Die burgemeester van San Francisco Gavin Newsom het gesê dat Kalifornië die toon aangee in 'n neiging wat uiteindelik die Amerikaanse nasie gaan oorrompel.
In die meeste state in die VSA is sulke huwelike egter onwettig. In die komende verkiesing in November sal Kaliforniërs egter geleentheid hê om huwelike tussen dieselfde geslag te beëindig.
Teenstanders wil die staat se grondwet verander na November indien hulle sou slaag, om 'n huwelik as dié tussen man en vrou te definieer.
Konserwatiewe Christene het belowe om die kiesers te oortuig om homoseksuele huwelike te beëindig.

Bedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.
Die British International Express berig dat 'n VN-aanbeveling om van die koningin van Engeland ontslae te raak, woede in die Britse paleis veroorsaak het.
In die ontwikkelende wêreld wag mense vir die koms van selfoonbankwese of m-bankwese, om te vergoed vir die volslae gebrek aan takke in landelike gebiede
Nicolas Sarkozy beplan om na die NAVO-beheer terug te keer en sal aansienlike inkortings van militêre en burgerlike verdedigingspersoneel vandag aankondig.
'n Hip-hop-groep wat bekend staan as ZooNation sal Brittanje en Londen se nasionale identiteit uitbeeld tydens die sluitingseremonie van die Olimpiese spele in Beijing. Die volgende gasheerstad vir Spele kry gewoonlik agt minute om 'n konsert gedurende die sluitingseremonie aan te bied.