Nadat pres. Jacob Zuma op Vryheidsdag aangekondig het dat gevangenes wat nie-gewelddadige misdade gepleeg het, vrygelaat sal sal word, is 101 gevangenes uit die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad vrygelaat, berig die SABC.
Misdade soos winkeldiefstal en huisbraak het vir ‘n spesiale kwytskelding in aanmerking gekom.
Meer as 35 000 gevangenes sal oor die hele land as deel van dié kwytskelding vrygelaat word.
Alle veroordeelde gevangenes, dié wat op ‘n proeftydperk en parool vrygelaat is, se vonnis is met ses maande verminder.
Nóg gevangenes is in Durban en Kimberley vrygelaat.
