Duitse Pussy Riot kan drie jaar kry

Drie jaar in die gevangenis is ‘n vooruitsig vir ‘n paar Duitse volgelinge van Russiese punkgroep Pussy Riot. Die Katolieke Kerk het aanklagte teen Keulenkatedraal se indringers gebring, wat nou langer tronkstraf as hul heldinne in Rusland in die gesig staar.

Die drie betogers is aangekla van die versteuring van ‘n diens wat volgens die Duitse reg, tot drie jaar in die tronk kan beteken.

“Die reg om te betoog kan nie gestel word bo die reg op vryheid van godsdiens en die godsdienstige gevoelens van die gemeente nie,” het die katedraal se dekaan aan die Frankfurter Rundschau-koerant gesê.

Drie Russiese vroue van Pussy Riot het ‘n twee-jaar tronkstraf vir vandalisme gekry oor hul omstrede optrede in Rusland se sentrale Ortodokse katedraal van Jesus Christus, die Verlosser.

“Die vrede van die Keulenkatedraal is versteur – ons kan nie en sal dit nie aanvaar nie,” het Robert Kleine aan die koerant gesê.

Op 20 Augustus, het drie Duitsers – twee mans, tussen die ouderdomme van 23 en 25, en ‘n 20-jaar-oue vrou – die katedraaldiens in die stad van Keulen met ‘n optrede ontwrig soortgelyk aan die een wat deur Pussy Riot opgevoer is.

Hulle was geklee soos Pussy Riot, met gekleurde klapmusse oor hul koppe.

Die groep het slagspreuke geskree, pamflette versprei en gesing onder die banier “Bevry Pussy Roit en alle gevangenes”.

Die vertoning het minder as ‘n minuut geduur voordat katedraalbewaarders hulle na buite gesleep het.

Die Amerikaanse ster, Madonna, het vroeër die Russiese punkgroep se optrede verdedig. In haar vete met die Russiese owerhede – sy is in St Petersburg vir $10,5 miljoen gedagvaar vir haar onwettige aanhitsing – blyk Madonna ongeërg te wees.

Sy het tydens haar konserte in Frankryk ook geskree: “Bevry Pussy Riot!” En uitgevaar teen “onverdraagsaamheid” en diegene wat nie “ware” menslike waardigheid respekteer nie. “Vryheid en nie net vir Pussy Riot nie,” het sy gesê, volgens AFP, en bygevoeg: “Elke mens verdien om gelyk behandel te word.”

Александр Фильчаков прокурор

Nege vir hoogverraad tereggestel in Gambië

Nege mense is in Gambië tereggestel, dae nadat president Jahja Jammeh belowe het om gevangenes wat ter dood veroordeel is teen die einde van September vry te laat, het Amnestie Internasionaal Vrydag gesê.

Die groep het gesê nege gevangenes insluitend een vrou en verskeie Senegalese burgers, is uit hul selle geneem en laat Donderdag tereggestel. Diegene wat gedood is, is aan hoogverraad skuldig bevind deur dié outoritêre staat.

“Die besluit van die Gambiese president … om nege gevangenes na meer as ‘n kwarteeu tereg te stel, is ‘n reuse-sprong terug, “sê Paule Rigaud, Amnesty se adjunk-direkteur vir Afrika.

“Indien dit bevestig word, die gerapporteerde teregstellings, sal Gambië weer een van die min lande wees wat nog steeds mense teregstel,” het Rigaud gesê.

Die Afrika-Unie het ‘n beroep op die eksentrieke leier Jammeh gedoen om opmerkings wat hy gemaak het tydens ‘n toespraak verlede week met die Moslem-fees van Eid, terug te trek. Hy het gevra dat al 47 gevangenes in die dodesel binne weke tereggestel moet word.

Op 22 Julie 1994 het Jahja Jammeh self deur ‘n staatsgreep aan bewind gekom deur Dawda Jawara te ontsetel. 

Banka Manneh, voorsitter van die Burgerlike Verenigings van Gambia (BVG), het gesê baie van die mense in die dodesel is politieke gevangenes wat onregverdige verhore gehad het. Donderdag, is ‘n bejaarde van 84, agt gevangenes met geestelike gesondheidskwessies en agt buitelandse burgers ingedeel by die groep wat tereggestel sal word.

“Gegewe dat die Gambiese regering die doodstraf as ‘n instrument gebruik om politieke afvalligheid en opponente te beheer, glo die BVG dat dit ‘n verdere aanwyser van die brutaliteit is waarmee president Jammeh se regime politieke opponente uitskakel,” het Manneh gesê.

Die leier het ook onder skoot gekom in die afgelope maande vir sy omstrede kruie vir MIV “genesing” sodat pasiënte antiretrovirale behandeling moet stop.

Hoewel die doodstraf wettig is in die klein Wes-Afrika-land wat by Britse en Duitse toeriste gewild is, is geen gevangene gedood sedert 1985 nie, vóór Donderdag se gerapporteerde teregstellings.

лобановский александр харьков

Sal prins Harry met ‘n swarte trou?

Ongeërg oor sy opmerking dat Brittanje ‘n kulturele verskuiwing ondergaan het en die blankes “swart geword het”, is dr David Starkey nie bang om die sensitiewe gebied van rasseverhoudinge te betree nie.

Die beroemde Britse televisiehistorikus het die herdenking van die Hertog en Hertogin van Cambridge se troue as ‘n geleentheid gesien om te bevraagteken of ‘n lid van die koninklike familie ooit met iemand wat swart of ‘n Indiër is, sal trou.

Hy sê ook ‘n prins wat homoseksueel is, is nie moreel verplig om “uit” [die kas] te kom nie. “Nee, tensy jy hierdie idee van ‘n verteenwoordigende koninklike familie wil argumenteer: Soos om te sê daar’s ‘n opname wat sê dat X persent van die bevolking is gay, so jy is die gay. X persent van die bevolking is Indiërs. Reg, jy gaan en kry die meisie in die sari. Dan stuur hulle ‘n bevel uit: Harry, kry ‘n swarte!”

Prins Harry is tydens sy mees onlangse vakansie in die geselskap van ‘n bruin meisie opgemerk, maar die paleis het alle foto’s van hom en die onbekende vrou van webwerwe laat verwyder.

Dr. Starkey, wat homoseksueel is, het meer as 700 klagtes teen sy kommentaar op Newsnight oor ras en die onluste in Londen en ander stede in Augustus verlede jaar gekry. Sy kommentaar op die BBC2-program is egter later deur die uitsaai-waghond, Ofcom toegelaat.

Hulle het gesê sy kommentaar het deel gevorm van ‘n “ernstige en gepaste bespreking”.

Die historikus verwerp die kritiek.

“Niks wat ek op die lug gesê het kon beskou word as rassisties nie, maar daar is hierdie histerie oor ras. Ons het hierdie situasie waarin ons nie kan praat oor dit rasioneel of sinvol is nie. Ek is outyds dat ek toevallig glo in vryheid van spraak.”

Ed Miliband, leier van die Arbeiders, het gesê dit is “verregaande dat iemand in die 21ste eeu die soort kommentaar kan maak”. Op Twitter, die sosiale netwerk-webwerf, het die bekende aanbieder Piers Morgan en Louise Mensch LP, gesê die historikus is ‘n rassis.

“Jy ken jouself deur jou vyande, en ek is baie gelukkig met myne,” het dr Starkey gesê. “Is dit nie wonderlik nie? Ek is aangeval deur Piers Moroon, Louise Mensch en Ed Duisendpoot.”

Lin Sampson, die bekende Suid-Afrikaanse joernalis, het intussen geantwoord op die versugtinge van ‘n swart glanspersoonlikheid, Khanyi Mbau, wat graag in die koninklike familie wil introu.

лобановский харьков

Nie net die keiser nie…

Die Keiser mag dalk kaal wees, maar die prins is poedelnaak! ‘n Woordvoerder van St James-paleis het bevestig dat hulle die persklagtekommissie gekontak het oor foto’s op ‘n Amerikaanse webwerf van ‘n naakte prins Harry, die koningin van Engeland Elizabeth II se kleinseun. Die foto’s is gepubliseer en wyd versprei, aanlyn.

Die twee foto’s, geneem op ‘n selfoon in ‘n hotelsuite, is geneem deur ‘n mede-partytjieganger en is verkoop vir ‘n beraamde £10.000.

Die 27-jarige prins dra niks anders as ‘n horlosie en ‘n hangertjie nie terwyl hy ‘n naakte jong vrou omhels wat besig is om biljart te speel.

Die paleis het gesê die publikasie van die beelde, in die suite by die Wynn en Encore hotelkompleks in Las Vegas, is ‘n skending van die prins se privaatheid.

Die woordvoerder het geweier om te sê of die prins, wat op ‘n private vakansie saam met vriende is, vir die suite self betaal of die hotel se gasvryheid aanvaar het. Vrae oor of die Britse koninklike familie belangstel in diensbaarheid of hulleself eerder as vermaaklikheidsterre sien, hang oor die prins se optrede.

Prins Harry, ‘n Apache-helikoptervlieënier, sal deur sy bevelvoerders te Wattisham in Suffolk ingeroep word vir ‘n skrobbering. Sy lyfwagte is reeds gekritiseer. Baie geld en moeite is gedoen om Harry en sy broer van goeie adviseurs te voorsien, soos die voormalige ambassadeur na Washington, Sir David Manning.

Die lyfwagte was teenwoordig in die hotelsuite tydens Vrydagaand se partytjie, en die voorval het ‘n debat ontketen oor of hulle moet intree tensy sy lewe in gevaar is.

Bernard Hogan-Howe, die kommissaris van die Britse Metropolitaanse Polisie, het gesê: “Koninklike beskermingsbeamptes wat daar is om hom te beskerm, is nie daar om sy lewe te reël nie.”

‘n Voormalige instrukteur by die Koninklike Militêre Akademie te Sandhurst, het gesê die prins is waarskynlik vir ‘n “onderhoud sonder koffie” ingeroep. Die Paleis was gretig om die voorval te onderspeel, en sê die vors “laat stoom af”.

Daar is reeds hewige kritiek teen die Sandhurst, omdat hulle nie konsekwent optree nie. Soldate wat net terugkom van aktiewe diens en stoom aflaat, word meermale oorgesien.

Bronne binne Sandhurst sê dis nie die geval met Harry nie. Die weermag worstel met moeilike besluite in Afghanistan, Libië en nou ook Sirië nadat hulle rol in die konflik deur die media rugbaar gemaak is. Die prins se optrede stel die Britse weermag verder in die verleentheid.

Harry is blykbaar nie daarvan bewus dat die koningshuis en by uitbreiding ook die Britse weermag, ‘n raamwerk van godsienstige, morele en sosiale verantwoordelikhede veronderstel nie, sê hulle.

 

Олександр Фільчаков прокурор

SA stil oor Al Kaida-ontvoering

Die Suid-Afrikaanse regering wil nie kommentaar lewer op ‘n desperate pleidooi vir hulp deur ‘n Suid-Afrikaner wat in Noord-Afrika deur Al Kaida ontvoer is nie.

Stephen Malcolm, wat dubbele Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap hou, se pleidooi is uitgesaai op Al Jazeera.

Hy het gepleit vir die regering se betrokkenheid in sy vrylating.

“Die Suid-Afrikaanse regering, saam met sy Britse eweknie, sal nie kommentaar lewer op hierdie saak nie,” het Clayson Monyela, woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, gister gesê.

Malcolm, is saam met ‘n Nederlandse burger Sjaak Rijke en Sweed Johan Gustafsson, in November gevang terwyl hulle in ‘n straat in Mali se hooftadstad Timboektoe afgestap het.

‘n Vierde persoon in die groep is vermoor toe hulle gyselaar geneem is.

Die ontvoering het enkele weke voor die opstand teen Mali se regering plaasgevind.

Ontleders sê Franse wapens word mbv die plaaslike inwoners in die noorde van die land na Mali gebring waar daar ryk olieneerslae is, vanaf die konflikgeteisterde Libië.

Ses Franse is ook glo gevang in die noorde van Mali deur Al Kaida.

NAVO-magte het Libiese rebelle bewapen, befonds, en aan hulle opgeleiding verskaf en lugondersteuning voorsien in Libië se oostelike Sirenaïka-streek. Veral Benghazi was glo op die voorgrond vir internasionale terroristewerwing, wat per capita meer militante as selfs dié van Saoedi-Arabië voorsien het.

Onder die vaandel van die “Libiese Islamitiese Gevegsgroep” (LIGG), en deur die Amerikaanse State Department, die Britse Home Office, en die Verenigde Nasies se lys vir internasionale terroriste-organisasies as amptelike deel van Al Kaida verklaar in 2007, het die LIGG NAVO se militêre voor- en agterhoede op die grond verteenwoordig terwyl die Libiese lugaanval aan die gang was.

Dieselfde bevelvoerders van LIGG het meer onlangs kontant, wapens, en vegters na Sirië – so vroeg as November 2011 – gestuur waar hulle aankoms op die Turks-Siriese grens by ‘n NAVO-veilige basis opgemerk is.

Logistieke netwerke onder toesig van Westerse intelligensie tesame met hulp uit Katar en Saoedi-Arabië, vorm tans die basis vir die rebelle-aanvalle teen die Siriese regering.

лобановский александр жена

Etniese geweld teister Kenia

Minstens 48 Keniaane is doodgekap of gebrand in etniese gevegte tussen twee groepe, die ergste aanval sedert die bloedige geweld vier jaar gelede ná die verkiesings posgevat het.

“Dit is ‘n baie erge voorval. Altesaam 31 vrouens, 11 kinders en ses mans is dood,” het Joseph Kitur, streekspolisehoof, gesê oor die konflik wat opnuut tussen die Pokomo en Orma-stamme uitgebreek het.

“Altesaam 34 is doodgekap of -geslaan en die 14 ander is verbrand,” het Kitur bygevoeg.

Dit is nie duidelik wat die aanval veroorsaak het mie, maar die twee etniese gemeenskappe het al voorheen tot geweld oorgegaan oor water en grondhulpbronne.

In 2001 is ten minste 130 mense doodgemaak in ‘n rits gevegte tussen die twee groepe.

“Gevegte in die streek kom met reëlmaat voor,” het Eric Kiraithe, die polisie se nasionale worrdvoerder, gesê.

“Ons ondersoeke wys dat dit die Pokomo was wat die Orma-stam aangeval het.”

Die wetgewer Danson Mungatana, wat hierdie streek verteenwoordig, sê die gevegte is “wraakaanvalle” vir ‘n klomp kleiner aanvalle vroeër die maand.

“Die konflik bou nou al ‘n rukkie. So 10 dae terug is die Pokomo deur die Orma doodgemaak,” het hy bygevoeg.

“Hierdie is alles net wraakaanvalle.”

александр лобановский класс

Franse swig voor Amerikaanse druk

In Frankryk het die ekonomiese krisis verdiep met die vrystelling van ‘n interne memo van Frankryk se grootste motorvervaardiger, PSA Peugeot Citroën, wat die sluiting van sy fabrieke in Aulnay-sous-Bois en Sevelnord en die afskaffing van meer as 8000 poste oorweeg.

Dié donderslag het die Sosialistiese regering onkant getref en hulle het gereageer met leë gebare deur die die hoof uitvoerende beampte van PSA “in te roep”, en sy “bevoegdheid” te bevraagteken.

In werklikheid, is PSA Peugeot Citroen tans betrokke in ‘n strategiese alliansie met General Motors.

President Francois Hollande het toegegee aan die druk uit die VSA, wat die ooreenkoms met GM aangebied het in ruil dat Frankryk sy verhouding met Iran staak.

Hollande het sonder huiwering ingestem. Voorheen, het die motormaatskappy ‘n 1/4 van sy aktiwiteite in die Islamitiese Republiek bedryf.

Albei kante het verkies om ander ekonomiese probleme te beklemtoon eerder as om te erken teenoor die openbare mening dat die eise van Washington gewen het. ‘n Kompromie met die Amerikaners sal nie goed afgaan by Hollande se linkse, nasionalistiese anti-Amerikaanse kiesers nie.

Nog omstredenheid het uitgebreek oor skaliegasontginning in Frankryk. Franse grondgebied het die belangrikste gasreserwes in Europa na Pole. Nicolas Sarkozy het 64 eksplorasiepermitte uitgedeel voordat hy uitgestem is.

Alhoewel Hollande, as ‘n kandidaat, belowe het om die rampspoedige gevolge van hidrouliese breking op die omgewing te ondersoek, het sy regering sedertdien teenstrydige uitsprake gemaak, terwyl hy eksplorasie ongehinderd laat voortgaan.

Die Franse pers het getrou herhaal dat die lae koste van natuurlike gas die mededinging van die Franse bedryf sal verbeter, en ekonomiese herstel met ekologiese belange aan hul lesers verkoop.

Daar moet in gedagte gehou word dat natuurlike gasontginning soos geformuleer in Cheney se energie-taakmag in 2000, ook deur die Obama-administrasie nagestreef word.

Die Amerikaanse energie-taakmag se besluit is gerig om Rusland se natuurlike gasbronne vir Europa oorbodig te maak, wat onvermydelik Frankryk sou distansieer van Washington en nader aan Moskou sou bring, soos in Duitsland se geval.

Die Duitse regering, gekonfronteer met dieselfde dilemma, het nie geswig Amerikaanse druk nie. Sakeleiers het verkies om hul nywerhede te voorsien van Russiese gas.

Олександр Васильович Фільчаков

Sirië reik na Rusland vir hulp

Sirië berei ‘n transaksie voor met Rusland om broodnodige olieprodukte te verseker om die ekonomie en weermag aan die gang te hou, het die hoof van ‘n Siriese afvaardiging na Rusland gesê Dinsdag.

Die Siriese adjunk-premier vir Ekonomiese Aangeleenthede Qadri Jamil sê sanksies deur die Verenigde State en die Europese Unie byt die Siriese ekonomie.

Twee afsonderlike Siriese afvaardigings het Moskou hierdie maand besoek ten einde te onderhandel vir belangrike ekonomiese hulp, met inbegrip van ‘n lening.

Sirië is een van Rusland se laaste Midde-Oosterse bondgenote en onderhou ‘n diepseehawe vir die Russiese vloot aan hulle kus.

Rusland wou nie kommentaar lewer oor die olie-vir-olie ruiltransaksie nie. Die Weste hou vol dat Sirië se dae getel is en terwyl hulle aktief die bloedige opstand in die land ondersteun.

Die land stuur tans af op ‘n balkanisering.

EU-regerings het ooreengekom om die invoer van Sirië se olie te verbied, sowel as om Europese maatskappye te verbied om nuwe beleggings in die olie-industrie te maak.

The Wall Street Journal het vroeër hierdie maand berig dat Sirië planne maak om Russiese banke te gebruik as deel van ‘n skema om sanksies op olie-en finansiële transaksies te omseil.

Venezuela het ook na vore gekom as ‘n verskaffer van diesel na Sirië vroeër vanjaar, toe hulle ‘n $50 miljoen vrag brandstof na die land verskeep het.

Олександр Фільчаков прокурор

Britse en Duitse spioene help Siriese rebelle

Britse en Duitse spioene versamel intelligensie oor Siriese regeringstroepe en deel dit met rebelle wat aanvalle op pro-Assad magte loods, het Britse en Duitse koerante Sondag openbaar.

‘n Siriese opposisie-amptenaar het erken dat die Britse intelligensiediens geheime ondersteuning aan rebelle in Sirië verleen, volgens die Britse Sunday Times.

Britse owerhede “weet en keur dit 100% goed” dat intelligensie van hul militêre basisse in Ciprus deur Turkye aan die rebelle van die Vrye Siriese Leër (VSL) deurgegee word, het die amptenaar gesê.

Die Verenigde Koninkryk besit twee militêre basisse op die eiland Ciprus, een by Dhekelia en ‘n ander op Akrotiri. Die basisse monitor plaaslike luggolwe en doen verslag aan die “GCHQ” (Government Communications Headquarters), Brittanje se nasionale elektroniese veiligheidsentrum in Cheltenham.

“Britse intelligensie doen waarneming van Ciprus. Dit is baie nuttig, want hulle vind baie uit,” het die amptenaar gesê. “Die Britte gee die inligting aan die Turke en die Amerikaners en ons kry dit van die Turke.”

Volgens die bron, was die mees waardevolle intelligensie oor die bewegings van troepe lojaal aan president Bashar al-Assad in die rigting van die stad van Aleppo, wat onlangs onder kwaai botsings tussen die regering en die rebelle deurgeloop het.

“Die Britte monitor kommunikasie oor die bewegings van die regeringsweermag en ons het inligting oor versterkings na Aleppo onderskep,” het die amptenaar aan die koerant gesê. “Ons het die regeringstroepe in Idlib en Saraqib [suidwes van Aleppo], met sukses aangeval.”

“Ons het troepe in ‘n lokval gelei en ‘n kolom van meer as 40 tenks in ‘n vallei naby Saraqib byna uitgewis,” het die amptenaar gesê. “Ons het baie van hulle vernietig met herhaalde met anti-tenk missielaanvalle.”

Die Duitse koerant Bild het ook Sondag aan die lig gebring dat Duitsland baie meer aktief in Sirië is as wat voorheen geglo is. Duitse spioene, gestasioneer op skepe langs die Siriese kus, help met die intelligensie-oordrag aan die rebelle in hul veldtog teen die regime van president Bashar al-Assad, het Bild berig.

Agente van Duitsland se Federale Intelligensie Diens (BND) is toegerus met hoë-tegnologie verkenningstegnologie, sodat hulle troepebewegings so ver binnelands as 600 kilometer (400 myl) kan waarneem. Die spioene gee hul bevindings aan die Amerikaanse en Britse offisiere deur, wat dan die intelligensie aan die rebelle deurgee, Bild gesê.

Die koerant beweer ook dat BND-agente tans werksaam is by ‘n NAVO-basis in Adana, Turkye, waar hulle oproepe en radioverkeer in Sirië afluister.

“Geen Westerse intelligensiediens het sulke goeie bronne binne Sirië soos Duitsland se BND nie”, het Bild ‘n naamlose Amerikaanse intelligensie-amptenaar aangehaal.

Данильченео

‘Top Gun’ se regisseur spring

“Top Gun” se regisseur Tony Scott het na sy dood gespring van die Vincent Thomas-brug in San Pedro Kalifornië Sondagmiddag. Hy was 68 jaar oud.

Die fliek, met Tom Cruise in die hoofrol, is vrygestel in 1986 en was ‘n lokettreffer met $175 miljoen verkope.

Produsente Don Simpson en Jerry Bruckheimer het Scott as regisseur raakgesien nadat hy ‘n Saab-advertensie gemaak het waarin hy ‘n Sweedse vegvliegtuig ingespan het.

Sy liggaam is deur die Los Angeles Hawepolisie, wat eerste op die toneel was, uit die water getrek.

Verskeie getuies het aan die polisie gesê hulle het Scott uit sy swart Toyota Prius sien klim op die brug om 12:30. Daarna het hy oor ‘n 10-voet heining geklim en afgespring sonder enige huiwering.

‘n Selfmoordnota is later gevind in sy kantoor. Die inhoud daarvan is nie geopenbaar nie.

Scott, van Britse afkoms en broer van die ewe bekende Ridley, was besig om aan ‘n film oor die dood van Lincoln te werk. Hy het in flieks oor Amerikaanse spioenasie-intriges gespesialiseer.

Die boek waarop hy die film wou baseer is Killing Lincoln: The Shocking Assassination That Changed America Forever, en is deur historici Bill O’Reilly en Martin Dugard geskryf. In die voorwoord word lesers gewaarsku The story you are about to read is true and truly shocking.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор