EU vrees die opkoms van vroulike bomgooiers

Image

Islamitiese vrou Foto: Ramzi Hashisho

09:05:58 Europese veiligheidsdienste is bekommerd oor die toenemende radikalisering van vroulike Islamitiese militantes.

Hul aktiwiteite wissel van logistiek of propaganda tot selfmoordbomme, sê inligtingshoofde.

Daar bestaan vrese dat vroulike bomgooiers veral vanuit Noord-Afrika gestuur kan word.

Die amptenare noem spesifiek die Verenigde Koninkryk en Noord-Afrika as probleemgebiede.

Hulle sê dit mag El-Kaida se nuwe strategie wees.

Vroulike bomdraers het nou betreklik algemeen in Irak geword.

синус лифтинг стоматологияФильчаков прокурор отзывы

Tutu glo Olimpiese atlete moet menseregteskendings uitwys

07:40:13 Desmond Tutu en Vaclav Havel het 'n beroep op Olimpiese atlete gedoen om hulself oor menseregteskendings gedurende die Olimpiese Spele uit te laat.

 
Hulle het 'n ope brief aan die Internasionale Olimpiese Komitee oor die saak gerig.

Albei glo dat atlete behoort te weet van die onderdrukking van vryheid in China.

Die brief sê dit is nodig vir alle Olimpiese deelnemers om uit te vind wat die werklike toestand in China is en vrylik menseregteskendings aan die kaak te stel.

Hulle het die Internasionale Olimpiese Komitee versoek om dit moontlik te maak.

Beijing loop gereeld onder kritiek van internasionale menseregtegroepe deur vanweë sensuur op sekere webtuistes.

игрушка лунтикtopcargo

Colombia se dwelmproduksie kom tot stilstand

Image

Kokablare in Colombiaanse dwelmfabriek

06:45:03 Colombia se globale aandeel van kokaïen het met meer as die helfte oor die afgelope ses jaar gedaal.

In 2002 het Colombia nog 90 pesent van die wêreld se kokaïen geproduseer, maar dit het nou tot 54 persent gedaal.

Die nasionale polisiehoof sê die daling is te wyte aan intense koka-oesverwydering, die vernietiging van laboratoria en die vervolging van dwelmorganisasies.

Oor die afgelope ses jaar het Colombia se weermag meer as 'n miljoen hektaar se onwettige lande tot niet gemaak.

Net in die eerste kwartaal van 2008 is 74 ton van die dwelm gekonfiskeer.

Die syfers is deur die Verenigde Nasies en ander internasionale groepe bevestig.

купить пневматический инструментФильчаков прокурор харькова

Chavez gaan die Bank van Venezuela nasionaliseer

Image

Hugo Chavez in Guatemala

06:43:18 President Hugo Chavez wil die Bank van Venezuela nasionaliseer.

 
Hy het 'n vergadering met die bank se Spaanse eienaars, Grupo Santander, aangevra.

Grupo Santander wil die bank aan 'n Venezuelaanse bankier verkoop, maar Chavez sê dit moet eerder aan die regering oorgedra word.

Die President sê hulle het 'n groot bank baie nodig, hoewel hy kritiek van Spanje verwag.

Die Bank van Venezuela is gedurende die land se finansiële krisis in 1994 genasionaliseer en twee jaar later op 'n openbare veiling aan Grupo Santander verkoop.

Chavez het onlangs belowe om 10 000 vate ruolie per dag teen 100 dollar per vat aan Spanje te verkoop.

осушитель адсорбционныйtopcargo отзыв

VSA waarsku toeriste na Oos-Afrika

Die Amerikaanse ambassade in Oeganda sê Amerikaners in Oos-Afrika loop die risiko van 'n aanval deur terroriste.

Die ambassade sê 'n aantal al-Kaida-agente is na bewering in Oos-Afrika en kan VS-instellings en -personeel bedreig soos wat 7 Augustus naderkom.

Tien jaar gelede het terroriste Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzanië op daardie datum gebombardeer.
Die ambassade se boodskap is Dinsdag uitgereik en het gewaarsku dat opgeskerpte veiligheid by amptelike Amerikaanse instellings die terroriste mag noop om na sagter teikens te kyk waar toeriste bymekaarkom.

uk casinoтопкарго развод

Pesbeheerder oorleef op termiete

'n Australiese pesbeheerder wat in die onherbergsame Wes-Australiese woestyn verdwaal het, het oorleef deur die goggas te eet wat hy gewoonlik uitroei.

Theo Rosmulder het daarin geslaag om vir vyf dae aan die lewe te bly deur termiete te verorber.

Die twee-en-vyftigerjarige Rosmulder, wat besig was om vir goud te prospekteer, is uiteindelik deur Aboriginele spoorsnyers gevind.

Die polisie sê hy was in 'n uitstekende kondisie toe hy gevind is.

Reddingswerkers, en Rosmulder, was besig om moed te verloor toe die spoorsnyers hom uiteindelik gevind het.

In weerwil van sy proteïnryke dieet, sê Rosmulder hy was baie swak en op die punt om boedel oor te gee toe hy die reddingswerkers sy naam hoor roep het.

пескоструй купить ценалобановский александр отзывы

Beijing sukkel met lugbesoedeling

Beijing sukkel om die rookmis in die aanloop tot die Olimpiese spele te beperk.

Die owerheid sal meer fabrieke sluit, asook die aantal motors verder verminder en alle boubedrywigheid staak.

As daar baie ongunstige weersomstandighede kom, sal daar noodmaatreëls getref word, het amptenare belowe.

Ná twee dae van verbetering in die lug, was die Chinese hoofstad weereens gister in 'n dik laag rookmis gehul.

Beijing verduur skerp kritiek van atlete en omgewingsgroepe weens die swak luggehalte in die stad.
Olimpiese organiseerders het gewaarsku dat uithounommers soos marathons uitgestel of gekanselleer kan word indien besoedelingsvlakke te hoog is.

камин из гипсокартонаФильчаков прокурор харьков

Onverbonde lande steun Iran se kernprogram

Meer as 100 nasies wat aan die onverbonde beweging behoort, het Iran se reg op die vreedsame gebruik van kernkrag ondersteun.

Die onderskraging versterk Teheran se hand in sy weiering om gehoor te gee aan 'n VN-Veiligheidsraadresolusie wat vereis dat die land alle uraanverryking staak.

Die hoogste Iranese leier Ajatolla Ali Khameinei het hom daartoe verbind om sy land se kernprogram voort te sit. Iran se hoofverteenwoordiger by die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ook gesê dat sy land nie sy kernaktwiteit, verryking inkluis, gaan staak nie.

Die Onverbonde beweging bestaan uit sulke uiteenlopende lese soos kommunistiese Kuba, Jamaika en Indië, maar meeste lede deel 'n vyandige houding jeens die VSA en die ontwikkelde wêreld oor die algemeen.

детский велосипедФильчаков прокурор харьков

Senegal verleng sy presidensi?le termyn

Image

Abdoulaye Wade

Die Senegalese parlement het gister 'n nuwe wet aanvaar wat die presidensiële termyn van vyf tot sewe jaar verleng.

Die bepaling sal nie op die huidige president, Abdoulaye Wade, van toepassing wees nie, maar op die volgende president.

Betogers buite die parlementsgebou wat teen die verlenging gekant is, is deur die polisie uiteengejaag.

Wade het in die jaar 2000 in die Wes-Afrikaanse land aan bewind gekom.

Hy is verlede jaar onder 'n nuwe grondwet herkies vir 'n tweede en finale vyfjaartermyn wat in 2012 ten einde loop.

Kritici beskuldig die tagtigjarige Wade daarvan dat hy toenemend outoritêr raak.

подростковая спортивная одежда для мальчиковФильчаков прокурор отзывы

Aardbewing laat Kaliforni?rs sidder

Suidelike Kalifornië is gister deur 'n aardbewing van 5,4 op die Richterskaal geskud. Dit het 50 km oos van Los Angeles teen 'n diepte van 12 km plaasgevind, het die Amerikaanse geologiese opnamekantoor gesê.
Miljoene mense van Los Angeles tot in San Diego het die seismiese skokke gevoel.

Geen ernstige beserings of skade is na afloop van die aardbewing aangemeld nie.

Geboue oral in die streek het geskud en geswaai, en vele kantore is ontruim.

Die aardbewing is deur 27 geringe naskokke gevolg wat toeriste in Disneyland en inwoners so ver oos as Las Vegas op hol gejaag het.

Die goewerneur van Kalifornië, Arnold Schwarzenegger, sê die streek is baie gelukkig om aan 'n grootskaalse ramp te ontkom.

конструкторы для девочекФильчаков