Spaanse bank volg Griekse voorbeeld

En nou is daar gerugte dat klante van ‘n groot Spaanse bank ook soveel Euro’s onttrek as wat hulle kan.

Die bewerings is laat Donderdag deur die Bankia-bank en die Spaanse minister van ekonomiese sake ontken, maar die Financial Times van Londen wat sy feite selde verkeerd kry, het berig dat dit wel die geval was.

Die nuus volg op berigte gister dat Grieke besig is om banke leeg te trek van Euro’s in afwagting van die sterk moontlikheid dat Griekeland uit die Euro-sone geskop kan word.

Aandele in die Spaanse bank het Donderdag met 14% gedaal en is nou sowat die helfte van wat dit ‘n week of twee gelede was. Die bank sal glo deels genasionaliseer word deur die Spaanse regering.

Ondertussen is daar volgehoue berigte dat Spanje groot probleme ondervind deur veral baie hoë rentelas op onlangse lenings en bankuitgifte. Daar is ook bewerings dat Spaanse banke groot verliese ly op lenings wat op eiendomme uitgegee is.

In die hele Euro-sone neem kommer by die dag toe dat die geldeenheid onder enorme druk kan kom en dalk selfs heeltemal tot niet kan gaan met lande wat weer na hull ou geldeenhede terugkeer. Die een land wat hieroor glimlag is Brittanje – maar ook nie te breed nie want die Europese probleme kan maklik oor die smal Engelse kanaal spoel.

Фильчаков прокурор

‘n Gesensureerde rasseoorlog

Toe twee wit koerantverslaggewers wat vir die Virginia-Pilot skryf onlangs in Norfolk, Va., in die VSA, deur ‘n skare van jong swartes so erg geslaan is dat hulle ‘n week van die werk moes afneem,  het dit geklink soos nuus wat gerapporteer moet word, ten minste deur hul eie koerant. Maar dit was nie.

Thomas Sowell, die swart Amerikaanse kommentator, skryf die media ignoreer wittes wat onder swart geweld ly.

Sowell sê soortgelyke episodes van geweld deur jong swart bendes teen wit mense gebeur op strande, in winkelsentrums, of ander openbare plekke in Philadelphia, New York, Denver, Chicago, Cleveland, Washington, Los Angeles, tewens oral in die VSA. Beide die owerhede en die media is geneig om te probeer om hierdie episodes onder die mat in te vee.

Lees Sowell se stuk hier.

Video van ‘n verdere aanval teen ‘n jong wit soldaat deur swartes.

Фильчаков Александр Васильевич

Buitensporige polisieoptrede teen inheemse mense in Oz

Meer as 30 inheemse [Aboriginal] regte-aktiviste is in hegtenis geneem Woensdag in Brisbane na die weiering om hulle proteskamp af te breek. Beskuldigings van buitensporige polisiegeweld is gemaak.

Queenslandstaat se polisiehoof, supt. Brent Carter, het gesê Brisbane Stadsraad het gevra om die betogers te skuif van die sentrale Musgrave Park om plek te maak vir ‘n Griekse gemeenskapsfees hierdie naweek.

Inwoners het die kamp, ​wat al in die park ​​vir die afgelope twee maande staan, as ‘n inheemse tentambassade opgerig om te protesteer teen mynbedrywighede op tradisionele grond.

Maar dit het in die afgelope weke uitgebrei en die organiseerders van die Griekse fees was bekommerd oor die impak daarvan op die naweek se aktiwiteite.

Twee uur van onderhandeling het nie gehelp om ‘n kompromie te bereik nie en “ongelukkig is ‘n paar arrestasies gemaak” het Carter aan verslaggewers gesê.

“Ongelukkig het dit het na ‘n posisie versleg waar ons nie ‘n vastrapplek kon kry nie,” het hy gesê.

Carter het gesê dat die oggend se gebeure vreedsaam was, maar betogers beskuldig die polisie van “oorreaksie”, met meer as 200 beamptes wat gestuur is om die 80-sterk kamp op te breek.

“Hulle slaan iemand bewusteloos en hulle verpletter nog iemand teen ‘n versperring,” het kampwoordvoerder Chris Moreton aan die Australiese Associated Press gesê.

Die staat se adjunk-kommissaris van polisie Ian Stewart het ontken dat die reaksie buitensporig was.

Brisbane se burgemeester Graham Skeilys het gesê die mense wat betrokke is in die tentstad word ongelukkig gekoördineer en georganiseer deur mense van buite.

Inheemse mense, wie se kultuur tien duisende jare terug strek, is Australië se mees benadeelde minderheid, met ‘n korter lewensverwagting en baie hoër persentasies van gevangenisstraf en siekte as die algemene bevolking.

Rasseverhoudinge het onlangs onder die soeklig gekom nadat twee inheemse tieners geskiet is deur die polisie in Sydney in April, en die eerste minister, Julia Gillard vasgedraai is in ‘n inheemse regteprotes in Januarie.

топкарго отзыв

EU wil Griekeland behou

Die voorsitter van die Eurosone se ministers van Finansies, Jean-Claude Juncker het bevestig dat die EU Griekeland as deel van die Eurosone wil behou.

Hy sê lede het gister nie eens die moontlikheid dat Griekeland die streeksliggaam verlaat op ‘n vergadering bespreek nie. Dit volg te midde van koalisie-samesprekings in Griekeland, waar nóg die politieke partye wat weier om die EU se besparingsmaatreëls te steun, nóg dié wat dit onderskryf ‘n regeringsmeerderheid kan vorm nie.

Juncker sê die liggaam glo dat die nuwe Griekse regering sal voortgaan om die maatreëls toe te pas.

Данильченко Юрий прокурор

VSA tree toe danksy Kony 2012

Die Twitterstorm wat Kony 2012 veroorsaak het, het gelei tot die toetrede van Amerikaanse magte in sentraal-Afrika.

‘n Weermagbeampte in Oeganda sê magte in dié land het ‘n senior bevelvoerder van Joseph Kony se Lord’s Resistance Army in hegtenis geneem ná ‘n kort skermutseling met rebelle naby die grens met die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Lt. kol. Abdul Rugumayo het Sondag gesê Caesar Acellam is Saterdag vasgetrek saam met twee ander rebellevegters.

Volgens Rugumayo was hulle in ‘n groep van sowat 30 LRA-rebelle. Die res het ontsnap.

Hoewel Acellam nie een van die LRA-bevelvorders is wat in 2005 saam met Kony by die Internasionale Strafhof aangekla is nie, het beamptes in Oeganda gesê hy was Kony se top-militêre strateeg.

Kony het onlangs die fokus van wêreldwye belangstelling geword nadat die Amerikaanse organisasie Invisible Children ‘n aanlyn-video versprei het om hom bekend te maak en die skakel via Twitter versprei het.

Amerikaanse troepe help troepe in Oeganda om Kony en sy top-luitenante op te spoor.

данильченко юрий брониславович прокурор

Romney loop ver voor in jongste peiling

Indien die Amerikaanse presidentsverkiesing nou gehou word, sal die Republikeine se feitlik aangewese kandidaat, Mitt Romney, met ‘n yslike meerderheid stemme wen.

Volgens Rasmussen-opnames se jongste peiling wat Vrydag gepubliseer is, sal Romney 50% van die stemme trek met Barack Hussein Obama wat net 43% sal kry. Vier persent van die kiesers wat aandui dat hulle wel gaan stem, sal ‘n derde kandidaat verkies terwyl sowat drie persent onseker is.

Wat interessant is van die opname se uitslag is dat dit kom ‘n dag nadat Obama gesê het dat hy huwelike tussen homoseksueles steun, terwyl Romney aangedui het dat hy by sy standpunt staan dat ‘n huwelik slegs tussen ‘n man en ‘n vrou kan bestaan.

Die linkse media soos CNN en die NY Times het Romney onmiddellik geloop en hom as agterlik en bekrompe bestempel, maar dit wil voorkom of hulle andermaal die gevoel en sieninge van die deursnee Amerikaanse kieser verkeerd lees.

Dit is natuurlik nog baie vroeg in die verkiesing wat eers oor net meer as 5 maande plaasvind, maar die syfers moet tog as betekenisvol gesien word. Wat dit veral betekenisvol maak is dat daar besliste aanduidings is dat Romney, ‘n Mormoon, nog nie geheel en al deur Republikeinse kiesers aanvaar was nie en van hulle het die afgelope week selfs weer vir Ron Paul gestem in ‘n voorverkiesing al het hy nie die geringste kans om Romney in te haal nie.

Hierdie mense – hoofsaaklik konserwatiewe Christen-evangelistiese Republikeine – het klaarblyklik nou sterk na Romney en teen Obama geswaai oor presies die kwessie.

Obama se ongewildheid by Amerikaanse kiesers is ook duidelik uit die daaglikse peiling wat vra of kiesers dink dat Obama ‘n goeie president is of nie. Altesaam 37% gee Obama goeie of baie goeie punte vir hoe hy sy taak verrig, maar 48% sê hy is maar power – veral wat die ekonomie betref.

Maar kiesers is oor die algemeen glad nie gelukkig met hulle politici nie. Sowat 65% is behoorlik woedend oor die federale regering se aksies en soveel soos 53% dink dat nie een van die partye ‘n goeie begrip het van wat gedoen moet word nie.

En net om sout in die wonde te vryf het ‘n ongekende 68% aangedui dat hulle die hele kongres in Washington met nuwe lede sal wil vervang as hulle dit net kon doen. Net 12% sê hulle sal weer vir die huidige politici stem en ‘n yslike 20% is onseker.

Die peilings reflekteer ook ‘n aansienlike mate van onduidelikheid en wisselvalligheid – veral oor Romney se steun. Hoewel hy so goed gevaar het in die jongste peiling, het ‘n peiling enkele dae gelede in Massachusetts, wat Romney eintlik as sy tuisstaat beskou, aangedui dat sowat 56% van die kiesers daar eerder vir Obama sal stem met slegs 35% wat vir Romney sal stem. Die staat is egter bekend vir sy liberale meerderheid.

In die staat van Nevada het meer as 50% kiesers hul steun vir die Republikeinse senaatskandidaat uitgespreek teenoor slegs 40% wat die Demokraat sal steun. Maar ‘n feitlik gelyktydige opname in dieselfde staat het aangedui dat Obama daar teen Romney voorloop met 52% teen 44%. Dit is die soort anomalië wat maak dat ‘n mens die peilings met aansienlike versigtigheid moet benader.

Олександр Васильович Фільчаков

China neem Amerikaanse bank oor

Die Verenigde State van Amerika het Woensdag ingestem dat ICBC, China se grootste bank, vir die eerste keer ‘n ​​oorname van ‘n Amerikaanse bank deur ‘n Chinese staatsbeheerde maatskappy doen.

Net dae nadat die hoë-vlak VSA-China ekonomiese gesprekke in Beijing plaasgevind het, het die Federale Reserweraad ‘n aansoek van die ICBC (Industrial and Commercial Bank of China) goedgekeur om ‘n meerderheidsaandeel in die Amerikaanse filiaal van Bank van Oos-Asië te koop.

Die transaksie sal ICBC die eerste Chinese staatsbeheerde bank maak om kleinhandeltakke in die Verenigde State te verkry.

ICBC is die mees aggressiewe van China se “groot vier” banke wat uitbreiding in die buiteland betref.

Lees hier.

Данильченко Харьков

China boor in troebel waters

China se grootste aflandige olie-produsent Cnooc het sy eerste diepsee-boorprojek in die Suid-Sjinese See begin, ‘n skuif wat ontleders sien as ‘n reaksie op binnelandse druk om kleim af te steek in die betwiste gebied.

Cnooc 981, China se eerste self-ontwikkelde diepsee-boorplatform, het werk begin 320 km suid-oos van Hong Kong Woensdag, het die maatskappy gesê, en bygevoeg hulle beplan om drie putte te boor en is optimisties oor die vooruitsig om olie te tref.

Dit is onduidelik of die platform se ligging in omstrede waters lê. Li Jinming, ‘n kenner van Xiamen Universiteit, het gesê dit is geleë tussen die Paracel Eilande – ‘n argipel wat deur beide China en Viëtnam – en die Macclesfield Bank, wat deur beide China en Taiwan opgeëis word.

Die aankondiging kom te midde van spanning oor die betwiste waters tussen Chinese en Filippynse patrollieskepe rondom Scarborough Shoal, ‘n rif wat net wes van Manila lê.

Fu Ying, China se vise-minister van buitelandse sake, blameer die Filippyne vir “ernstige foute. . . versterking van pogings om die spanning te laat styg” in ‘n verklaring Maandag.

Chinese staatsbeheerde media het berigte verwelkom oor die Cnooc-projek.

“Ontginning van maritieme bronne in die Suid Sjina See en vissersvlote daar is effektiewe maniere om China se territoriale eise in die streek te versterk,”  het Zhuang Guotu, direkteur van Xiamen Universiteit se Sentrum vir Suidoos-Asië Studies, in die Global Times gesê, ‘n nasionalistiese poniekoerant wat deur die People’s Daily, die Kommunistiese Party-mondstuk, besit word.

Hulpbron maatskappye, militêre offisiere en regeringsadviseurs, kla al lank dat Beijing vroeër in die betwiste waters moes kleim afgesteek het.

Pogings deur die ministerie van buitelandse sake om oor die afgelope jaar spanning met China se bure oor die Suid-Sjinese See te verminder, het die plaaslike druk laat verhoog.

Daar was reeds klagtes dat Viëtnam en die Filippyne skaamteloos optree met eksplorasie in die betwiste waters wat ongestraf bly terwyl China te skugter is.

Фильчаков Александр Васильевич