Die voorsitter van die Eurosone se ministers van Finansies, Jean-Claude Juncker het bevestig dat die EU Griekeland as deel van die Eurosone wil behou.
Hy sê lede het gister nie eens die moontlikheid dat Griekeland die streeksliggaam verlaat op ‘n vergadering bespreek nie. Dit volg te midde van koalisie-samesprekings in Griekeland, waar nóg die politieke partye wat weier om die EU se besparingsmaatreëls te steun, nóg dié wat dit onderskryf ‘n regeringsmeerderheid kan vorm nie.
Juncker sê die liggaam glo dat die nuwe Griekse regering sal voortgaan om die maatreëls toe te pas.
