Die vroue en ‘n paar van hul kinders in Pakistan is in aanhouding sedert Amerikaanse kommando’s bin Laden in ‘n groot huis in die Pakistanse stad van Abbottabad op 2 Mei vermoor het. Hulle is eers verlede maand formeel aangekla van immigrasie-oortredings.
Die Amerikaners het die vroue en kinders agtergelaat in die huis nadat hulle met bin Laden se lyk vertrek het.
Die vroue beskik glo oor inligting oor hoe bin Laden daarin geslaag het om ongemerk vir byna 10 jaar ná die 11 September-aanvalle met sy lewe aan te gaan ten spyte daarvan dat hy die onderwerp van ‘n massiewe internasionale soektog was.
Die jongste, die 30-jaar-oue Jemeense vrou Amal Ahmed Abdel-Fatah al-Sada, het gesê Bin Laden het tussen vyf huise gewoon terwyl hy sogenaamd gesoek was en vier kinders verwek, van wie twee in Pakistanse regeringshospitale gebore is.
Hulle het na Abbottabad getrek in 2005.
Bin Laden het digby Pakistan se ekwivalent van die West Point Militêre Akademie geleef in die huis waar hy vermoor is. Die VSA het glo nie bewyse dat senior Pakistanse amptenare geweet het van bin Laden se doen en late nie, ten spyte daarvan van noue samewerking tussen die twee lande.
Twee van die weduwees is Saoedi en die een is Jemeens. Saoedi-amptenare het aangedui dat hulle bereid sal wees om toe te laat dat die weduwees terugkeer en sal aan hulle kinders burgerskap gee indien versoek.
Die Saoedi-ministerie van buitelandse sake het geweier om kommentaar te lewer. Die drie weduwees sou graag gedeporteer word na die land om “soos ‘n gesin,” te woon, het hul regsverteenwoordiger gesê.
Al-Sada, bin Laden se gunstelingvrou, is in die been geskiet en gewond is tydens die aanval.
Die woning in Abbottabad was ‘n besige plek met 28 inwoners, insluitende die 54-jarige bin Laden, sy vroue, agt van sy kinders en vyf van sy kleinkinders, volgens Brig. Shaukat Qadir, ‘n afgetrede Pakistanse weermagbeampte.
Bin Laden se koerier, die koerier se broer en hulle vrouens en kinders ook het in die huis gewoon.
