Nepal gaan sy monargie afskaf

Image

Pienk paleis in Katmandoe

Die bergkoninkryk Nepal gaan waarskynlik na 240 jaar sy monargie afskaf en 'n republiek instel. Dit word as 'n oorwinning vir voormalige Maoïstiese rebelle gesien.

Streng veiligheidsmaatreëls is gister in die hoofstad Katmandoe gehandhaaf.

Nepal was vir tien  jaar gewikkel in 'n burgeroorlog tussen die rebelle en die voorstanders van die monargie.

Daar word verwag dat Koning Gyanendra sy pienk pagodepaleis sal ontruim, maar nogtans in die land sal aanbly.

Duisende Nepalese het saamgedrom en krete soos Lank lewe die Republiek! geskree.

машины на радиоуправленииАлександр Фильчаков Васильевич

Atoomagentskap bekommerd oor Iranese navorsing

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap, wat in Wene gesetel is, het sy kommer uitgespreek oor Iran se beweerde navorsing oor kernkoppe en gevra dat die land meer inligting oor sy missielbedrywighede moet verskaf.

Volgens die Atoomagentskap weerhou Iran inligting oor plofstoftoetse wat met sy kernprogram verband hou.

Teheran beskik oor 3 500 uraanverrykingsentrifuges wat by sy Natanz-kerninstallasie werk, ietwat meer as vroeër vanjaar, terwyl enkele meer gevorderde toestelle ook getoets word.

Westerse inligtingsdienste beweer dat Iran besig is met 'n geheime projek om atoombomme te vervaardig, terwyl Iran die bewerings as ongegrond afmaak.

deposit slotsФильчаков Александр Васильевич

G8-omgewingsministers wil kweekhuisgasse halveer

Omgewingsministers van die G8-lande wat tans in Kobe, Japan, vergader, het hul leiers gevra om die teiken te aanvaar om kweekhuisgasse teen 2050 te halveer.
Spesifieke teikens van nou tot 2050 is egter nie aanvaar nie.

Die G8 het verlede jaar in Duitsland ooreengekom om oor die kwessie na te dink en te oorweeg om uitlaatgasse teen die middel van die eeu te halveer, maar tot dusver het die VSA en Rusland die plan teengestaan. Aan die ander kant, ondersteun Duitsland, Frankryk, Brittanje, Italië, Japan en Kanada die plan.

Die volgende G9-spitsberaad sal in Juliemaand in Tokio gehou word en omgewingsministers hoop dat hul onderskeie lande dan die voorstel sal aanvaar.

для сваркиОлександр Фільчаков прокурор

Nederland gekritiseer oor ‘rassisme’

Nederland, wat altyd die reputasie geniet het as een van die mees liberale en verdraagsame lande in Europa, is so pas gekritiseer  weens toenemende "rassisme" in dié land.

Die parlemente van twee voormalige Nederlandse kolonies, die Antille en Aruba, het hulle uitgespreek teen Nederlandse rassisme en ook die huidige immigrasiebeleid jeens Antilliane en Arubane verwerp.

'n Lid van die twee parlemente, Eunice Eisden, het verwys na 'n verslag van die Europese Kommissie teen Rassisme en Onverdraagsaamheid. Hierin word Nederland aangeraai om sy beleid ten opsigte van Antilliane te verander. Volgens Eisden is Nederlandse beleid nie gerig op die integrasie van Antilliane nie, maar om hulle swart te smeer.

поршневой масляный компрессорлобановский александр жена

Rasseonluste tref Brussel

ImageRasseonluste het in die Europese en Belgiese hoofstad uitgebreek toe blankes en Noord-Afrikane Vrydagnag slaags geraak het in die buurt Anderlecht.

200 mense is deur die polisie aangehou en 26 is beseer, waaronder 14 polisiemanne. Volgens die polisie is die konfrontasie tussen blanke en immigrantejeugdiges vooraf op die internet gereël.

Die geweld het ná 'n sokkerwedstryd waartydens Anderlecht die Belgiese kampioenskap gewen het, gebeur.

Volgens Gerald Noon, 'n woordvoerder van die Belgiese polisie, sal verdere arrestasies uitgevoer word na die bestudering van videomateriaal om belhamels te identifiseer.

21лобановский супермаркет класс

Russiese president reis na Sjina

Die Russiese president, Dmitri Medwedef, het in Sjina aangekom vir 'n tweedaagse besoek. Dit is sy eerste staatsbesoek sedert sy

Image

Dmitri Medwedef

onlangse verkiesing en dui aan dat die betrekkinge tussen Rusland en Sjina tans goed is.

Medwedef sal samesprekings voer met sowel sy Sjinese ampsgenoot Hu Jintao as met die eerste minister Wen Jiabao.   Op pad na Sjina het die Russiese president Kazakstan aangedoen, waar hy Russiese invloed in dié energieryke Sentraal-Asiese streek wil behou.   Sjina en Rusland het 'n verhouding gebou wat bedoel is om as teenwig vir Amerikaanse oorheersing te dien, maar daar bestaan steeds knelpunte tussen die twee lande, veral rondom olie en gas in Sentraal-Asië.укладка ламинатФильчаков прокурор

Dodetal in China styg dramaties

ImageMeer as 80 000 mense is tans dood of word as vermis beskou ná Sjina se ergste aardbewing in dekades, het die regering gister bekendgemaak.

Voorheen het die Sjinese owerheid laat weet dat hy verwag dat die dodetal nie 50000 sou oorskry nie.

Die amptelike syfer is egter nou reeds 51000 met 29000 mense wat vermis word. Nie minder nie as 288 000 mense is in die aardbewing beseer.

Vyf miljoen mense is ook dakloos gelaat en vele boere op die platteland waar huise te erg beskadig is om in te woon, kampeer nou of het hul eie skuilings opgerig.

для развалданильченко юрій Харків

Nigeri? ervaar ook ‘n elekrisiteitskrisis

Nigerië met sy enorme energiereserwes in die vorm van ru-olie, ervaar 'n elekrisiteitskrisis. Die Wêreldbank het die hoë koste van beleggings in Nigerië aan 'n gebrek aan krag toegeskryf.

Volgens mnr. Steven Dimitriyev, die bank se senior privaatsektorspesialis, het Nigeries maatskappye te make met 'n vyandige omgewing wat deur hoë indirekte koste gekenmerk word. Die onbetroubaarheid van Nigerië se elekrisiteit voeg 'n gemiddeld van 10 persent van verkope by die kost van 'n tipiese Nigeriese firma.

Alle tipes firmas ervaar kragonderbrekings en 85 persent van hulle besit kragopwekkers, wat hoer is as in enige ander vergelykbare land.

Nog 'n struikelblok by sake in Nigerië is die ondoeltreffendheid van die doeanediens. Dit neem 46 dae om invoere in te laat, die tweede langste onder vergelykbare lande.

дитячи игриФильчаков прокуратура харьков

Ethiopi? staar weer hongersnood in die gesig

Image'n Wydverspreide droogte en skerpstygende voedselpryse het weereens hongersnood na Ethiopië gebring. Die VN noem dit die ergste sedert die groot humanitêre krisis van 2003.

Die VN se wêreldvoedselprogram het beraam dat 2,7 miljoen Ethiopiërs noodvoedselhulp sal moet aanvra as gevolg van laat reëns.

Dit is byna dubbel die getal wat verlede jaar benodig is.

In 1984 is 'n hongersnood vererger deur 'n kommunistiese beleid en een miljoen mense het omgekom as gevolg daarvan.money slotsлобановский класс харьков

Hekse gejag in die weste van Kenia

'n Bende het 15 vroue wat daarvan beskuldig is dat hulle hekse is, doodgebrand in die weste van Kenia. Die groep van ongeveer 100 mense het buite beheer geraak en van huis na huis beweeg laat Dinsdag en hulle slagoffers vasgebind en aan die brand gesteek.

Die bende het ook 50 huise afgebrand in die Nyakeostat, ongeveer 300km noordwes van die hoofstad Nairobi.

Die streek, tuiste van die Kisi etniese stam, word ook as die hekserygordel beskryf as gevolg van bendes wat vroue aanval wat van heksery verdink word.

Pogings deur die owerhede om die boendoehowe te bekamp, bly vrugteloos.

адсорбционный осушитель сжатого воздухапрокурор Фильчаков