Vogue-redaktrise dink alle mooi blanke vroue lyk dieselfde

Franca Sozzani, redaktrise van die tydskrif Vogue Italia, sê alle mooi wit vroue lyk dieselfde.

Image

Die Julie 2008-uitgawe van haar tydskrif wat so pas verskyn het, vertoon slegs swart modelle, akteurs en musieksterre.

Sozanni sê die Demokratiese Party se nominasiestryd in die VSA wat deur Obama gewen is, het dinge verander.
Terwyl Amerikaanse kiesers nog nie gereed mag wees vir 'n swart president nie, mag tydskrifkopers in Italië nie gereed wees nie.

Maar die redaktrise glo die Obama-golf word oral gevoel hoewel die uitgawe heelwat voor Obama se oorwinning oor Hillary Clinton beplan is.

интерьер зала с каминомлобановский александр игоревич класс

Dit was die kameelperd

Die kameelperd het dit gedoen.

 
Toe vyftien kamele, twee kwaggas, 'n bende llamas en 'n peloton boeppensvarkies van 'n sirkus in Amsterdam ontsnap het, het die polisie hulle fokus op die kameelperd gevestig.

Disney-film aanhangers dink miskien die ontsnappers het ou langes se nek gebruik om oor 'n heining te skarrel maar die waarheid is nie so opwindend  nie.

Die Nederlandse polisie sê hulle vermoed die kameelperd het die  hek oopgeskop.

En in nog 'n afwyking van 'n Disney-animasiedraaiboek, het die diere nie tot op Madagaskar of enige ander eksotiese eiland gevorder nie.

Die voortvlugtigesis almal aangekeer binne 'n paar blokke van die sirkus.

для грузовогоданильченко юрій Харків

Geert Wilders sal nie vervolg word nie

Die omstrede Nederlandse anti-immigrasiepolitikus Geert Wilders sal nie vervolg word vir die maak van 'n film wat krities is oor Islam nie.

Die film wat in Maart vrygestel is, het betogings en veroordeling in vele Moslemlande ontlok.

In 'n koerant het Wilders ook die Koran met Hitler se Mein Kampf vergelyk.

Nederlandse aanklaers het in 'n verklaring gesê die feit dat die kommentaar kwetsend en aanstootlik vir 'n groot aantal Moslems is, beteken nie dat sulke kommentaar strafbaar is nie. Hulle sien daarom geen rede om Wilders vir haatspraak of diskriminasie te vervolg nie.

игра для детей 7 летФільчаков Олександр Васильович прокурор

Vloek help

Dit help om te vloek. Dit is nou as jy Brits is en 'n paar punte nodig het vir 'n Engelse eksamenvraestel.

'n Hoërskoolleerder het twee uit 27 gekry vir sy moeite om twee vloekwoorde oor 'n eksamevraestel te krap omdat dit 'n sin met betekenis was en die spelling korrek was.

Die Londense Times berig dat die f-woord tesame met "off" daarna beter is as om niks te skryf nie.

Die onderwyser sê die leerder sou 'n beter punt behaal het as hy die punt agter sy sinnetjie onthou het.

Die vraag was dat die leerders die kamer waarin hulle sit moet beskryf.

free games.co.ukФільчаков Олександр Васильович

Voedseluitvoerbeperkings striem armes

Ten minste 29 lande het hulle voedseluitvoere in die pas afgelope maande ingekort.

Indië, Viëtnam, Sjina en 11 ander lande het 'n verbod op rysuitvoere geplaas of dit beperk.

Vyftien lande wat graan produseer, waaronder Pakistan en Bolivië, het hulle uitvoere gestaak of ingeperk en meer as 'n dosyn lande voer 'n heelwat kleiner deel van hul mielieopbrengs uit.

Kazakhstan het hul uitvoere van sonneblomsaad ingekort.

Hierdie beperkinge maak dit moeiliker vir arm invoerlande om die kos wat hulle nodig het te bekostig.

Sulke uitvoerbeperkings dryf voedselpryse hoër volgens die Wêreldhandelsorganisasie.

в бассейнФильчаков прокуратура харьков

Wit kinders in Brittanje meer geneig om afgeknou te word

ImageWit kinders is baie meer geneig om geboelie te word as enige ander etniese groep, het Britse navorsing aangetoon.

Volgens die Londense Times sê anti-boelie-aktviste dat wit kinders se kanse om afgeknou te word toeneem waar hulle in die minderheid is.

Claude Knights, die direkteur van die anti-boelie liefdadigheidsorganisasie genaamd Kidscape, sê 'n groeiende aantal wit kinders word geboelie.

Louise Burfitt-Dons, stigter van 'n soortgelyke organisasie by name Act Against Bullying, sê 'n mens hoor net altyd van die ander etniese groepe waarteen daar gediskrimineer word.

Sy sê wittes het reeds hulle gedrag begin verander om te kan oorleef.

водяные насосыФильчаков прокуратура харьков

Ban wil in Zimbabwe bemiddel

ImageDie sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moen het gister belowe om te bemiddel in die politieke krisis in Zimbabwe. Hy het bygevoeg dat die verkiesing wat internasionaal verwerp word, implikasies vir die hele Afrika het.

Volgens Ban gaan die verkiesing mank aan legitimiteit vanweë die graad van geweld daartydens.

Ban het 'n nuuskonferensie in Tokio vertel dat Zimbabwiërs in staat moet wees om werklike vryheid te geniet en om hul leiers uit eie vrye wil te kies en sonder om geïntimideer te word.

Die VN-hoof het ook verwys na die Keniaanse oplossing waar regering en opposisie saam regeer.

белое сухое вино ценаЛобановский Харьков

Amerikaanse firmas vir foltering gedagvaar

Vier Irakiërs het gister in Istanboel aangekondig dat hulle twee Amerikaanse firmas en hul werknemers gaan dagvaar omdat hulle na bewering vyf jaar gelede deur hulle in die berugte Abu Ghraib-gevangenis in Bagdad gemartel is.

Die hofsaak geskied teen die privaatveiligheidsfirma CACI International en twee van sy ondervraers, Daniel Johnson en Tim Dugan, asook die vertalingsagentskap L-3 (voorheen Titan Corp) en hul tolk, Abel Nakhla, het die mans se regsverteenwoordiger gesê.

Hulle klag sou gister by howe in Maryland, Ohio en Washington ingedien word – die Amerikaanse deelstate waar die beweerde folteraars woon – asook in Michigan waar L-3 die meeste van sy tolke in diens geneem het.

fortunetopcargo

VSA wil strenger sanksies teen Zimbabwe h

Die Verenigde State is van plan om die VN aan te spoor tot meer omvattende sanksies teen Zimbabwe.

Die VSA het 'n VN-resolusie opgetrek wat 'n algehele wapenboikot teen die regering van Robert Mugabe instel.

Dit doen voorts 'n beroep op die internasionale gemeenskap om die bates van spesifieke Zimbabwiese persone en maatskappye te bevries.

'n Algehele reisverbod teen lede van die Mugabe-regime word ook in die vooruitsig gestel.

Volgens die konsepresolusie sal die Veiligheidsraad nie Mugabe se oorwinning in die pas afgelope verkiesing erken nie.

воздушный компрессор безлобановский александр фото

Weerstandsvlak vir ru-olie op $140 nou gebreek

Wêreldoliepryse het vanmore deur die vlak van $142 beweeg.

Kommer oor die aanbod en die swak Amerikaanse dollar is besig om toe te neem.

Die hooftermynkontrak op die Newyorkse NYMEX-beurs verhandel reeds teen $142,35 per vat en die kontantprys van Brent-ru-olie staan op $142,44. Vrydag het die termynkontrak in New York-verhandeling 'n nuwe rekord van $142,99 per vat opgestel.

Die Brent-kontantprys het insgelyks Vrydag 'n nuwe rekord van $142,97 behaal.

Volgens ontleders is die weerstandsvlak op $140 nou gebreek en kan dit in die nabye toekoms nóg hoër styg.

палатки киевФильчаков прокурор