4) Deelt u de mening dat de culturele erfenis van onafhankelijke Boerenrepublieken Transvaal en de Oranje Vrijstaat, waar het Nederlands de officiële taal was, verdedigd dient te worden door de Nederlandse ambassadeur te Pretoria? Zo ja, welke actie kunnen wij van onze ambassadeur verwachten?

5) Deelt u de mening dat de Nederlandse ambassade, gevestigd aan de Koningin Wilhelminalaan, moet weigeren gebruik te maken van een eventuele nieuwe naam?

лобановский класс

Kaptein raak beserk op vlug

‘n Passasiersvliegtuig moes ‘n noodlanding in Texas uitvoer nadat passasiers die kaptein in bedwang gebring het. Die kaptein wat uit die stuurkajuit gesluit is het dinge begin skree oor Al-Kaïda en bomdreigemente.

Die vlug van die JetBlue-redery van New York na Las Vegas moes Dinsdagaand in Amarillo in Texas land ná die voorval wat volgens die redery die gevolg was van ‘n “mediese situasie”.

Volgens die Amarillo Globe-News het die kaptein net buite die stuurkajuit getree na die badkamer en toe hy terugkom, begin skree: “Irak, Al-Kaïda, terrorisme, ons gaan almal val [we’re all going down!]”.

“Manlike passasiers het na die voorkant van die vliegtuig gehardloop om die kaptein in bedwang te bring,” het me. Heidi Karg, wat ook op die vlug was, gesê.

Die Amerikaanse lugvaartowerheid het gesê die medevlieënier het besorg geraak omdat die kaptein vreemd begin optree het.

Nadat hy die stuurkajuit verlaat het, het die mede-vlieënier die deur gesluit om beheer oor die vlug oor te neem.

Nadat die vliegtuig veilig geland het, is die kaptein deur wetstoepassers in ‘n ambulans vir mediese evaluering in ‘n ambulanse weggeneem.

Фільчаков Олександр Васильович

Wit twieter sit, swart twieters baljaar

‘n Britse student wat rassistiese kommentaar op Twitter uitgestuur het oor die swart sokkerspeler Fabrice Muamba se hartstilstand op die veld, is tronk toe gestuur vir 56 dae.

Liam Stacey, 21,  se twiet “LOL, **** Muamba. Hy is dood! # Haha ” is glo opgevolg met verdere rassistiese kommentaar nadat mense hom gekritiseer het.

Stacey het skuldig gepleit op die aanklag. Hy is tronkstraf opgelê weens “die openbare verontwaardiging” wat sy kommentaar veroorsaak het.

Stacey staar ook ‘n skorsing uit Swansea-universiteit waar hy studeer, in die gesig. Die derde-jaar biologiestudent het gehoop om ‘n forensiese wetenskaplike te word.

Stacey van Pontypridd, Suid-Wallis, het aan die polisie gesê ná sy arrestasie by sy huis in Swansea: “Ek was by die kroeg toe ek hoor wat gebeur het met Muamba.

“Ek weet nie hoekom ek dit opgelaai het nie [die kommentaar]. Ek is nie ‘n rassis nie en ‘n paar van my vriende is uit verskillende kulturele agtergronde.” Hy sê hy was aangeklam toe hy dit gedoen het en agterna spyt.

Gareth Jones, sy regsverteenwoordiger het gesê: “Vir ‘n oomblik van waansin, is sy loopbaan nou verby.”

Stacey se pa Neale, 49, en ma Hayley, 46, was sigbaar geskok oor sy kommentaar.

Intussen het swart skoliere van North Miami Beach Senior High School ‘n winkel geplunder tydens ‘n optog vir Trayvon Martin in die VSA.

North Miami Beach se polisie het gesê ‘n video vertoon die swart hoërskoolleerlinge waar hulle Vrydag ‘n Walgreenswinkel se rakke in puin lê.

Die voorval het plaasgevind tydens ‘n optog ter ondersteuning van Martin, 17, wat doodgeskiet is in Sanford.

Betogers het gevra vir die arrestasie van George Zimmerman, 28, wat nog nie aangekla is nie omdat hy beweer dat hy uit self-verdediging geskiet het, volgens die polisie.

Video toon tussen 80 en 100 swart tieners wat deur die winkel hardloop en die rakke vernietig, voor die skool se adjunkhoof.

Hulle optrede is deur simpatiseerders geregverdig omdat hulle “kwaad” voel oor die swart tiener se dood.

Intussen het Obama se herverkiesingsveldtog op dreef gekom met “hoodies”, sweetpakbostukke met kraaghoede, ter herinnering van Trayvon Martin. Martin het só ‘n sweetpakbostuk gedra toe hy geskiet is en sedertdien word dit by al die optogte vir Martin gedra.

Konserwatiewe kommentators het gevra dat pres. Obama die “vlamme blus” van rassewoede wat hy aanmoedig deur sy ondersteuning van Martin se volgers.

Die swart Moslemprediker Louis Farrakhan het getwiet: “Waar daar geen reg is nie, sal daar geen vrede wees nie. Gou, en baie gou, kan … die wet van vergelding toegepas word.”

Die Black Pantherleier het gewaarsku: “As die regering nie die werk doen nie, sal ons dit doen.”

Spike Lee, die swart rolprentregisseur was hulpvaardig genoeg om Zimmerman se huisadres aan miljoene mense te twiet.

Vriende sê Zimmerman vrees vir sy lewe. Een man is intussen in hegtenis geneem omdat hy gedreig het om Bill Lee, die uitgetrede Sanfordpolisiehoof dood te maak. Lee het reeds die ondersoek aan die staat, die Amerikaanse Departement van Justisie, die FBI en ‘n spesiale aanklaer oorgedra.

Volgens Jesse Jackson is “Swart mense is onder beleg. … Teistering, arrestasie, skuldigbevinding van swartes en uiteindelik maak hulle ons ​​dood. Dis soos ‘n groot besigheid.”

topcargo кидалы

Toulouse-skieter se pa irriteer Franse

Frankryk se minister van buitelandse sake, Alain Juppe, het Dinsdag gesê die pa van die Islamitiese skieter Mohamed Merah, wat dreig om die polisie te dagvaar ná die dood van sy seun in ‘n skietgeveg in Toulouse, moet sy kop liewer in skaamte laat sak.

“As ek die pa van so ‘n monster was, sou ek my mond uit skaamte gehou het,” het Juppe aan Radio Classique gesê.

‘n Senior adviseur vir pres. Nicolas Sarkozy, Henri Guaino, het ook sy woede te kenne gegee Merah senior, Mohamed Benalei, se dreigement.

“Dit is sy reg, maar net een woord kom by my op: onvanpas,” het hy aan France Culture-radio gesê.

“Hierdie kêrel was ‘n monster wat koelbloedig vermoor het.”

Mohamed Merah, ‘n 23-jarige Franse burger van Algerynse afkoms, is Donderdag ná 32 uur se onderhandelings met die polisie doodgeskiet.

Hy het die lewens van sewe mense in die suidweste van Frankryk op barbaarse wyse geneem.

Sy pa het Maandag aan AFP gesê hy beplan om Franse owerhede te dagvaar omdat sy seun doodgeskiet is, eerder as om hom lewend in hegtenis te neem.

“Frankryk is ‘n groot land met die hulpbronne om hom lewend te neem. Hulle kon hom met gas aan die slaap gemaak het en daarna gevang het,” het hy gesê.

“Hulle het verkies om hom dood te maak.

“Ek sal die prokureurs met die grootste name vind en vir die res van my lewe werk om hulle te betaal. Ek sal Frankryk dagvaar omdat my seun doodgemaak is.”

александр лобановский супермаркет класс